Sokker-Konfederasiebeker

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker (Engels: FIFA Confederations Cup) is al om die vier jaar deur FIFA georganiseer. Dit was normaalweg 'n sokkertoernooi tussen die kampioene van die ses oorkoepelende kontinentale sokkerbonde (AFC, CAF, CONCACAF, CONMEBOL, OFC en UEFA) aangevul met die destydse wêreldkampioen en die organiserende land. Die toernooi is in die jaar voor 'n Sokker-Wêreldbeker in die land wat die Sokker-Wêreldbeker organiseer het aangebied. In die verlede is die Konfederasiebeker al om die twee jaar aangebied en later al om die vier jaar. Die laaste kampioen was Duitsland wat die toernooi in 2017 gewen het.

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
'
Beskrywing.
Die trofee waarom meegeding is

SportsoortSokker
Gestig1992
Gestaak2019
EienaarFIFA
Inwydingseisoen1992 (as die Koning Fahd-beker)
1997 (as die FIFA Sokker-Konfederasiebeker)
Deelnemende landewêreldwyd
Aantal spanne8
Mees onlangse kampioenVlag van Duitsland Duitsland (2017)

Die destydse Saoediese koning Fahd het die Koning Fahd-beker in 1992 en Koning Fahd-beker in 1995 bedink en dié twee toernooie deur die Saoediese Sokkervereniging in die Riaadse Koning Fahd II-stadion laat aanbied. In 1997 het FIFA die reëling van dié toernooi by Saoedi-Arabië oorgeneem en dit in Sokker-Konfederasiebeker herdoop, met die eerste toernooi wat in 1997 ook in Saoedi-Arabië aangebied is.

Die laaste formaat van die kampioenskappe het agt spanne behels wat om die titel meegeding het in stadions van die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer twee weke. Beide Brasilië en Meksiko is rekorddeelnemers met sewe deelnames. Oor die tien toernooie wat al aangebied is het ses lande al die titel ingepalm. Brasilië het al 'n rekord van vier keer gewen. Frankryk het twee keer gewen. Die ander wenners sluit in Argentinië, Denemarke, Duitsland en Meksiko met een titel elk.

Ná die 2017-toernooi het FIFA aangekondig dat dit dié toernooi nie langer sal aanbied nie en dit deur ’n uitgebreide FIFA-Klubwêreldbeker sal vervang.[1][2]

Uitslae

Koning Fahd-beker

JaarLand(e)FinaleDerde plek
WennerTellingTweede plekDerde plekTellingVierde plekDeelnemende lande
1992
Oorsig
 Saoedi-Arabië  Argentinië3–1  Saoedi-Arabië  Verenigde State5–2  Ivoorkus4
1995
Oorsig
 Saoedi-Arabië  Denemarke2–0  Argentinië  Meksiko1–1
5–4 n. S.
 Nigerië6

Sokker-Konfederasiebeker

JaarLand(e)FinaleDerde plek
WennerTellingTweede plekDerde plekTellingVierde plekDeelnemende lande
1997
Oorsig
 Saoedi-Arabië  Brasilië6–0  Australië  Tsjeggië1–0  Uruguay8
1999
Oorsig
 Meksiko  Meksiko4–3  Brasilië  Verenigde State2–0  Saoedi-Arabië8
2001
Oorsig
 Suid-Korea
 Japan
 Frankryk1–0  Japan  Australië1–0  Brasilië8
2003
Oorsig
 Frankryk  Frankryk1–0 e. T.  Kameroen  Turkye2–1  Colombia8
2005
Oorsig
 Duitsland  Brasilië4–1  Argentinië  Duitsland4–3 e. T.  Meksiko8
2009
Oorsig
 Suid-Afrika  Brasilië3–2  Verenigde State  Spanje3–2 e. T.  Suid-Afrika8
2013
Oorsig
 Brasilië  Brasilië3–0  Spanje  Italië2–2 e. T.
3–2 n. S.
 Uruguay8
2017
Oorsig
 Rusland  Duitsland1–0  Chili  Portugal2–1 e. T.  Meksiko8

Statistiek

Beste uitslae van deelnemende lande en gashere
PlekLandTitelKonfederasiebeker
1
 Brasilië41997, 2005, 2009, 2013
2
 Frankryk22001, 2003
3
 Argentinië11992
 Denemarke11995
 Duitsland12017
 Meksiko11999

Eerste deelnames

JaarEerste deelnames
1992  Argentinië  Ivoorkus  Saoedi-Arabië  Verenigde State
1995  Denemarke  Japan  Meksiko  Nigerië
1997  Australië  Brasilië  Suid-Afrika  Tsjeggië  Uruguay  Verenigde Arabiese Emirate
1999  Egipte  Bolivië  Duitsland  Nieu-Seeland
2001  Frankryk  Kameroen  Kanada  Suid-Korea
2003  Colombia  Turkye
2005  Griekeland  Tunisië
2009  Irak  Italië  Spanje
2013  Frans-Polinesië
2017  Chili  Portugal  Rusland

Verwysings

Eksterne skakels


FIFA Sokker-Konfederasiebeker

Saoedi-Arabië 1992Saoedi-Arabië 1995Saoedi-Arabië 1997Meksiko 1999Suid-Korea/Japan 2001Frankryk 2003Duitsland 2005Suid-Afrika 2009Brasilië 2013Rusland 20172021