FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014

Die 20ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Portugees: Copa do Mundo da FIFA – Brasil 2014, [ˈkɔpɐ du ˈmũdu da ˈfifɐ bɾaˈziw ˈdojz ˈmiw i kaˈtoʁzi]; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 12 Junie tot 13 Julie 2014 in Brasilië aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Brasilië aangebied is, ná die 1950-toernooi, en die vyfde in Suid-Amerika. Brasilië het daarmee die vyfde land geword wat die toernooi vir ’n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986, Italië in 1990, Frankryk in 1998 en Duitsland in 2006. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 het as ’n voorbereiding vir die gasheerland gedien.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Copa do Mundo da FIFA
Brasil 2014
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Brasilië Brasilië
Datums 12 Junie – 13 Julie
Spanne 32 (van 5 konfederasies)
Stadions 12 (in 12 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Duitsland Duitsland (4 titels)
Tweede plek Vlag van Argentinië Argentinië
Derde plek Vlag van Nederland Nederland
Vierde plek Vlag van Brasilië Brasilië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 64
Doele 171 (2.67 per wedstryd)
Bywoning 3 429 873 (53 592 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Colombia James Rodríguez (6 doele)[1]
Beste speler Vlag van Argentinië Lionel Messi[2]
2010
2018
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is

32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Argentinië op 13 Julie in die Maracanã-stadion in Rio de Janeiro met 1–0 in ekstra tyd geklop en sodoende hul vierde wêreldbekertitel ingepalm het. Hiermee het hulle die eerste Europese span geword wat die toernooi in die Amerikas gewen het; dit was ook die derde agtereenvolgende toernooi wat deur ’n Europese span gewen is, ná Italië in 2006 en Spanje in 2010. Met sy verowering van die wêreldbekertitel het Duitsland regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 in Rusland gekwalifiseer. Nederland het in die derde en die gasheer Brasilië in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Spanje is reeds in die groepfase uitgeskakel; dieselfde lot wat voorheen Brasilië in 1966, Italië in 2010 en Frankryk in 2002 toegeval het.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspan van Bosnië en Herzegowina het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Hulle het vroeër deel uitgemaak van die Joego-Slawiese nasionale sokkerspan.

Toewysing

José Maria Marin, hoof van die Brasiliaanse reëlingskomitee
Sepp Blatter maak die organiserende land bekend
Openingseremonie van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 in São Paulo se Arena Corinthians

Volgens FIFA se rotasiestelsel van 2003 vir die Sokker-Wêreldbekertoernooi is slegs aansoeke van Suid-Amerikaanse lande aanvaar. Brasilië is op 30 Oktober 2007 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie.[3]

Kwalifisering

Die gasheer Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en CONMEBOL, asook tussen CONCACAF en OFC (Oseanië) beslis.

Kwalifiserende spanne

Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Nie ’n geassosieerde lid van FIFA nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 Algerië4de22010Groepfase (1982, 1986, 2010)
 Argentinië16de112010Kampioen (1978, 1986)
 Australië4de32010Agtste eindrondte (2006)
 België12de12002Vierde plek (1986)
 Bosnië en Herzegowina1ste1Debuut
 Brasilië20de202010Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002)
 Chili9de22010Derde plek (1962)
 Colombia5de11998Agtste eindrondte (1990)
 Costa Rica4de12006Agtste eindrondte (1990)
 Duitsland18de162010Kampioen (1954, 1974, 1990)
 Ecuador3de12006Agtste eindrondte (2006)
 Engeland14de52010Kampioen (1966)
 Frankryk14de52010Kampioen (1998)
 Ghana3de32010Kwarteindrondte (2010)
 Griekeland3de22010Groepfase (1994, 2010)
 Honduras3de22010Groepfase (1982, 2010)
 Iran4de12006Groepfase (1978, 1998, 2006)
 Italië18de142010Kampioen (1934, 1938, 1982, 2006)
 Ivoorkus3de32010Groepfase (2006, 2010)
 Japan5de52010Agtste eindrondte (2002, 2010)
 Kameroen7de22010Kwarteindrondte (1990)
 Kroasië4de12006Derde plek (1998)
 Meksiko15de62010Kwarteindrondte (1970, 1986)
 Nederland10de32010Naaswenner (1974, 1978, 2010)
 Nigerië5de22010Agtste eindrondte (1994, 1998)
 Portugal6de42010Derde plek (1966)
 Rusland10de12002Vierde plek (1966)
 Spanje14de102010Kampioen (2010)
 Suid-Korea9de82010Vierde plek (2002)
 Switserland10de32010Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954)
 Uruguay12de22010Kampioen (1930, 1950)
 Verenigde State10de72010Derde plek (1930)

