Dakar-tydren

Die Dakar-tydren (voorheen bekend as die Parys-Dakar-tydren) is 'n jaarlikse tydren wat deur die Amaury Sport Organisation georganiseer word. Die tydren is oop vir amateur- en professionele jaers, maar amateurs maak gewoonlik tot 80% van jaers uit.

Trofee waarom meegeding word
'n Ondersteuningsvoertuig tydens die 2004-Dakar
Spore in die woestyn van Mauritanië
Lande waardeur die tydren al in Afrika plaasgevind het (oranje is daardie state wat slegs in die 1992 tydren na Kaapstad besoek is)
Die skofte van die Lissabon–Dakar 2007
Die skofte van die Mar del Plata–Copiapó–Lima 2012
Lande waardeur die tydren tussen 2009 en 2019 gejaag is, nadat dit verskuif is vanaf die vorige roete Parys-Dakar as gevolg van kommer oor veiligheid. Stede sluit in begin- en eindpunte.
Nissan Navara, Lissabon-Dakar 2006
Russiese KAMAZ – elfmalige wenner van die Dakar
Unimog U400L n.541 op die tweede skof van die Lissabon-Dakar 2006-tydren
Dakar-tydren: Wrak van die DAF FAV3600 95X2 TurboTwin wat op 9 Januarie 1988 verongeluk het in die Ténéré-kuswoestyn in die noorde van Niger, en waarin navigator Kees van Loevezijn gesterf het.

Die Dakar kan eerder as 'n uithourit beskou word as 'n tradisionele tydren, aangesien die landskap waaroor deelnemers jaag baie veeleisender is, terwyl die voertuie eerder ware veldvoertuie is as gemodifiseerde sedans wat in gewone veldwedrenne gebruik word. Behalwe gewone veldwerk wat die voertuie moet verrig, is bykomstige hindernisse die oorsteek van sandduine, modder, kameelgras, rotse, ensovoorts. Afstande per dag kan ook tot 'n hele paar honderd kilometers wees, wat uiterste uithouvermoë verg.

Geskiedenis en roete

Die tydren het ontstaan in 1978, 'n jaar nadat 'n jaer, Thierry Sabine, in die woestyn verdwaal het, en gedink het dit is die ideale plek vir 'n jaarlikse uithourit. Aanvanklik het die wedren jaarliks in Parys, Frankryk, begin en in Dakar, Senegal, geëindig. As gevolg van politieke en ander faktore het die begin en eindpunt egter later verskil van die oorspronklike. In die Afrika-era was die eindpunt met die uitsondering van vier tydrenne in Dakar, maar Parys was nét die beginpunt tot in 1995. Tussen 2009 en 2019 is die Dakar-tydren in Suid-Amerika aangebied. Sedert 2020 vind dit in Saoedi-Arabië plaas.

Volledige lys van vorige roetes

Die tydren het voorheen (tot 2007) gewoonlik deur Marokko, Wes-Sahara en daarna na die graslande en woestyne in Mauritanië gegaan. Die gedeeltes deur Atar en die sandduine en canyons van Mauritanië se Adrar-streek was beskou as die mees uitdagende van alle veldtydrenne.

In 1992 het Hubert Auriol die Dakar in 'n sedanvoertuig gewen nadat hy voorheen die motorfietsafdeling van die kompetisie twee keer gewen het. Dit het hom die eerste jaer gemaak wat in beide die tweewiel- en vierwielafdelings geseëvier het.

Die 2008 Dakar-tydren is op 4 Januarie 2008 jammerlik gekanselleer, te midde van vrese oor moontlike terrorisaanvalle in die Sahara. Dit het bygedra tot gerugte deur koerante dat dit die einde van die tydren voorspel. Chili en Argentinië het hulle landgebied aangebied om die ren te huisves, asook Tsjeggië.

Tussen 2009 en 2019 is die Dakar-tydren jaarliks in Suid-Amerika gehou. Sedert 2020 word die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië gehou.

Voertuie en klasse

Die drie vernaamste kompetisieklasse in die Dakar-tydren is motorfietse, sedan motorvoertuie (enige iets van strand-knortjorre ("beach buggies") tot vragmotors) en groot vragmotors. Baie voertuigvervaardigers gebruik die uiterste omstandighede van die tydren om voertuie te toets en die uithouvermoë van hul voertuie ten toon te stel.

