FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950

Die vierde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Portugees: IV Campeonato Mundial de Futebol – Brasil, [ˈkwaʁtu kɐ̃pjoˈnatu mũdʒiˈaw dʒi ˌfutʃiˈbɔw]; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 24 Junie tot 16 Julie 1950 in Brasilië aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Brasilië aangebied is en die tweede in Suid-Amerika. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog vyf jaar vroeër, nadat die toernooie van 1942 en 1946 weens die wêreldwye oorlog gekanselleer is. Die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 is twaalf jaar vroeër in Frankryk beslis.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
IV Campeonato Mundial de Futebol – Brasil
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Brasilië Brasilië
Datums 24 Junie – 16 Julie
Spanne 16 (van 3 konfederasies)
Stadions (in 6 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Uruguay Uruguay (2 titels)
Tweede plek Vlag van Brasilië Brasilië
Derde plek Vlag van Swede Swede
Vierde plek Vlag van Spanje Spanje
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 22
Doele 88 (4 per wedstryd)
Bywoning 1 043 500 (47 432 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Brasilië Ademir (8 doele)[1]
Beste speler Vlag van Brasilië Zizinho
1938
1954
Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die beste span van elke groep na die finale rondte deurgedring het. Brasilië, Spanje, Swede en Uruguay het hul onderskeidelike groepe gewen en na die finale groep deurgedring. Dit was die enigste toernooi wat nie deur ’n enkele eindwedstryd beslis is nie en die beste span van die finale groepfase het die Jules Rimet-trofee verower. Uruguay het die trofee gewen nadat hulle Brasilië met 2–1 in die laaste wedstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Swede het in die derde en Spanje in die vierde plek geëindig.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Beide Duitsland en Japan is nie toegelaat om aan die kwalifisering deel te neem nie. Verskeie ander lande soos Hongarye, die Sowjetunie en Tsjeggo-Slowakye wou nie aan die kwalifisering deelneem nie, terwyl België en Oostenryk in Europa; Burma, Filippyne en Indonesië in Asië; Argentinië, Ecuador en Peru in Suid-Amerika hulleself aan die kwalifisering onttrek het. Indië, Skotland en Turkye het ná hul suksesvolle kwalifisering aan die toernooi onttrek. Die nasionale sokkerspan van Engeland het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem, nadat die vier Britse nasionale sokkerbeheerliggame vier jaar vroeër by FIFA heraangesluit het.

Toewysing

Brasilië is op 26 Julie 1946 in Luxemburg deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950; gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 aan Switserland toegeken. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Dié Sokker-Wêreldbekertoernooi is oorspronklik vir 1949 beplan, maar dit is om organisatoriese redes na 1950 verskuif.[2]

Kwalifisering

Die gasheer Brasilië en die verdedigende kampioen Italië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is sewe vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, ses vir die Amerikas en een vir Asië.

Die twee Spilmoondhede Duitsland en Japan is weens hul oorlogsmisdade tydens die Tweede Wêreldoorlog onder internasionale sanksies geplaas en hulle is nie toegelaat om aan die kwalifisering deel te neem nie. Hul gedeeltelik gedwonge bondgenote en die geannekseerde Oostenryk kon wél aan die kwalifisering deelneem.

Die Britse nasies is ná hul heraansluiting by FIFA vier jaar vroeër genooi om aan die toernooi deel te neem en die 1949–50 Britse Tuiskampioenskap het as kwalifisering gedien, waartydens Engeland eerste en Skotland tweede geëindig het. Skotland wou egter net deelneem nadat hulle dié kampioenskap gewen het en hulle het dus hulself onttrek.

Verskeie nasies anderkant die Ystergordyn soos Hongarye, die Sowjetunie en Tsjeggo-Slowakye het geweier om aan die kwalifisering deel te neem.

Die Suid-Amerikaanse lande Argentinië, Ecuador en Peru het ná die loting vir die kwalifiseringsgroepe hulleself onttrek, waardeur Bolivië, Chili, Paraguay en Uruguay sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. Die Asiatiese lande Burma, Filippyne en Indonesië het hulleself aan die kwalifisering onttrek, waardeur Indië sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. In Europa het België en Oostenryk hulleself aan die kwalifisering onttrek, waardeur Switserland en Turkye sonder afsluiting van hul finale rondte van wedstryde gekwalifiseer het.[3][4]

Kwalifiserende spanne

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[5]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land is deur FIFA verban en nie toegelaat om aan kwalifisering deel te neem nie

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

   Land het gekwalifiseer, maar homself later onttrek

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 Bolivië2de11930Groepfase (1930)
 Brasilië4de41938Derde plek (1938)
 Chili2de11930Groepfase (1930)
 Engeland1ste1Debuut
 Indië1ste1Debuut
 Italië3de31938Kampioen (1934, 1938)
 Joego-Slawië2de11930Vierde plek (1930)
 Meksiko2de11930Groepfase (1930)
 Paraguay2de11930Groepfase (1930)
 Skotland1ste1Debuut
 Spanje2de11934Kwarteindrondte (1934)
 Swede3de31938Vierde plek (1938)
 Switserland3de31938Kwarteindrondte (1934, 1938)
 Turkye1ste1Debuut
 Uruguay2de11930Kampioen (1930)
 Verenigde State3de11934Derde plek (1930)

Ná hul suksesvolle kwalifisering het Skotland en Turkye hulleself onttrek. Die in die kwalifisering uitgeskakelde lande Frankryk, Portugal en die Republiek Ierland is deur FIFA genooi om die leë plekke in te neem, maar net Frankryk het dit aanvaar. Ná die loting van die groepfase het Frankryk en Indië hulleself onttrek, maar daar was nie genoeg tyd om ander spanne te nooi nie, waarvolgens die derde groep uit drie spanne en die vierde groep net uit twee spanne bestaan het.[6]