Stadions

Die stadions volgens FIFA se 2007-inspeksieverslag.[4]

Rio de Janeiro, Rio de JaneiroBrasília, Distrito FederalSão Paulo, São PauloFortaleza, Ceará
Estádio do MaracanãEstádio Nacional Mané GarrinchaArena de São PauloEstádio Castelão
22°54′43.8″S 43°13′48.7″W / 22.912167°S 43.230194°W / -22.912167; -43.230194 (Estádio do Maracanã)15°47′0.6″S 47°53′57.1″W / 15.783500°S 47.899194°W / -15.783500; -47.899194 (Estádio Nacional Mané Garrincha)23°32′43.2″S 46°28′27.2″W / 23.545333°S 46.474222°W / -23.545333; -46.474222 (Arena de São Paulo)3°48′26″S 38°31′20″W / 3.80722°S 38.52222°W / -3.80722; -38.52222 (Estádio Castelão)
Kapasiteit: 74 738[5]Kapasiteit: 69 432[5]Kapasiteit: 63 321[5]Kapasiteit: 60 348[5]
Belo Horizonte, Minas GeraisPorto Alegre, Rio Grande do Sul
Estádio MineirãoEstádio Beira-Rio
19°51′57.2″S 43°58′15.9″W / 19.865889°S 43.971083°W / -19.865889; -43.971083 (Estádio Mineirão)30°3′56.2″S 51°14′9.9″W / 30.065611°S 51.236083°W / -30.065611; -51.236083 (Estádio Beira-Rio)
Kapasiteit: 58 259[5]Kapasiteit: 43 394[5]
Salvador, BahiaRecife, Pernambuco
Itaipava Arena Fonte NovaItaipava Arena Pernambuco
12°58′43″S 38°30′15″W / 12.97861°S 38.50417°W / -12.97861; -38.50417 (Itaipava Arena Fonte Nova)8°2′26.6″S 35°0′29.6″W / 8.040722°S 35.008222°W / -8.040722; -35.008222 (Itaipava Arena Pernambuco)
Kapasiteit: 51 708[5]Kapasiteit: 42 583[5]
Cuiabá, Mato GrossoManaus, AmazonasNatal, Rio Grande do NorteCuritiba, Paraná
Arena PantanalArena da AmazôniaArena das DunasArena da Baixada
15°36′14.5″S 56°7′17.5″W / 15.604028°S 56.121528°W / -15.604028; -56.121528 (Arena Pantanal)3°4′59″S 60°1′41″W / 3.08306°S 60.02806°W / -3.08306; -60.02806 (Arena da Amazônia)5°49′36.6″S 35°12′44.4″W / 5.826833°S 35.212333°W / -5.826833; -35.212333 (Arena das Dunas)25°26′54″S 49°16′37″W / 25.44833°S 49.27694°W / -25.44833; -49.27694 (Arena da Baixada)
Kapasiteit: 41 112[5]Kapasiteit: 40 549[5]Kapasiteit: 39 971[5]Kapasiteit: 39 631[5]

Formaat

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 is oor 32 dae tussen 32 verskillende nasies oor 64 wedstryde uitgespeel. Dit het op 12 Junie 2014 op die Arena Corinthians in São Paulo met ’n wedstryd tussen die gasheer Brasilië en Kroasië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estádio do Maracanã in Rio de Janeiro op 13 Julie met die eindstryd tussen Duitsland en Argentinië, waartydens Duitsland die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 2006 en 2010 ingespan.[6]

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
SeremoniesOS
Groep A11112
Groep B222
Groep C222
Groep D2112
Groep E222
Groep F1122
Groep G2112
Groep H222
Uitklopfase
Junie/Julie
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
1
Wo
2
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
6
Ma
7
Di
8
Wo
9
Do
10
Vr
11
Sa
12
So
13
SeremoniesSS
Uitklopfase2222221111
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 is deur 32 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 32 deelnemende spanne in agt groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 6 Desember 2013 in die Costa do Sauípe-oord in Salvador da Bahia gehou.