Oorspronklik het Europese veeldoeligheidsvoertuie soos die Land Rover, die Range Rover, die Mercedes-Benz G, en die Pinzgauer, sowel as die Japannese Toyota Land Cruiser, die tydren oorheers. Ander vervaardigers het gemodifiseerde stadsvoertuie soos die Rolls-Royce, Citroën, Peugeot (405 T16 en 205 T16) en selfs Porsche ingeskryf.

In 2002 was voorbeelde van die sedan-motorvoertuigklas die Mitsubishi Pajero/Montero, die Volkswagen Touareg, en die Nissan Navara. Mercedes-Benz M-klas, BMW X5 en BMW X3, Hummer H1 en Hummer H3 sportveeldoeligheidsvoertuie was ook teenwoordig, maar het nie in die wennersposisies gespog nie. Jean-Louis Schlesser het 'n reeks strandknortjorre gebou vir die tydren wat heelwat wenners opgelewer het. Amerikaanse "Baja" styl vragmotors het ook hul verskyning gemaak, maar selde gewen.

Vragmotors (T4 "Camions" of "Lorries") sluit in Tatra, LIAZ, Kamaz, Hino, MAN, DAF, PERLINI, Mercedes-Benz Unimog, Renault Kerax, SCANIA, IVECO en GINAF. In die 1980's was daar sterk kompetisie tussen DAF en Mercedes-Benz, wat gelei het tot voertuie met twee enjins wat meer as 1000 perdekrag (hp) (750 kW) uitgestoot het. Later het Tatra, Perlini en Kamaz tot die tydren toegetree.

KTM is die mees populêre en meestal die wenmotorfiets. Die grootste mededingers in die motorvoertuigklas is MINI, Volkswagen, Mitsubishi en Nissan, en in die motorfietsklas Yamaha en KTM. Na 2000 het hernude kompetisie begin in die vragmotorklas tussen DAF, Tatra, Mercedes-Benz en Kamaz.

Insidente

In 1982 het Mark Thatcher, seun van die destydse Britse eerste minister Margaret Thatcher, en sy Franse medebestuurder, Charlotte Verney en 'n meganikus, vir ses dae verdwyn. Die drietal het op 9 Januarie herstelwerk aangebring en toe die verkeerde pad verder gevolg. 'n Algeriese militêre vliegtuig het hulle wit Peugeot 504 50 km van koers af gevind.

In 1986 het die organiseerder van die tydren, Thierry Sabine, dood verongeluk in 'n helikopterongeluk.

Ses mense, drie deelnemers en drie plaaslike inwoners, is dood tydens die 1988-wedren. Dit sluit in 'n 10-jarige kind van Mali wat die pad oorgesteek het, en 'n kameraspan wat 'n ma-en-dogter in Mauritanië doodgery het.

In 2005 is vyf mense, insluitende twee renjaers dood in die tydren, terwyl 'n Suid-Afrikaner, Elmar Symons, 'n motorfietsjaer in die 2007-tydren, oorlede is.

Kritiek

Die tydren het reeds kritiek uit verskeie oorde ontvang, meestal as gevolg van die impak van die tydren op die plaaslike bevolkings waardeur gejaag word. Die feit dat Wes-Sahara 'n deurgangspunt is sonder dat die Polisario Front (die aanvaarde verteenwoordiger van die Sahrawis-inwoners in Wes-Sahara wat deur Marokko beset word) se mening ingewin is, was nog 'n punt van kritiek. Na hierdie kritiek het die organiseerders van die ren sedert 2000 die Polisario Front se toestemming verkry.

Die Vatikaan, Afrika-menseregtegroepe en die Groen Party in Frankryk het ook al beswaar aangeteken teen die tydren weens verskeie redes. Plaaslike gemeenskappe kla dat hulle min voordeel uit die tydren trek, aangesien die deelnemers min geld op plaaslike goedere spandeer, maar mense en diere baie keer sterf in die jaers se pad.

