Pasjtoene

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Pasjtoe.

Die Pasjtoene (Pasjtoe: پښتانه, Pax̌tānə; manlike enkelvoud: پښتون, Pax̌tūn; vroulik: پښتنه Pax̌tana), histories bekend onder die eksonieme Afghane (Persies: افغان, Afğān)[13][14][15][16] en Pathane (Hindi-Oerdoe: पठान, پٹھان, Paṭhān),[17][18] is 'n Irannese etniese groep inheems aan Afghanistan en Pakistan wat Pasjtoe, 'n Irannese taal, as moedertaal praat.[19]

Pasjtoene

Totale bevolking:ca. 49 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Pakistan Pakistan ~31 miljoen[1]

Vlag van Afghanistan Afghanistan ~14 miljoen[2]
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 338 315[3]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 138 554[4][5]
Vlag van Iran Iran 110 000[6]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 100 000[7]
Vlag van Duitsland Duitsland 37 800[8]
Vlag van Kanada Kanada 26 000[9]
Vlag van Indië Indië 13 000[10]
Vlag van Rusland Rusland 9 800[11]
Vlag van Australië Australië 8 154[12]
Vlag van Maleisië Maleisië 5 500
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 4 000[6]

Taal:Pasjtoe (moedertaal)
Oerdoe, Persies en Engels as tweede tale
Geloofsoortuiging:Hoofsaaklik Soennitiese Islam
Minderheid Sjiïtiese Islam
Verwante etniese groepe:Ander Irannese volke soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Koerde, Ossetiërs, Perse en Tadjiks
Pasjtoene in Kandahar, Afghanistan
Verspreiding van etniese groepe in Pakistan volgens die CIA in 1980
Die Afridi-stamgroep is Pasjtoen-Afghane. Hierdie Afridi-krygers is in 1866 te Jamruud-fort afgeneem.

Wêreldwyd leef sowat 50 miljoen Pasjtoene, waarvan sowat 31 miljoen in Afghanistan (42% van die bevolking) en omtrent 14 miljoen in Pakistan (15%). Hulle is veral aanhangers van die Soennitiese Islam en leef in die sentrale grensgebied tussen albei lande. Die stede Kandahar, Pesjawar en Quetta word as belangrikste kulturele sentrums van die Pasjtoene beskou. Die Pasjtoene beskik oor hul eie etiese kodeks, die "Pasjtoenwali", 'n tradisionele etiekreeks wat die individuele en gemeenskaplike optrede begelei.

Die stamgebied van die Pasjtoene, Pakhtunkhwa of Pasjtoenistan, word sedert 1893 deur die Durandlyn van mekaar geskei. Hierdie grenslyn is tussen die destydse Brits-Indië en die Emiraat van Afghanistan vasgelê en vorm nou die grens tussen beide Afghanistan en Pakistan.[20] Pasjtoenistan grens in die ooste aan Pandjab, in die weste en noorde aan Persies- en Turkstalige gebiede, in die noordooste aan Kasjmir en in die suide aan Beloetsjistan.

Verwysings

Eksterne skakels