Tadjiks (volk)

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tadjiks.

Die Tadjiks (Dari: تاجيک, Tājīk; Tadjiks: Тоҷик), ook Tadjikse Perse genoem, is 'n Irannese etniese groep inheems aan Tadjikistan, Afghanistan en Oesbekistan. Hulle vorm die titulêre nasie van Tadjikistan, waar hulle sowat 90% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Tadjiks, 'n Irannese taal, as moedertaal. Die Tadjiks vorm naas die Oesbeke die tweede grootste etniese groep in Sentraal-Asië. Ander benamings sluit in Fārsī ("Perse"), Fārsīwān ("Persies-sprekers") en Dīhgān (letterlik "boer" of "gevestigde dorpenaar").[13]

Tadjiks

Portrete van Tadjiks in Afghanistan
Totale bevolking:ca. 16–20 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Afghanistan Afghanistan 9,5–11,5 miljoen[1][2]

Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 6,8 miljoen[3]
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 1,4 of 8–11 miljoen[4][5][6]
Vlag van Pakistan Pakistan 220 000[7]
Vlag van Rusland Rusland 201 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 52 000[8][9]
Vlag van Kirgisië Kirgisië 47 500[10]
Vlag van Kanada Kanada 15 870[11]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 4 255[12]

Taal:Tadjiks
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Islam
Histories Zoroastrisme en Boeddhisme
Verwante etniese groepe:Ander Irannese volke soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Koerde, Ossetiërs, Pasjtoene en Perse
Die Samaniede-ryk (819–999) word as die eerste Tadjikse staat beskou[14]
Nedersettingsgebied van Tadjiks in Sentraal-Asië

Tadjiks vorm naas Pasjtoene (42%) die tweede grootste etniese groep in Afghanistan (27%) asook naas Oesbeke (80%) en Russe (5,5%) die derde grootste etniese groep in Oesbekistan (5%). Naas Tadjiks leef nog 'n minderheid van omtrent 1 miljoen Oesbeke (14%) in Tadjikistan. Tadjikse minderhede leef in lande soos Pakistan (220 000) en Rusland (201 000).

Wêreldwyd leef tussen 16 en 20 miljoen Tadjiks, waarvan tussen 9,5 en 11,6 miljoen in Afghanistan, 6,8 miljoen in Tadjikistan en 1,4 miljoen in Oesbekistan. In die Volksrepubliek China behoort die Tadjiks tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke, Kasakke en Kirgisiërs.[15][16]

Verwysings

Eksterne skakels