Groepfase

32 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

Wedstryd tussen Brasilië en Kroasië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië321072+57
 Meksiko321041+37
 Kroasië310266±03
 Kameroen300319–80

12 Junie 2014
17:00
 Brasilië3–1  KroasiëArena Corinthians, São Paulo
Toeskouers: 62 103
Skeidsregter: Yuichi Nishimura (Japan)
Neymar 29', 71' (straf)
Oscar 90+1'
Verslag 11' (e.d.) Marcelo

13 Junie 2014
13:00
 Meksiko1–0  KameroenArena das Dunas, Natal
Toeskouers: 39 216
Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia)
Peralta 61'Verslag

17 Junie 2014
16:00
 Brasilië0–0  MeksikoEstádio Castelão, Fortaleza
Toeskouers: 60 342
Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye)
Verslag

18 Junie 2014
19:00
 Kameroen0–4  KroasiëArena da Amazônia, Manaus
Toeskouers: 39 982
Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal)
Verslag 11' Olić
48' Perišić
61', 73' Mandžukić

23 Junie 2014
17:00
 Kameroen1–4  BrasiliëEstádio Nacional Mané Garrincha, Brasília
Toeskouers: 69 112
Skeidsregter: Jonas Eriksson (Swede)
Matip 26'Verslag 17', 35' Neymar
49' Fred
84' Fernandinho

23 Junie 2014
17:00
 Kroasië1–3  MeksikoItaipava Arena Pernambuco, Recife
Toeskouers: 41 212
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Perišić 87'Verslag 72' Marquez
75' Guardado
82' Hernández

Groep B

Wedstryd tussen Nederland en Chili
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Nederland3300103+79
 Chili320153+26
 Spanje310247–33
 Australië300339–60

13 Junie 2014
16:00
 Spanje1–5  NederlandItaipava Arena Fonte Nova, Salvador da Bahia
Toeskouers: 48 173
Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië)
Alonso 27' (straf)Verslag 44', 72' Van Persie
53', 80' Robben
65' De Vrij

13 Junie 2014
19:00
 Chili3–1  AustraliëArena Pantanal, Cuiabá
Toeskouers: 40 275
Skeidsregter: Noumandiez Doué (Ivoorkus)
Sánchez 12'
Valdívia 14'
Beausejour 90+2'
Verslag 35' Cahill

18 Junie 2014
13:00
 Australië2–3  NederlandEstádio Beira-Rio, Porto Alegre
Toeskouers: 42 877
Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië)
Cahill 21'
Jedinak 54' (straf)
Verslag 20' Robben
58' Van Persie
68' Memphis

18 Junie 2014
16:00
 Spanje0–2  ChiliEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 74 101
Skeidsregter: Mark Geiger (VSA)
Verslag 20' Vargas
43' Aránguiz

23 Junie 2014
13:00
 Australië0–3  SpanjeArena da Baixada, Curitiba
Toeskouers: 39 375
Skeidsregter: Nawaf Shukralla (Bahrein)
Verslag 36' Villa
69' Torres
82' Mata

23 Junie 2014
13:00
 Nederland2–0  ChiliArena Corinthians, São Paulo
Toeskouers: 62 996
Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië)
Fer 77'
Memphis 90+2'
Verslag

Groep C

Wedstryd tussen Colombia en Ivoorkus
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Colombia330092+79
 Griekeland311124–24
 Ivoorkus310245–13
 Japan301226–41

14 Junie 2014
13:00
 Colombia3–0  GriekelandEstádio Mineirão, Belo Horizonte
Toeskouers: 57 174
Skeidsregter: Mark Geiger (VSA)
Armero 5'
Gutiérrez 58'
Rodríguez 90+3'
Verslag

14 Junie 2014
22:00
 Ivoorkus2–1  JapanItaipava Arena Pernambuco, Recife
Toeskouers: 40 267
Skeidsregter: Enrique Osses (Chili)
Bony 64'
Gervinho 66'
Verslag 16' Honda

19 Junie 2014
13:00
 Colombia2–1  IvoorkusEstádio Nacional Mané Garrincha, Brasília
Toeskouers: 68 748
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Rodríguez 64'
Quintero 70'
Verslag 73' Gervinho

