Asetoon

chemiese verbinding

Asetoon (sistematiese naam propanoon) is 'n organiese verbinding met die formule (CH3)2CO. Dit is 'n kleurlose, hoogs vlugtige, vlambare vloeistof, en is die eenvoudigste ketoon bekend.

Eienskappe

Algemeen

NaamAsetoon 
IUSTC-naamPropan-2-oon 
Sistematiese naamPropanoon 
Ander nameDimetielketoon[1]

β-Ketopropaan[1]
Propanoon[2] 2-Propanoon
Dimetielformaldehied[3]

Struktuurformule van Asetoon
Struktuurformule van Asetoon
Chemiese formuleC3H6O
Molêre massa58.042 g/mol
CAS-nommer67-64-1  
VoorkomsKleurlose vloeistof  
ReukStink, irriterent, bloeiselrig
Fasegedrag
Smeltpunt178 K
Kookpunt329 K
Digtheid0.791 g/cm3 
Mengbaarheidwater, benseen, metanol, eter, chloroform, etanol
Oplosbaarheid 
Viskositeit0.36 (10 °C)
0.295 cP (25 °C)[4] 
Henry se konstante27,7(,9) [L/mol.atm] 4600 [K][5]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt-19 °C 
LD503 000 mg/kg (oraal, muis)
20 000 mg/kg (dermaal, konyn)
19 000 mg/m3 (inhalasie)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Asetoon is mengbaar met water en dien as 'n belangrike oplosmiddel in sy eie reg, tipies vir skoonmaakdoeleindes in die laboratorium. In 2010 is ongeveer 6.7 miljoen ton wêreldwyd geproduseer,[6] hoofsaaklik vir gebruik as 'n oplosmiddel en die produksie van metielmetakrilaat en bisfenol A.[7][8] Dit is 'n algemene boublok in die organiese chemie. Bekende alledaagse gebruike van asetoon is as naellakverwyderaar en verfverdunner.

Asetoon word deur die menslike liggaam geproduseer en uitgeskei deur middel van normale metaboliese prosesse. Dit is algemeen teenwoordig in die bloed en urine. Mense wat aan diabetes (suikersiekte) lei, vervaardig dit in groter hoeveelhede. Swanger vroue, borsvoedende moeders en kinders toon hoër vlakke van asetoon.[9] 'n Ketogeniese dieet, wat asetoonvlakke verhoog in die liggaam, word gebruik om epileptiese aanvalle in babas en kinders te verminder.

Sien ook

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.