Lys van wenners

JaarRoeteMotorsMotorfietseVragmotorsVierwielmotorfietseUTV's
Bestuurder
Medebestuurder
VervaardigerBestuurderVervaardigerBestuurder
Medebestuurder
VervaardigerBestuurderVervaardigerBestuurder
Medebestuurder
Vervaardiger
2024Al-'Ula–
Yanbu
Carlos Sainz
Lucas Cruz
Audi RS Q e-tron Ricky BrabecHonda CRF 450 Rally Martin Macík
František Tomášek
David Švanda
Iveco PowerStar Manuel AndújarYamaha Raptor 700R Xavier de Soultrait
Martin Bonnet
Polaris RZR Pro R
2023Yanbu–
Dammam
Nasser Al-Attiyah
Mathieu Baumel
Toyota GR DKR Hilux Kevin BenavidesKTM 450 Rally Janus van Kasteren
Darek Rodewald
Marcel Snijders
Iveco PowerStar Alexandre GiroudYamaha Raptor 700R Eryk Goczał
Oriol Mena
Can-Am XRS
2022Ḥail–
Djedda
Nasser Al-Attiyah
Mathieu Baumel
Toyota GR DKR Hilux Sam SunderlandGas Gas 450 Rally Dmitri Sotnikof
Ruslan Amchmadeef
Ilgiz Achmetzianof
Kamaz 435091 Alexandre GiroudYamaha Raptor 700R Austin Jones
Gustavo Gugelmin
Can-Am XRS
2021Djedda
Ḥail
Stéphane Peterhansel
Édouard Boulanger
Mini John Cooper Works Buggy Kevin BenavidesHonda CRF 450 Rally Dmitri Sotnikof
Ruslan Amchmadeef
Ilgiz Achmetzianof
Kamaz 43509 Manuel AndújarYamaha Raptor 700R Francisco López Contardo
Juan Pablo Latrach Vinagre
Can-Am
2020Djedda
Riaad
Al-Qiddiya
Carlos Sainz
Lucas Cruz
Mini John Cooper Works Buggy Ricky BrabecHonda CRF 450 Rally Andrej Karginof
Andrej Mokeef
Igor Leonof
Kamaz 43509 Ignacio CasaleYamaha Raptor 700R Casey Currie
Sean Berriman
Can-Am Maverick
2019Lima
Lima
Nasser Al-Attiyah
Matthieu Baumel
Toyota Hilux Dakar Toby PriceKTM 450 Rally Eduard Nikolaef
Jefgeni Jakowlef
Wladimir Rybakof
Kamaz 43509 Nicolas CavigliassoYamaha Raptor 700R Francisco López Contardo
Alvaro Quintanilla
Can-Am
2018Lima
La Paz
Córdoba
Carlos Sainz
Lucas Cruz
Peugeot 3008 DKR Maxi Matthias WalknerKTM 450 Rally Replica Eduard Nikolaef
Jefgeni Jakowlef
Wladimir Rybakof
Kamaz 4326 Ignacio CasaleYamaha Raptor 700 Reinaldo Varela
Gustavo Gugelmin
Can-Am
2017Asunción
La Paz
Buenos Aires
Stéphane Peterhansel
Jean-Paul Cottret
Peugeot 3008 DKR Sam SunderlandKTM 450 Rally Eduard Nikolaef
Jefgeni Jakowlef
Wladimir Rybakof
Kamaz 4326 Sergej KaryakinYamaha Raptor 700 Leandro Torres
Lourival Roldan
Polaris RZR 1000 XP
2016Buenos Aires
Salta-
Rosario
Stéphane Peterhansel
Jean-Paul Cottret
Peugeot 2008 DKR Toby PriceKTM 450 Rally Gerard de Rooy
Moises Torrallardona
Darek Rodewald
Iveco PowerStar Marcos PatronelliYamahanie gehou nie
2015Buenos Aires
Iquique-
Buenos Aires
Nasser Al-Attiyah
Matthieu Baumel
Mini All 4 Racing Marc ComaKTM 450 Rally Ayrat Mardeef
Aydar Belyaef
Dmitriy Swistunof
Kamaz Rafał SonikYamaha
2014Rosario-
Salta
Valparaíso
Nani Roma
Michel Périn
Mini All 4 Racing Marc ComaKTM 450 Rally Andrey Karginof
Andrey Mokeef
