FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 (Portugees: Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 30 Junie 2013 in Brasilië aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 gedien. Dit was die sewende sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Brasilië Brasilië
Datums 15 – 30 Junie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 6 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (4 titels)
Tweede plek Vlag van Spanje Spanje
Derde plek Vlag van Italië Italië
Vierde plek Vlag van Uruguay Uruguay
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 68 (4.25 per wedstryd)
Bywoning 804 659 (50 291 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Spanje Fernando Torres
Vlag van Brasilië Fred (5 doele elk)
Beste speler Vlag van Brasilië Neymar
2009
2017
Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die gasheer en verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Spanje met 3–0 in die eindstryd geklop het. Italië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig.

Stadions

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Belo Horizonte, Minas Gerais
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 (Brasilië)
Recife, Pernambuco
Estádio MineirãoArena Pernambuco
19°51′57.2″S 43°58′15.9″W / 19.865889°S 43.971083°W / -19.865889; -43.971083 (Estádio Mineirão)8°2′26.6″S 35°0′29.6″W / 8.040722°S 35.008222°W / -8.040722; -35.008222 (Arena Pernambuco)
Kapasiteit: 62 547[1]Kapasiteit: 44 248[2]
Brasília, Federale DistrikRio de Janeiro, Rio de Janeiro
Estádio NacionalEstádio do Maracanã
15°47′0.6″S 47°53′57.1″W / 15.783500°S 47.899194°W / -15.783500; -47.899194 (Estádio Nacional Mané Garrincha)22°54′43.8″S 43°13′48.7″W / 22.912167°S 43.230194°W / -22.912167; -43.230194 (Estádio do Maracanã)
Kapasiteit: 68 009[3]Kapasiteit: 76 804[4]
Fortaleza, CearáSalvador, Bahia
Estádio CastelãoArena Fonte Nova
3°48′26″S 38°31′20″W / 3.80722°S 38.52222°W / -3.80722; -38.52222 (Estádio Castelão)12°58′43″S 38°30′15″W / 12.97861°S 38.50417°W / -12.97861; -38.50417 (Itaipava Arena Fonte Nova)
Kapasiteit: 64 846[5]Kapasiteit: 52 048[6]

Deelnemende spanne

Spanne wat aan die FIFA Konfederasiebeker in 2013 deelgeneem het
SpanKonfederasieKwalifiseringDeelname
 BrasiliëCONMEBOLGasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 20147de
 SpanjeUEFAWenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 20102de
 JapanAFCWenner van die Asië Nasies-beker in 20115de
 MeksikoCONCACAFWenner van die CONCACAF Goue-beker in 20116de
 UruguayCONMEBOLWenner van die Copa América in 20112de
 TahitiOFCWenner van die Oseanië Nasies-beker in 20121ste
 ItaliëUEFANaaswenner van die Europese Sokkerkampioenskap 20122de
 NigeriëCAFWenner van die Afrikanasiesbeker in 20132de

Wedstrydbal

Adidas Cafusa, die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se amptelike wedstrydbal

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se amptelike wedstrydbal is vervaardig deur Adidas en van die Adidas Tango 12, die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se amptelike wedstrydbal, ontleen. Dit is tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se loting onthul. Die bal is genoem “Cafusa” ([kɐˈfuzɐ]) – ’n sillabiese afkorting van die Brasiliaans-Portugese woorde carnaval (“karnaval”), futebol (sokker) en samba,[7] afgesien van die feit dat dit homofoon is met cafuza, die Portugese woord vir ’n zamba. d.w.s. ’n vrou van gemengde Amerindianse en Afrika-herkoms. Die voormalige Brasiliaanse kaptein Cafu is genooi om die bal amptelik te onthul.[7]

Formaat

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 is oor 16 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Junie 2013 op die Estádio Nacional in Brasília met ’n wedstryd tussen die gasheer Brasilië en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estádio do Maracanã in Rio de Janeiro op 30 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Spanje, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003, 2005 en 2009 ingespan.

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Sa
15
So
16
Ma
17
Di
18
Wo
19
Do
20
Vr
21
Sa
22
So
23
SeremoniesOS
Groep A1122
Groep B1122
Uitklopfase
Junie
Ma
24
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
29
So
30
SeremoniesSS
Uitklopfase112
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek en eindstryd

Groepfase

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2012 in die Anhembi-konferensiesentrum in São Paulo gehou.

Groepfase

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

Die wedstryd tussen Meksiko en Italië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië330092+79
 Italië32018806
 Meksiko310235–23
 Japan300349–50

15 Junie 2013
16:00
 Brasilië3–0  JapanEstádio Nacional, Brasília
Toeskouers: 67 423
Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal)
Neymar 3'
Paulinho 48'
90+3'
Verslag

16 Junie 2013
16:00
 Meksiko1–2  ItaliëEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 73 123
Skeidsregter: Enrique Osses (Chili)
Hernández 34' (straf)Verslag 27' Pirlo
78' Balotelli

19 Junie 2013
16:00
 Brasilië2–0  MeksikoEstádio Castelão, Fortaleza
Toeskouers: 57 804
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Neymar 9'
90+3'
Verslag

19 Junie 2013
19:00
 Italië4–3  JapanArena Pernambuco, Recife
Toeskouers: 40 489
Skeidsregter: Diego Abal (Argentinië)
De Rossi 41'
Uchida 50' (e.d.)
Balotelli 52' (straf)
Giovinco 86'
Verslag 21' (straf) Honda
33' Kagawa
69' Okazaki

22 Junie 2013
16:00
 Italië2–4  BrasiliëArena Fonte Nova, Salvador
Toeskouers: 48 874
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Giaccherini 51'
Chiellini 71'
Verslag 45+1' Dante
55' Neymar
66', 89' Fred

