Pussy Riot

Pussy Riot is 'n Russiese, feministiese en musikale protesgroep in Moskou wat gewild geword het danksy hulle uitlokkende punk rock, wat later in 'n toegankliker musiekstyl verander het. Die groep is in Augustus 2011 gestig en het toe altesaam 11 vrouelede gehad.[1]

Pussy Riot
Lede van die groep in Januarie 2012.
Agtergrondinligting
OorsprongMoskou, Rusland
Genres
  • Protest music
  • pop
  • punk rock (vroeër)
  • hardcore punk (vroeër)
Beroep(e)Musikante
Jare aktief2011-tans
Webwerfpussy-riot.livejournal.com

Die groep het ongemagtigde, uitlokkende guerrilla gigs (konserte op 'n ongewone plek of in 'n ongewone vorm) op openbare plekke uitgevoer. Dié optredes is dan as musiekvideo's verfilm en op die internet geplaas.[2] Die groep se liriektemas sluit in feminisme; LGBT-regte; teenstand teen die Russiese president, Wladimir Poetin, en sy beleide;[3] en Poetin se bande met die leiers van die Russies-Ortodokse Kerk.[4]

Hofsaak en reaksie

Die groep het intenasionaal bekendheid verwerf toe vyf lede op 21 Februarie 2012 'n vertoning in Moskou se Katedraal van Christus die Verlosser hou.[5][6]

Geestelikes van die Russies-Ortodokse Kerk het gesê die groep se optrede is godslasterlik en dit is eindelik deur die kerk se veiligheidsbeamptes stogesit. Volgens die vroue was hulle protes gerig teen die leiers van die kerk wat Poetin ondersteun het gedurende sy verkiesingsveldtog. Op 3 Maart 2012 is twee van die groepslede, Nadezhda Tolokonnikova en Maria Alyokhina, gearresteer en aangekla van vandalisme. 'n Derde lid, Yekaterina Samutsevich, is op 16 Maart in hegtenis geneem.

Die drie is borgtog geweier en aangehou tot met hulle verhoor, wat laat in Julie begin het. Op 17 Augustus 2012 is Alyokhina, Samutsevich en Tolokonnikova al drie skuldig bvind aan "vandalisme wat deur godsdienshaat aangewakker is". Hulle is elk tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis.[7][8] Op 10 Oktober, ná 'n appèl, is Samutsevich op borgtog vrygelaat en haar vonnis opgeskort. Die ander twee se vonnisse het staande gebly.[9]

Die verhoor en strawwe het aansienlike aandag gekry en kritiek ontlok,[10] veral in die Weste. Die saak het aandag gekry van menseregtegroepe, onder meer Amnestie Internasionaal, wat die vroue as gewetensgevangenes bestempel het,[11] en van verskeie bekende vermaakkunstenaars.[12] Die openbare mening in Rusland was oor die algemeen minder ten gunste van die groepslede.[13][14]

Nadat hulle 21 maande van hulle vonisse uitgedien het, is Tolokonnikova en Alyokhina op 23 Desember 2013 vrygelaat, nadat die staatsdoema 'n amnestie goedgekeur het.[15]

In Februarie 2014 is in 'n anonieme verklaring namens sommige lede van Pussy Riot beweer Alyokhina en Tolokonnikova is nie meer lede van die groep nie.[16] Albei was egter deel van die groep tydens die Olimpiese Winterspele 2014 in Sotsji, waar groepslede met swepe en pepersproei aangeval is deur Kosakke wat as veiligheidsbeamptes in diens geneem is.[17]

Op 6 Maart 2014 is Tolokonnikova en Alyokhina deur plaaslike jeudiges in Nizjni Nowgorod met 'n groen kleurstof aangeval.[18]

Nadezhda Tolokonnikova
Yekaterina Samutsevich
Maria Alyokhina
Die drie lede van Pussy Riot by hulle hofverhoor.

Verwysings

Skakels