Igor Devyatkin
Kamaz Ignacio CasaleYamaha
2013Lima
Tucumán–
Santiago de Chile
Stéphane Peterhansel
Jean-Paul Cottret
Mini All 4 Racing Cyril DespresKTM 450 Rally Eduard Nikolaef
Sergey Sawostin
Wladimir Rybakof
Kamaz Marcos PatronelliYamaha
2012Mar del Plata
Arica
Lima
Stéphane Peterhansel
Jean-Paul Cottret
Mini All 4 Racing Cyril DespresKTM 450 Rally Gérard de Rooy
Tom Colsoul
Darek Rodewald
Iveco PowerStar Alejandro PatronelliYamaha Raptor 700
2011Buenos Aires–
Arica–
Buenos Aires
Nasser Al-Attiyah
Timo Gottschalk
Volkswagen Touareg 3 Marc ComaKTM 450 Rally Wladimir Chagin
Sergey Sawostin
Ildar Sjaysultanof
Kamaz Alejandro PatronelliYamaha
2010Buenos Aires–
Antofagasta
Buenos Aires
Carlos Sainz
Lucas Cruz
Volkswagen Touareg 2 Cyril DespresKTM 690 Rally Wladimir Chagin
Sergej Sawostin
Eduard Nikolaef
Kamaz Marcos PatronelliYamaha
2009Buenos Aires–
Valparaiso–
Buenos Aires
Giniel de Villiers
Dirk von Zitzewitz
Volkswagen Touareg 2 Marc ComaKTM 690 Rally Firdaus Kabirof
Aydar Belyaef
Andrey Mokeef
Kamaz Josef MacháčekYamaha
2008gekanselleer
2007LissabonDakar Stéphane Peterhansel
Jean-Paul Cottret
Mitsubishi Pajero Cyril DespresKTM 690 Rally Hans Stacey
Charly Gotlib
Bernard der Kinderen
MAN TGAnie gehou nienie gehou nie
2006Lissabon–Dakar Luc Alphand
Gilles Picard
Mitsubishi Pajero Marc ComaKTM LC4 660R Wladimir Chagin
Semen Jakubof
Sergej Sawostin
Kamaz
2005Barcelona–Dakar Stéphane Peterhansel
Jean-Paul Cottret
Mitsubishi Pajero Cyril DespresKTM LC4 660R Firdaus Kabirof
Aydar Beljaef
Andrey Mokeef
Kamaz
2004Clermont-Ferrand
Dakar
Stéphane Peterhansel
Jean-Paul Cottret
Mitsubishi Pajero Nani RomaKTM LC4 660R Wladimir Chagin
Semen Jakubof
Sergej Sawostin
Kamaz
2003Marseille
Sharm el Sheikh
Hiroshi Masuoka
Andreas Schulz
Mitsubishi Pajero Richard SainctKTM LC4 660R Wladimir Chagin
Semen Jakubof
Sergej Sawostin
Kamaz
2002ArrasMadrid
Dakar
Hiroshi Masuoka
Pascal Maimon
Mitsubishi Pajero Fabrizio MeoniKTM LC8 950R Wladimir Chagin
Semen Jakubof
Sergej Sawostin
Kamaz
2001Parys–Dakar Jutta Kleinschmidt
Andreas Schulz
Mitsubishi Pajero Fabrizio MeoniKTM LC4 660R Karel Loprais
Josef Kalina
Petr Hamerla
Tatra 815
2000Parys–Dakar–Kaïro Jean-Louis Schlesser
Henri Magne
Schlesser-Renault Buggy Richard SainctBMW F650RR Wladimir Chagin
Semen Jakubof
Sergej Sawostin
Kamaz
1999Granada–Dakar Jean-Louis Schlesser
Philippe Monnet
Schlesser-Renault Buggy Richard SainctBMW F650RR Karel Loprais
Radomir Stachura
Josef Kalina
Tatra 815
1998Parys–Granada–
Dakar
Jean-Pierre Fontenay
Gilles Picard
Mitsubishi Pajero Stéphane PeterhanselYamaha YZE850T Karel Loprais
Radomir Stachura
Jan Cermak
Tatra 815
1997Dakar–Agades–
Dakar
Kenjiro Shinozuka
Henri Magne
Mitsubishi Pajero Stéphane PeterhanselYamaha YZE850T Peter Reif
Johann Deinhofer
Hino
