Christchurch-aanval van 2019

2019 terroris-aanval in Nieu-Seeland

Die Christchurch-aanval van 2019 het by die Al Noor-moskee en die Linwood Islamitiese sentrum in Christchurch, Nieu-Seeland plaasgevind.[1] Die aanval het om 13:40 op 15 Maart 2019 NZDT (00:40 UTC) tydens die gebruiklike Vrydaggebed begin. 51 mense is in die skietaanval dood.[2][3][4] Die polisie het twee motorbomme opgespoor en onskadelik gestel.[5]

Al Noor-moskee

Die voorval is die eerste massaskietvoorval in Nieu-Seeland sedert die Raurimu-slagting van 1997 en is deur die Nieu-Seelandse premier Jacinda Ardern, Australiese premier Scott Morrison en VK-premier Theresa May as 'n terroriste-aanval bestempel. Die aanvaller het as 'n eensame wolf-terroris opgetree.

Brenton Tarrant, 'n 28-jarige Australiese man, wat in mediaberigte as 'n aanhanger van wit meerderwaardigheid beskryf word, is gearresteer en is aanvanklik van een moord aangekla.[6][7][8][9] Tarrant is later aangekla van 51 moorde, 40 gevalle van poging tot moord en die pleeg van 'n terroriste-daad.[10] Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte, met die verhoor wat na verwagting in Junie 2020 sal begin.

Die aanvalle is gekoppel aan 'n toename in wit meerderwaardigheid[11][12] en die regse ekstremisme wêreldwyd wat sedert ongeveer 2015 waargeneem is.[13][14] Politici en wêreldleiers het die aanvalle veroordeel[15], en eerste minister Jacinda Ardern het dit beskryf as 'een van Nieu-Seeland se donkerste dae'.[16] Die regering het 'n koninklike kommissie van ondersoek ingestel na die veiligheidsagentskappe ná die aanvalle, wat die dodelikste massaskietery in die moderne geskiedenis van Nieu-Seeland was.[17][18]

Verwysings

172°36′42″O / 43.5329°S 172.6118°O / -43.5329; 172.6118