19 Junie 2014
19:00
 Japan0–0  GriekelandArena das Dunas, Natal
Toeskouers: 39 485
Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador)
Verslag

24 Junie 2014
17:00
 Japan1–4  ColombiaArena Pantanal, Cuiabá
Toeskouers: 40 340
Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal)
Okazaki 45+1'Verslag 17' (straf) Cuadrado
55', 82' Martínez
90' Rodríguez

24 Junie 2014
17:00
 Griekeland2–1  IvoorkusEstádio Castelão, Fortaleza
Toeskouers: 59 095
Skeidsregter: Carlos Vera (Ecuador)
Samaris 42'
Samaras 90+3' (straf)
Verslag 74' Bony

Groep D

Wedstryd tussen Uruguay en Costa Rica
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Costa Rica321041+37
 Uruguay320144±06
 Italië310223–13
 Engeland301224–21

14 Junie 2014
16:00
 Uruguay1–3  Costa RicaEstádio Castelão, Fortaleza
Toeskouers: 58 679
Skeidsregter: Felix Brych (Duitsland)
Cavani 24' (straf)Verslag 54' Campbell
57' Duarte
84' Ureña

14 Junie 2014
19:00
 Engeland1–2  ItaliëArena da Amazônia, Manaus
Toeskouers: 39 800
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Sturridge 37'Verslag 35' Marchisio
50' Balotelli

19 Junie 2014
16:00
 Uruguay2–1  EngelandArena Corinthians, São Paulo
Toeskouers: 62 575
Skeidsregter: Carlos Velasco Carballo (Spanje)
Suárez 39', 85'Verslag 75' Rooney

20 Junie 2014
13:00
 Italië0–1  Costa RicaItaipava Arena Pernambuco, Recife
Toeskouers: 40 285
Skeidsregter: Enrique Osses (Chili)
Verslag 44' Ruiz

24 Junie 2014
13:00
 Italië0–1  UruguayArena das Dunas, Natal
Toeskouers: 39 706
Skeidsregter: Marco Rodríguez (Meksiko)
Verslag 81' Godín

24 Junie 2014
13:00
 Costa Rica0–0  EngelandEstádio Mineirão, Belo Horizonte
Toeskouers: 57 823
Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië)
Verslag

Groep E

Wedstryd tussen Switserland en Ecuador
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Frankryk321082+67
 Switserland320176+16
 Ecuador311133±04
 Honduras300318–70

15 Junie 2014
13:00
 Switserland2–1  EcuadorEstádio Nacional Mané Garrincha, Brasília
Toeskouers: 68 351
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Mehmedi 48'
Seferović 90+3'
Verslag 22' E. Valencia

15 Junie 2014
16:00
 Frankryk3–0  HondurasEstádio Beira-Rio, Porto Alegre
Toeskouers: 43 012
Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië)
Benzema 45' (straf), 72'
Valladares 48' (e.d.)
Verslag

20 Junie 2014
16:00
 Switserland2–5  FrankrykItaipava Arena Fonte Nova, Salvador da Bahia
Toeskouers: 51 003
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Džemaili 81'
Xhaka 87'
Verslag 17' Giroud
18' Matuidi
40' Valbuena
67' Benzema
73' Sissoko

20 Junie 2014
19:00
 Honduras1–2  EcuadorArena da Baixada, Curitiba
Toeskouers: 39 224
Skeidsregter: Ben Williams (Australië)
Costly 31'Verslag 34', 65' E. Valencia

25 Junie 2014
17:00
 Honduras0–3  SwitserlandArena da Amazônia, Manaus
Toeskouers: 40 322
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Verslag 6', 31', 71' Shaqiri

25 Junie 2014
17:00
 Ecuador0–0  FrankrykEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 73 749
Skeidsregter: Noumandiez Doué (Ivoorkus)
Verslag

Groep F

Wedstryd tussen Iran en Nigerië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Argentinië330063+39
 Nigerië311133±04
 Bosnië en Herzegowina310244±03
 Iran301214–31

15 Junie 2014
19:00
 Argentinië2–1  Bosnië en HerzegowinaEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 74 738
Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador)
Kolašinac 3' (e.d.)
Messi 65'
Verslag 84' Ibišević

