Afrikanasiesbeker

Die Afrikanasiesbeker (amptelike naam in Frans: Coupe d'Afrique des Nations (CAN) of Engels: African Cup of Nations) is 'n sokkertoernooi wat deur Afrikalande beslis word. Die kampioenskap word deur CAF, die Konfederasie van Afrikasokker gereël. Dit is tussen 1957 en 1968 met onreëlmatige tussenposes gespeel. Van 1968 af is die kampioenskap al om die twee jaar in ewe jare aangebied, maar sedert 2013 word dit in onewe jare gehou om nie in dieselfde jaar van die Sokker-Wêreldbeker aangebied te word nie.[1]

Afrikanasiesbeker
2023 Afrikanasiesbeker
Beskrywing.
Die trofee waarom meegeding word

SportsoortSokker
Gestig1957
EienaarCAF
Inwydingseisoen1957
Deelnemende landeAfrika
Aantal spanne24
Mees onlangse kampioenVlag van Ivoorkus Ivoorkus (2023)

Die eerste toernooi is in Februarie 1957 in Soedan aangebied. Soedan, Egipte, Ethiopië en Suid-Afrika het hiervoor ingeskryf, maar Suid-Afrika is om politieke redes uitgesluit. In 1962 neem vier lande aan die toernooi deel en vind daar vir die eerste keer kwalifiserende wedstryde plaas. In 1963 word die deelnemende lande tot ses uitgebrei, in 1968 tot agt en in 1996 tot 16. Die laaste uitbreiding in aantal lande vind in 2019 plaas, vanaf hierdie jaar neem 24 lande aan die eindronde deel.

Suid-Afrika het vir die eerste keer in 1996 aan die 20ste Afrikanasiesbeker deelgeneem, nadat hulle nie in 1994 kon kwalifiseer nie. Die kompetisie is die jaar ook vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied. Dit is dan ook die eerste en enigste keer wat Bafana-Bafana die trofee ingepalm het nadat hulle Tunisië op hulle tuisveld in die eindstryd verslaan het.

Ivoorkus wen in 2023 die mees onlangse toernooi en hou tans die beker. Die gasheerland(e) kry 'n outomatiese plasing. Tot in 2017 het die wenner van die mees onlangse Afrikanasiesbeker vir die daaropvolgende Sokker-Konfederasiebeker gekwalifiseer. Dié toernooi is in Maart 2019 egter deur FIFA geskrap.