1996Granada–Dakar Pierre Lartigue
Michel Périn
Citroën ZX Edi OrioliYamaha YZE850T Wiktor Moskowskikh
Anatoli Kouzmine
Nail Bagawetdinof
Kamaz
1995Granada–Dakar Pierre Lartigue
Michel Périn
Citroën ZX Stéphane PeterhanselYamaha YZE850T Karel Loprais
Radomir Stachura
Tomas Tomecek
Tatra 815
1994Parys–Dakar–Parys Pierre Lartigue
Michel Périn
Citroën ZX Edi OrioliCagiva Elefant 900 Karel Loprais
Radomir Stachura
Josef Kalina
Tatra 815
1993Parys–Dakar Bruno Saby
Dominique Serieys
Mitsubishi Pajero Stéphane PeterhanselYamaha YZE850T Francesco Perlini
Giorgio Albiero
Claudio Vinante
Perlini
1992Parys–Sirte
Kaapstad
Hubert Auriol
Philippe Monnet
Mitsubishi Pajero Stéphane PeterhanselYamaha YZE850T Francesco Perlini
Giorgio Albiero
Claudio Vinante
Perlini
1991Parys–Tripoli
Dakar
Ari Vatanen
Bruno Berglund
Citroën ZX Stéphane PeterhanselYamaha YZE750T Jacques Houssat
Thierry de Saulieu
Danilo Bottaro
Perlini
1990Parys–Tripoli–
Dakar
Ari Vatanen
Bruno Berglund
Peugeot 405 T16 Edi OrioliCagiva Elefant 900 Giorgio Villa
Giorgio Delfino
Claudio Vinante
Perlini
1989Parys–Tunis–Dakar Ari Vatanen
Bruno Berglund
Peugeot 405 T16 Gilles LalayHonda NXR800Vnie gehou nie
1988Parys–Algiers–Dakar Juha Kankkunen
Juha Piironen
Peugeot 205 T16 Edi OrioliHonda NXR800V Karel Loprais
Radomir Stachura
Tomas Muck
Tatra 815
1987Parys–Algiers–Dakar Ari Vatanen
Bernard Giroux
Peugeot 205 T16 Cyril NeveuHonda NXR750V Jan de Rooy
Yvo Geusens
Theo van de Rijt
DAF
1986Parys–Algiers–Dakar René Metge
Dominique Lemoyne
Porsche 959 Cyril NeveuHonda NXR750V Giacomo Vismara
Giulio Minelli
Mercedes-Benz
1985Parys–Algiers–Dakar Patrick Zaniroli
Jean Da Silva
Mitsubishi Pajero Gaston RahierBMW R100GS Karl-Friedrich Capito
Jost Capito
Klaus Schweikarl
Mercedes-Benz 1936 AK
1984Parys–Algiers–Dakar René Metge
Dominique Lemoyne
Porsche 911 (953) Gaston RahierBMW R100GS Pierre Laleu
Daniel Durce
Patrick Venturini
Mercedes-Benz 1936 AK
1983Parys–Algiers–Dakar Jacky Ickx
Claude Brasseur
Mercedes 280 G Hubert AuriolBMW R100GS Georges Groine
Thierry de Saulieu
Bernard Malferiol
Mercedes-Benz 1936 AK
1982Parys–Algiers–Dakar Claude Marreau
Bernard Marreau
Renault 20 Cyril NeveuHonda XR550 Georges Groine
Thierry de Saulieu
Bernard Malferiol
Mercedes-Benz U 1700L
1981Parys–Dakar René Metge
Bernard Giroux
Range Rover Hubert AuriolBMW R80G/S Adrien Villette
Henri Gabrelle
Alain Voillereau
ALM/ACMAT
1980Parys–Dakar Freddy Kottulinsky
Gerd Löffelmann
Volkswagen Iltis Cyril NeveuYamaha XT500 Zohra Ataouat
Hadj Daou Boukrif
Mahiedine Kaloua
Sonacome
1979Parys–Dakar Alain Génestier
Joseph Terbiaut
Jean Lemordant
Range Rover Cyril NeveuYamaha XT500 Jean-François Dunac
Jean-Pierre Chapel
François Beau
Pinzgauer

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.