22 Junie 2013
16:00
 Japan1–2  MeksikoEstádio Mineirão, Belo Horizonte
Toeskouers: 52 690
Skeidsregter: Felix Brych (Duitsland)
Okazaki 86'Verslag 54', 56' Hernández

Groep B

Wedstryd tussen Spanje en Tahiti
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Spanje3300151+149
 Uruguay3201113+86
 Nigerië310276+13
 Tahiti3003124–230

16 Junie 2013
19:00
 Spanje2–1  UruguayArena Pernambuco, Recife
Toeskouers: 41 705
Skeidsregter: Yuichi Nishimura (Japan)
Pedro 20'
Soldado 32'
Verslag 88' Suárez

17 Junie 2013
16:00
 Tahiti1–6  NigeriëEstádio Mineirão, Belo Horizonte
Toeskouers: 20 187
Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador)
J. Tehau 54'Verslag 5' (e.d.) Vallar
10', 26', 76' Oduamadi
69' (e.d.) J. Tehau
80' Echiéjilé

20 Junie 2013
16:00
 Spanje10–0  TahitiEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 71 806
Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië)
Torres 5', 33', 57', 78'
Silva 31', 89'
Villa 39', 49', 64'
Mata 66'
Verslag

20 Junie 2013
19:00
 Nigerië1–2  UruguayArena Fonte Nova, Salvador
Toeskouers: 26 769
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Mikel 37'Verslag 19' Lugano
51' Forlán

23 Junie 2013
16:00
 Nigerië0–3  SpanjeEstádio Castelão, Fortaleza
Toeskouers: 51 263
Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador)
Verslag 3', 88' Alba
62' Torres

23 Junie 2013
16:00
 Uruguay8–0  TahitiArena Pernambuco, Recife
Toeskouers: 22 047
Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal)
Hernández 2', 24', 45+1', 67' (straf)
Pérez 27'
Lodeiro 61'
Suárez 82', 90'
Verslag

Uitklopfase

Die halfeindstryd tussen Brasilië en Uruguay
Neymar teken die twee doel vir Brasilië in die eindstryd teen Spanje aan
HalfeindrondteEindrondte
26 Junie – Belo Horizonte
   Brasilië 2 
   Uruguay 1 
 
30 Junie – Rio de Janeiro
     Brasilië 3
    Spanje 0
Derde plek
27 Junie – Fortaleza30 Junie – Salvador
   Spanje 0
(7)
   Uruguay 2
(2)
   Italië 0
(6)
    Italië 2
(3)

Halfeindrondte


26 Junie 2013
16:00
 Brasilië2–1  UruguayEstádio Mineirão, Belo Horizonte
Toeskouers: 57 483
Skeidsregter: Enrique Osses (Chili)
Fred 41'
Paulinho 86'
Verslag 48' Cavani

27 Junie 2013
16:00
 Spanje0–0 (e.t.)  ItaliëEstádio Castelão, Fortaleza
Toeskouers: 56 083
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Strafskoppe
Xavi
Iniesta
Piqué
Ramos
Mata
Busquets
Navas
Verslag
Strafskoppe
7–6
Strafskoppe
Candreva
Aquilani
De Rossi
Giovinco
Pirlo
Montolivo
Bonucci

Klein finale (om die derde plek)


30 Junie 2013
13:00
 Uruguay2–2 (e.t.)  ItaliëArena Fonte Nova, Salvador
Toeskouers: 43 382
Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië)
Cavani 58', 78'
Strafskoppe
Forlán
Cavani
Suárez
Cáceres
Gargano
Verslag
Strafskoppe
2–3
24' Astori
73' Diamanti
Strafskoppe
Aquilani
El Shaarawy
De Sciglio
Giaccherini

Eindstryd


30 Junie 2013
19:00
 Brasilië3–0  SpanjeEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 73 531
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Fred 2', 47'
Neymar 44'
Verslag


Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2013
 Brasilië

FIFA se terugwerkende ranglys

Die Brasiliaanse nasionale sokkerspan nadat hulle die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het

In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[8] Die ranglys vir die 2013-toernooi is soos gevolg:

RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  BrasiliëA5500143+1115
2  SpanjeB5311154+1110
3  ItaliëA52211010±08
4  UruguayB5212147+77
In die groepfase uitgeskakel
5  NigeriëB310276+13
6  MeksikoA310235–23
7  JapanA300349−50
8  TahitiB3003124−230

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:

RangSpelerDoele
1 Fernando Torres5
Fred5
3 Neymar4
Abel Hernández4
5 David Villa3
Edinson Cavani3
Nnamdi Oduamadi3
Javier Hernández3
Luis Suárez3
10 David Silva2
Mario Balotelli2
2
Shinji Okazaki2
Paulinho2
Jordi Alba2
16 Nicolás Lodeiro1
Juan Mata1
Andrea Pirlo1
Diego Forlán1
RangSpelerDoele
16 Pedro1
Emanuele Giaccherini1
Dante1
Sebastian Giovinco1
Davide Astori1
Roberto Soldado1
Alessandro Diamanti1
Diego Pérez1
Keisuke Honda1
John Obi Mikel1
Jonathan Tehau1
Shinji Kagawa1
Elderson Echiéjilé1
Daniele De Rossi1
Diego Lugano1
Giorgio Chiellini1
Atsuto UchidaED
Jonathan TehauED
Nicolas VallarED

Verwysings

Eksterne skakels


FIFA Sokker-Konfederasiebeker

Saoedi-Arabië 1992Saoedi-Arabië 1995Saoedi-Arabië 1997Meksiko 1999Suid-Korea/Japan 2001Frankryk 2003Duitsland 2005Suid-Afrika 2009Brasilië 2013Rusland 20172021