Uitslae

JaarLand(e)FinaleDerde plek
WennerTellingTweede plekDeelnemende lande
1957  Soedan  Egipte4–0  Ethiopië  Soedan3
1959  V.A.R.  V.A.R.n/a  Soedan  Ethiopië3
JaarLand(e)FinaleDerde plek wedstryd
WennerTellingTweede plekDerde plekTellingVierde plek
1962  Ethiopië  Ethiopië4–2 e.T.  V.A.R.  Tunisië3–0  Uganda4
1963  Ghana  Ghana3–0  Soedan  V.A.R.3–0  Ethiopië6
1965  Tunisië  Ghana3–2 e.T.  Tunisië  Ivoorkus1–0  Senegal6
1968  Ethiopië  DR Kongo1–0  Ghana  Ivoorkus1–0  Ethiopië8
1970  Soedan  Soedan3–2  Ghana  V.A.R.3–1  Ivoorkus8
1972  Kameroen  Kongo3–2  Mali  Kameroen5–2  Zaïre8
1974  Egipte  Zaïre2–2 e.T.
2–0 herhaling
 Zambië  Egipte4–0  Kongo8
1976  Ethiopië  Marokkon/a  Guinee  Nigeriën/a  Egipte8
1978  Ghana  Ghana2–0  Uganda  Nigerië2–0  Tunisië8
1980  Nigerië  Nigerië3–0  Algerië  Marokko2–0  Egipte8
1982  Libië  Ghana1–1
7–6 n.S.
 Libië  Zambië2–0  Algerië8
1984  Ivoorkus  Kameroen3–1  Nigerië  Algerië3–1  Egipte8
1986  Egipte  Egipte0–0
5–4 n.S.
 Kameroen  Ivoorkus3–2  Marokko8
1988  Marokko  Kameroen1–0  Nigerië  Algerië1–1
4–3 n.S.
 Marokko8
1990  Algerië  Algerië1–0  Nigerië  Zambië1–0  Senegal8
1992  Senegal  Ivoorkus0–0
11–10 n.S.
 Ghana  Nigerië2–1  Kameroen12
1994  Tunisië  Nigerië2–1  Zambië  Ivoorkus3–1  Mali12
1996
Oorsig
 Suid-Afrika  Suid-Afrika2–0  Tunisië  Zambië1–0  Ghana15
1998  Burkina Faso  Egipte2–0  Suid-Afrika  DR Kongo4–4
4–1 n.S.
 Burkina Faso16
2000  Ghana
 Nigerië
 Kameroen2–2
4–3 n.S.
 Nigerië  Suid-Afrika2–2
4–3 n.S.
 Tunisië16
2002  Mali  Kameroen0–0
3–2 n.S.
 Senegal  Nigerië1–0  Mali16
2004  Tunisië  Tunisië2–1  Marokko  Nigerië2–1  Mali16
2006  Egipte  Egipte0–0
4–2 n.S.
 Ivoorkus  Nigerië1–0  Senegal16
2008  Ghana  Egipte1–0  Kameroen  Ghana4–2  Ivoorkus16
2010  Angola  Egipte1–0  Ghana  Nigerië1–0  Algerië16
2012  Ekwatoriaal-Guinee/  Gaboen  Zambië0–0 e.T.
8–7 n.S.
 Ivoorkus  Mali2–0  Ghana16
2013
Oorsig
 Suid-Afrika  Nigerië1–0  Burkina Faso  Mali3–1  Ghana16
2015  Ekwatoriaal-Guinee  Ivoorkus0–0 e.T.
9–8 n.S.
 Ghana  DR Kongo0–0
4–2 n.S.
 Ekwatoriaal-Guinee16
2017  Gaboen  Kameroen2–1  Egipte  Burkina Faso1–0  Ghana16
2019  Egipte  Algerië1–0  Senegal  Nigerië1–0  Tunisië24
2021  Kameroen  Senegal0–0 e.T.
4–2 n.S.
 Egipte  Kameroen3–3
5–3 n.S.
 Burkina Faso24
2023  Ivoorkus  Ivoorkus2–1  Nigerië  Suid-Afrika0–0
6–5 n.S.
 DR Kongo24
2025  Marokko24
2027  Kenia
 Tanzanië
 Uganda
24

Titels verower

Beste uitslae van deelnemende lande
TitelsLandGewen in:
7  Egipte1957, 1959, 1986, 1998, 2006, 2008, 2010
5  Kameroen1984, 1988, 2000, 2002, 2017
4  Ghana1963, 1965, 1978, 1982
3  Ivoorkus1992, 2015, 2023
3  Nigerië1980, 1994, 2013
2  Algerië1990, 2019
2  DR Kongo1968, 1974
1  Ethiopië1962
1  Marokko1976
1  Kongo1972
1  Senegal2021
1  Soedan1970
1  Suid-Afrika1996
1  Tunisië2004
1  Zambië2012

Eerste deelnames

Lande volgens deelnames
Lande volgens hul beste prestasie
JahrEerste deelname
1957  Egipte  Ethiopië  Soedan
1959(  V.A.R.)
1962  Uganda  Tunisië
1963  Ghana  Nigerië
1965  DR Kongo  Ivoorkus  Senegal
1968  Algerië  R Kongo  Uganda
1970  Guinee  Kameroen
1972  Kenia  Mali  Marokko  Togo
(  VR Kongo)(  Zaïre)
1974  Mauritius  Zambië
1976
1978  Burkina Faso
1980  Tanzanië
1982  Libië
1984  Malawi
1986  Mosambiek
1988
1990
1992
1994  Gaboen  Sierra Leone
1996  Angola(  Burkina Faso)  Liberië  Suid-Afrika
1998  Namibië
2000
2002
2004  Benin  Rwanda  Zimbabwe
2006
2008
2010
2012  Ekwatoriaal-Guinee  Botswana  Niger
2013  Kaap Verde
2015
2017  Guinee-Bissau
2019  Burundi  Madagaskar  Mauritanië
2021  Comore-eilande  Gambië
2023geen

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

  • (ar) (en) (fr) Amptelike webwerf
  • (en) "African Cup of Nations". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Februarie 2024.