16 Junie 2014
16:00
 Iran0–0  NigeriëArena da Baixada, Curitiba
Toeskouers: 39 081
Skeidsregter: Carlos Vera (Ecuador)
Verslag

21 Junie 2014
13:00
 Argentinië1–0  IranEstádio Mineirão, Belo Horizonte
Toeskouers: 57 698
Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië)
Messi 90+1'Verslag

21 Junie 2014
19:00
 Nigerië1–0  Bosnië en HerzegowinaArena Pantanal, Cuiabá
Toeskouers: 40 499
Skeidsregter: Peter O’Leary (Nieu-Seeland)
Odemwingie 29'Verslag

25 Junie 2014
13:00
 Nigerië2–3  ArgentiniëEstádio Beira-Rio, Porto Alegre
Toeskouers: 43 285
Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië)
Musa 4', 47'Verslag 3', 45+1' Messi
50' Rojo

25 Junie 2014
13:00
 Bosnië en Herzegowina3–1  IranItaipava Arena Fonte Nova, Salvador da Bahia
Toeskouers: 48 011
Skeidsregter: Carlos Velasco Carballo (Spanje)
Džeko 23'
Pjanić 59'
Vršajević 83'
Verslag 82' Ghoochannejhad

Groep G

Die Duitse doelwagter Manuel Neuer tydens die wedstryd teen die Verenigde State
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Duitsland321072+57
 Verenigde State311144±04
 Portugal311147–34
 Ghana301246–21

16 Junie 2014
13:00
 Duitsland4–0  PortugalItaipava Arena Fonte Nova, Salvador da Bahia
Toeskouers: 51 081
Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië)
Müller 12' (straf), 45+1', 78'
Hummels 32'
Verslag

16 Junie 2014
19:00
 Ghana1–2  Verenigde StateArena das Dunas, Natal
Toeskouers: 39 760
Skeidsregter: Jonas Eriksson (Swede)
A. Ayew 82'Verslag 1' Dempsey
86' Brooks

21 Junie 2014
16:00
 Duitsland2–2  GhanaEstádio Castelão, Fortaleza
Toeskouers: 59 621
Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië)
Götze 51'
Klose 71'
Verslag 54' A. Ayew
63' Gyan

22 Junie 2014
18:00
 Verenigde State2–2  PortugalArena da Amazônia, Manaus
Toeskouers: 40 123
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Jones 64'
Dempsey 81'
Verslag 5' Nani
90+5' Varela

26 Junie 2014
13:00
 Verenigde State0–1  DuitslandItaipava Arena Pernambuco, Recife
Toeskouers: 41 876
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Verslag 55' Müller

26 Junie 2014
13:00
 Portugal2–1  GhanaEstádio Nacional Mané Garrincha, Brasília
Toeskouers: 67 540
Skeidsregter: Nawaf Shukralla (Bahrein)
Boye 31' (e.d.)
Ronaldo 80'
Verslag 57' Gyan

Groep H

Wedstryd tussen België en Algerië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 België330041+39
 Algerië311165+14
 Rusland302123–12
 Suid-Korea301236–31

17 Junie 2014
13:00
 België2–1  AlgeriëEstádio Mineirão, Belo Horizonte
Toeskouers: 56 800
Skeidsregter: Marco Rodríguez (Meksiko)
Fellaini 70'
Mertens 80'
Verslag 25' (straf) Feghouli

17 Junie 2014
19:00
 Rusland1–1  Suid-KoreaArena Pantanal, Cuiabá
Toeskouers: 37 603
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Kerzhakof 74'Verslag 68' Lee Keun-ho

22 Junie 2014
13:00
 België1–0  RuslandEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 73 819
Skeidsregter: Felix Brych (Duitsland)
Origi 88'Verslag

22 Junie 2014
16:00
 Suid-Korea2–4  AlgeriëEstádio Beira-Rio, Porto Alegre
Toeskouers: 42 732
Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia)
Son Heung-min 50'
Koo Ja-cheol 72'
Verslag 26' Slimani
28' Halliche
38' Djabou
62' Brahimi

26 Junie 2014
17:00
 Suid-Korea0–1  BelgiëArena Corinthians, São Paulo
Toeskouers: 61 397
Skeidsregter: Ben Williams (Australië)
Verslag 78' Vertonghen

