UEFA

Die Unie van Europese Voetbal-assosiasies (afgekort UEFA vir Union of European Football Associations in Engels; Frans: Union des Associations Européennes de Football; Duits: Vereinigung Europäischer Fußballverbände) is die beheerliggaam vir sokker tussen Europese sokkerspanne. UEFA is een van die ses kontinentale organisasies van FIFA.

UEFA
Kenteken van UEFA
Kenteken van UEFA
Engelse naamUnion of European Football Associations
Franse naamUnion des Associations Européennes de Football
Duitse naamVereinigung Europäischer Fußballverbände
VastelandEuropa
SportsoorteSokker
Gestig op15 Junie 1954
Gestig inBasel, Switserland
PresidentAleksander Čeferin
AdjunkpresidenteKarl-Erik Nilsson
Sándor Csányi
Luis Rubiales
Fernando Gomes
Michele Uva
Sekretaris-generaalTheodore Theodoridis
SambreelorganisasieFIFA
SetelNyon, Switserland
Lede55
Amptelike taleDuits, Engels en Frans
Amptelike webwerfuefa.com

UEFA is op 15 Junie 1954 in Basel, Switserland, gestig. Die organisasie se hoofkwartier is tot en met 1959 in Parys gehuisves, waarna dit na Bern skuif. Sedert 1995 is die UEFA in Nyon, Switserland, gesetel. Die amptelike tale is Duits, Engels en Frans en sedert 2016 is Aleksander Čeferin die president van die UEFA.

Van al die kontinentale organisasies is UEFA die sterkste in terme van geld en invloed. Byna alle top-sokkerspelers ter wêreld speel in een of ander Europese kompetisie vanweë die hoë salarisse wat die ryk sokkerlande soos Duitsland, Engeland, Italië en Spanje betaal.

Baie van die sterker sokkerlande is ook in Europa geleë. Van die 32 spanne wat aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 deelgeneem het, kom 13 uit Europa.

Lidlande

Kaart van die verskillende sokkerbonde, lidlande van UEFA in blou
Kaart van die lidlande:  Noordelike streek   Sentraal-Oostelike streek   Suider-Mediterreense streek 

Voorsitters

Die huidige voorsitter, Aleksander Čeferin

UEFA se voorsitters sedert 1954:

Ondervoorsitters
NaamNasionaliteitTermyn
Ebbe Schwartz  Denemarke1954–1962
Gustav Wiederkehr  Tsjeggië1962–1972
Artemio Franchi  Italië1972–1983
Jacques Georges  Frankryk1983–1990
Lennart Johansson  Swede1990–2007
Michel Platini  Frankryk2007–2015
Ángel María Villar*  Spanje2015–2016
Aleksander Čeferin  Slowenië2016–hede

* = neem voorlopig waar.

Die voorsitters van UEFA tree ook op as die ondervoorsitters van FIFA.

Erevoorsitter

Die huidige erevoorsitter, Lennart Johansson
NaamNasionaliteitvanaf – tot
Lennart Johansson  Swede2007–hede

Hoofuitvoerendebeamptes

Die huidige hoofuitvoerendebeampte, Gianni Infantino

UEFA se hoofuitvoerendebeamptes sedert 1954:

NaamNasionaliteitTermyn
Henri Delaunay  Frankryk1955–1956
Pierre Delaunay  Frankryk1956–1960
Hans Bangerter  Tsjeggië1960–1989
Gerhard Aigner  Denemarke1989–2003
Lars-Christer Olsson  Swede2003–2007
Gianni Infantino*  Italië2007–2007
David Taylor  Skotland2007–2009
Gianni Infantino  Switserland2009–hede

* = neem voorlopig waar.

Toernooie

UEFA organiseer van die belangrikste sokkerbekertoernooie ter wêreld. Die Champions League is die grootste sporttoernooi vir klubs ter wêreld. Na die FIFA Sokker-Wêreldbeker en die Olimpiese Somerspele is die Europabeker die grootste sporttoernooi vir nasionale spanne in die wêreld.

Klubtoernooie

Toernooie vir nasionale spanne

Sien ook

Eksterne skakels