Burj Khalifa

wolkekrabber in Doebai

Die Burj Khalifa[1] voorheen bekend as die Burj Dubai, is 'n wolkekrabber in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate en die hoogste mensgemaakte struktuur wat ooit gebou is met 'n hoogte van 828 m.[1] Konstruksie het op 21 September 2004 begin en die buitekant van die struktuur is op 1 Oktober 2009 voltooi. Die gebou is amptelik op 4 Januarie 2010 geopen.[2][3]

Die Burj Khalifa in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate
Die Burj Khalifa in vergelyking met ander Wolkekrabbers

Die firma Skidmore, Owings and Merrill van Chicago was verantwoordelik vir die argitektuur. Die argitek, Adrian Smith wat tot en met 2006 vir die firma gewerk het was die hoofargitek en Bill Baker was die projek se hoofingenieur.[4][5] Die hoofkontrakteur vir die projek was Samsung C&T van Suid-Korea, wat ook die Taipei 101 en Petronas-torings gebou het.[6]

Die totale koste van die Burj Khalifa projek was ongeveer VSA $1.5 miljard.[7]

Verwysings

Eksterne skakels

55°16′26.8″O / 25.197139°N 55.274111°O / 25.197139; 55.274111