26 Junie 2014
17:00
 Algerië1–1  RuslandArena da Baixada, Curitiba
Toeskouers: 39 311
Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye)
Slimani 60'Verslag 6' Kokorin

Uitklopfase

Die agtste eindstryd tussen Brasilië en Chili
Die halfeindstryd tussen Brasilië en Duitsland
Die eindstryd tussen Duitsland en Argentinië
Agtste eindrondteKwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
              
28 Junie – Belo Horizonte      
   Brasilië 1
(3)
4 Julie – Fortaleza
   Chili 1
(2)
 
   Brasilië 2
28 Junie – Rio de Janeiro
    Colombia 1 
   Colombia 2
8 Julie – Belo Horizonte
   Uruguay 0 
   Brasilië 1
30 Junie – Brasília
    Duitsland 7 
   Frankryk 2
4 Julie – Rio de Janeiro
   Nigerië 0 
   Frankryk 0
30 Junie – Porto Alegre
    Duitsland 1 
   Duitsland 2
13 Julie – Rio de Janeiro
   Algerië 1 
   Duitsland 1
29 Junie – Fortaleza
    Argentinië 0
   Nederland 2
5 Julie – Salvador da Bahia
   Meksiko 1 
   Nederland 0
(4)
29 Junie – Recife
    Costa Rica 0
(3)
 
   Costa Rica 1
(5)
9 Julie – São Paulo
   Griekeland 1
(3)
 
   Nederland 0
(2)
1 Julie – São Paulo
    Argentinië 0
(4)
 derde plek
   Argentinië 1
5 Julie – Brasília12 Julie – Brasília
   Switserland 0 
   Argentinië 1   Brasilië 0
1 Julie – Salvador da Bahia
    België 0    Nederland 3
   België 2
   Verenigde State 1 

Agtste eindrondte


28 Junie 2014
13:00
 Brasilië1–1 (e.t.)  ChiliEstádio Mineirão, Belo Horizonte
Toeskouers: 57 714
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
David Luiz 18'
Strafskoppe
David Luiz
Willian
Vieira
Hulk
Neymar
Verslag
Strafskoppe
3–2
32' Sánchez
Strafskoppe
Pinilla
Sánchez
Charles Aránguiz
Díaz
Jara

28 Junie 2014
17:00
 Colombia2–0  UruguayEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 73 804
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Rodríguez 28', 50'Verslag

29 Junie 2014
13:00
 Nederland2–1  MeksikoEstádio Castelão, Fortaleza
Toeskouers: 58 817
Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal)
Sneijder 88'
Huntelaar 90+4' (straf)
Verslag 48' dos Santos

29 Junie 2014
17:00
 Costa Rica1–1 (e.t.)  GriekelandItaipava Arena Pernambuco, Recife
Toeskouers: 41 242
Skeidsregter: Ben Williams (Australië)
Ruiz 52'
Strafskoppe
Borges
Ruiz
González
Campbell
Umaña
Verslag
Strafskoppe
5–3
90+1' Papastathopoulos
Strafskoppe
Mitroglou
Christodoulopoulos
Holebas
Gekas

30 Junie 2014
13:00
 Frankryk2–0  NigeriëEstádio Nacional Mané Garrincha, Brasília
Toeskouers: 67 882
Skeidsregter: Mark Geiger (VSA)
Pogba 79'
Yobo 90+1' (e.d.)
Verslag

30 Junie 2014
17:00
 Duitsland2–1 (e.t.)  AlgeriëEstádio Beira-Rio, Porto Alegre
Toeskouers: 43 063
Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië)
Schürrle 92'
Özil 119'
Verslag 120+1' Djabou

1 Julie 2014
13:00
 Argentinië1–0 (e.t.)  SwitserlandArena Corinthians, São Paulo
Toeskouers: 63 255
Skeidsregter: Jonas Eriksson (Swede)
Di María 118'Verslag

1 Julie 2014
17:00
 België2–1 (e.t.)  Verenigde StateItaipava Arena Fonte Nova, Salvador da Bahia
Toeskouers: 51 227
Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië)
De Bruyne 93'
Lukaku 105'
Verslag 107' Green

Kwarteindrondte


4 Julie 2014
13:00
 Frankryk0–1  DuitslandEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 74 240
Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië)
Verslag 13' Hummels

