Santali

Santali (ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ, সাঁওতালি) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 7,6 miljoen mense in Oos-Indië, Bangladesj, Nepal en Bhoetan gepraat word. Santali is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Santali word, afhangende van die gebied, met die Ol Chiki-alfabet, Devanagari, die Oostelike Nagari-skrif, die Latynse alfabet of die Odia-alfabet geskryf.

Santali
ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ, সাঁওতালি
Gepraat in:Vlag van Indië Indië
Vlag van Bangladesj Bangladesj
Vlag van Nepal Nepal
Vlag van Bhoetan Bhoetan 
Gebied:Suid-Asië
Totale sprekers:7,6 miljoen[1]
Taalfamilie:Austro-Asiaties
 Moenda
  Noord-Moenda
   Santali 
Skrifstelsel:Ol Chiki-alfabet
Devanagari
Oostelike Nagari-skrif
Latynse alfabet
Odia-alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Indië Indië[2]
  • Jharkhand
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:sat
ISO 639-3:sat 
Verspreiding van Moenda-tale, waaronder Santali
Die woord "Santali" in die Ol Chiki-alfabet
Santali se Ol Chiki-alfabet

Santali is ná Viëtnamees en Khmer die derde mees gesproke Austro-Asiatiese taal en by verre die belangrikste van dié taalfamilie in Suid-Asië. Dit is verwant aan Ho en Moendari, al drie vorm die amptelike tale van die Indiese deelstaat Jharkhand. Daarbenewens word Santali in die Indiese deelstate Orissa en Wes-Bengale gepraat.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Santali