Klem-in-die-kaak

bakteriële infeksie gekenmerk deur spierspasmas

Klem-in-die-kaak of tetanus is 'n nie-aansteeklike siekte wat deur bakteriese toksien of gifstof (neurotoksien tetanospasmin) veroorsaak word. Die senuweestelsel van hoofsaaklik perde en skape en soms beeste, bokke, varke en mense, en by uitsondering honde en katte, word aangetas. Tetanus kan pynlike spierspasmas in die kou- en nekspiere van mense veroorsaak.[1] Spasmas mag ernstig genoeg wees om beenbrekings te veroorsaak.[2] Ander simptome van tetanus kan koors, sweet, hoofpyn, sluk probleme, hoë bloeddruk, en 'n vinnige hartklop insluit.[1][2] Aanvang van simptome is tipies drie tot een-en-twintig dae na infeksie. Herstel kan maande duur. Sowat tien persent van die gevalle is noodlottig.[1]

Klem-in-die-kaak
Tetanus
Klassifikasie en eksterne bronne
Spierspasmas (spesifiek opisthotonos) in 'n persoon met tetanus.
Spierspasmas (spesifiek opisthotonos) in 'n persoon met tetanus.
ICD-10A33-A35
ICD-9037, 771.3
DiseasesDB2829
MedlinePlus  000615
eMedicineemerg/574
MeSHD013742
Mediese waarskuwing
Tetanus sterftes per miljoen mense in 2012
██ 0-0██ 1-1██ 2-3██ 4-8██ 9-13██ 14-28██ 29-151

Oorsaak en diagnose

Tetanus word veroorsaak deur 'n infeksie met die bakterie Clostridium tetani, wat algemeen voorkom in grond, speeksel, stof en mis. Die bakterieë kom gewoonlik deur 'n breek in die vel, soos 'n sny of 'n wond deur 'n besmette voorwerp.[3] Dit produseer gifstowwe wat inmeng met normale spierkontraksies.[4] Diagnose is gebaseer op die aanbiedstekens en simptome. Die siekte versprei nie tussen mense nie.[1]

Epidemiologie

In 2013 het dit ongeveer 59,000 sterftes veroorsaak - vanaf 356,000 in 1990.[5] Tetanus, veral die neonatale vorm; bly 'n belangrike openbare gesondheidsprobleem in nie-geïndustrialiseerde lande met 59,000 pasgebores wêreldwyd wat in 2008 sterf as gevolg van neonatale tetanus.[6][7] In die Verenigde State, vanaf 2000 tot 2007 is gemiddeld 31 gevalle per jaar gerapporteer. Byna al die gevalle in die Verenigde State kom voor by ongeïmmuniseerde individue of individue wat hul inentings toegelaat het om te verval.[1]

Verwysings

Eksterne skakels