4 Julie 2014
17:00
 Brasilië2–1  ColombiaEstádio Castelão, Fortaleza
Toeskouers: 60 342
Skeidsregter: Carlos Velasco Carballo (Spanje)
Thiago Silva 7'
David Luiz 69'
Verslag 80' (straf) Rodríguez

5 Julie 2014
13:00
 Argentinië1–0  BelgiëEstádio Nacional Mané Garrincha, Brasília
Toeskouers: 68 551
Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië)
Higuaín 8'Verslag

5 Julie 2014
17:00
 Nederland0–0 (e.t.)  Costa RicaItaipava Arena Fonte Nova, Salvador da Bahia
Toeskouers: 51 179
Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan)
Strafskoppe
Van Persie
Robben
Sneijder
Kuyt
Verslag
Strafskoppe
4–3
Strafskoppe
Borges
Ruiz
González
Bolaños
Umaña

Halfeindrondte


8 Julie 2014
17:00
 Brasilië1–7  DuitslandEstádio Mineirão, Belo Horizonte
Toeskouers: 58 141
Skeidsregter: Marco Rodríguez (Meksiko)
Oscar 90'VerslagMüller 11'
Klose 23'
Kroos 24', 26'
Khedira 29'
Schürrle 69', 79'

9 Julie 2014
17:00
 Nederland0–0 (e.t.)  ArgentiniëArena Corinthians, São Paulo
Toeskouers: 63 267
Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye)
Strafskoppe
Vlaar
Robben
Sneijder
Kuyt
Verslag
Strafskoppe
2–4
Strafskoppe
Messi
Garay
Agüero
Rodríguez

Klein finale (om die derde plek)


12 Julie 2014
17:00
 Brasilië0–3  NederlandEstádio Nacional Mané Garrincha, Brasília
Toeskouers: 68 034
Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië)
Verslag 3' (straf) Van Persie
17' Blind
90+1' Wijnaldum

Eindstryd


13 Julie 2014
16:00
 Duitsland1–0 (e.t.)  ArgentiniëEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 74 738
Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië)
113' GötzeVerslag


Sokkerwêreldkampioen 2014
 Duitsland

FIFA se ranglys

Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[7][8] Die ranglys vir die 2014-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Agtste eindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Brasilië
Die Duitse nasionale sokkerspan nadat hulle die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het
RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  DuitslandG7610184+1419
2  ArgentiniëF751184+416
3  NederlandB7520154+1117
4  BrasiliëA73221114–311
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  ColombiaC5401124+812
6  BelgiëH540163+512
7  FrankrykE5311103+710
8  Costa RicaD523052+39
In die agtste eindrondte uitgeskakel
9  ChiliB421164+27
10  MeksikoA421153+27
11  SwitserlandE420277±06
12  UruguayD420246–26
13  GriekelandC412135−25
14  AlgeriëH411277±04
15  Verenigde StateG411256−14
16  NigeriëF411235−24
In die groepfase uitgeskakel
17  EcuadorE311133±04
18  PortugalG311147–34
19  KroasiëA310266±03
20  Bosnië en HerzegowinaF310244±03
21  IvoorkusC310245−13
22  ItaliëD310223–13
23  SpanjeB310247−33
24  RuslandH302123−12
25  GhanaG301246−21
26  EngelandD301224−21
27  Suid-KoreaH301236−31
28  IranF301214−31
29  JapanC301226−41
30  AustraliëB300339−60
31  HondurasE300318−70
32  KameroenA300319−80

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 James Rodríguez6
2 Thomas Müller5
3 Neymar4
Lionel Messi4
Robin van Persie4
6 Karim Benzema3
André Schürrle3
Arjen Robben3
Enner Valencia3
Xherdan Shaqiri3
11 Toni Kroos2
Abdelmoumene Djabou2
Memphis Depay2
Ivan Perišić2
Gervinho2
RangSpelerDoele
11 Asamoah Gyan2
Islam Slimani2
Alexis Sánchez2
Oscar2
David Luiz2
Tim Cahill2
Wilfried Bony2
Luis Suárez2
Mario Mandžukić2
Jackson Martínez2
Mario Götze2
André Ayew2
Miroslav Klose2
Ahmed Musa2
Clint Dempsey2
Bryan Ruiz2
Mats Hummels2
James Rodríguez

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034