Stadions

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Rio de JaneiroSão PauloBelo Horizonte
Estádio do MaracanãEstádio do PacaembuEstádio Sete de Setembro
22°54′43.8″S 43°13′48.59″W / 22.912167°S 43.2301639°W / -22.912167; -43.2301639 (Estádio do Maracanã)23°32′55.1″S 46°39′54.4″W / 23.548639°S 46.665111°W / -23.548639; -46.665111 (Estádio do Pacaembu)19°54′30″S 43°55′4″W / 19.90833°S 43.91778°W / -19.90833; -43.91778 (Estádio Independência)
Kapasiteit: 199 854Kapasiteit: 60 000Kapasiteit: 30 000
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 (Brasilië)
CuritibaPorto AlegreRecife
Estádio Durival de BrittoEstádio dos EucaliptosEstádio Ilha do Retiro
25°26′22″S 49°15′21″W / 25.43944°S 49.25583°W / -25.43944; -49.25583 (Estádio Vila Capanema)30°3′42″S 51°13′38″W / 30.06167°S 51.22722°W / -30.06167; -51.22722 (Estádio dos Eucaliptos)8°3′46.63″S 34°54′10.73″W / 8.0629528°S 34.9029806°W / -8.0629528; -34.9029806 (Estádio Ilha do Retiro)
Kapasiteit: 10 000Kapasiteit: 20 000Kapasiteit: 10 000

Formaat

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 is oor 23 dae tussen 16 verskillende nasies oor 22 wedstryde uitgespeel. Dit het op 24 Junie 1950 op die Estádio do Maracanã in Rio de Janeiro met ’n wedstryd tussen die gasheer Brasilië en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 16 Julie met die laaste en beslissende wedstryd tussen Uruguay en Brasilië, waartydens Uruguay die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[7]

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n siaan blokkie op die finale rondte.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie/Julie
Sa
24
So
25
Ma
26
Di
27
Wo
28
Do
29
Vr
30
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Groep 111211
Groep 2222
Groep 3111
Groep 41
Finale rondte
Julie
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
9
Ma
10
Di
11
Wo
12
Do
13
Vr
14
Sa
15
So
16
Finale rondte222
Legende

   Groepfase

   Finale rondte

Groepfase

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van óf drie óf vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die derde/vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die boonste span wat na die finale rondte deurgedring het.

Finale rondte

Die finale rondte het uit een groep met vier spanne bestaan, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne gespeel het. Die span wat in die finale rondte die meeste wedstrydpunte versamel het, het die toernooi en daarmee die Jules-Rimet-trofee gewen.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die finale rondte.
Uit die toernooi geskakel.

Groepfase

Die Maracanã-stadion net voor die afskop van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950

13 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste span in elke groep het na die finale rondte deurgedring. Die loting is op 22 Mei 1950 in die Departement van Buitelandse Sake in Rio de Janeiro gehou.

Groep 1

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië321082+65
 Joego-Slawië320173+44
 Switserland311146–23
 Meksiko3003210–80

24 Junie 1950
15:00
 Brasilië4–0  MeksikoEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 82 000
Skeidsregter: George Reader (Engeland)
Ademir 30', 79'
Jair 65'
Baltazar 71'
Verslag

25 Junie 1950
18:00
 Joego-Slawië3–0  SwitserlandEstádio Independência, Belo Horizonte
Toeskouers: 7 500
Skeidsregter: Giovanni Galeati (Italië)
Mitić 59'
Tomašević 70'
Ognjanov 75'
Verslag

28 Junie 1950
15:00
 Brasilië2–2  SwitserlandEstádio do Pacaembu, São Paulo
Toeskouers: 42 000
Skeidsregter: Ramón Azon Roma (Spanje)
Alfredo 3'
Baltazar 32'
Verslag 17', 88' Fatton

28 Junie 1950
18:15
 Joego-Slawië4–1  MeksikoEstádio dos Eucaliptos, Porto Alegre
Toeskouers: 11 000
Skeidsregter: Reginald Leafe (Engeland)
Bobek 19'
Ž. Čajkovski 22', 62'
Tomašević 81'
Verslag 89' (straf) Ortiz

1 Julie 1950
15:00
 Brasilië2–0  Joego-SlawiëEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 142 000
Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis)
Ademir 4'
Zizinho 69'
Verslag

2 Julie 1950
15:40
 Switserland2–1  MeksikoEstádio dos Eucaliptos, Porto Alegre
Toeskouers: 4 000
Skeidsregter: Ivan Eklind (Swede)
Bader 10'
Antenen 44'
Verslag 89' Casarín

Groep 2

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Spanje330061+56
 Engeland310222±02
 Chili310256–12
 Verenigde State310248–42

25 Junie 1950
15:00
 Engeland2–0  ChiliEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 30 000
Skeidsregter: Karel van der Meer (Nederland)
Mortensen 27'
Mannion 51'
Verslag

25 Junie 1950
15:00
 Spanje3–1  Verenigde StateEstádio Durival de Britto, Curitiba
Toeskouers: 10 000
Skeidsregter: Mario Vianna (Brasilië)
Igoa 81'
Basora 83'
Zarra 89'
Verslag 17' Pariani

29 Junie 1950
15:00
 Spanje2–0  ChiliEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 16 000
Skeidsregter: Alberto Malcher (Brasilië)
Basora 17'
Zarra 30'
Verslag

29 Junie 1950
18:00
 Verenigde State1–0  EngelandEstádio Independência, Belo Horizonte
Toeskouers: 10 000
Skeidsregter: Generoso Dattilo (Italië)
Gaetjens 38'Verslag

2 Julie 1950
15:00
 Spanje1–0  EngelandEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 74 000
Skeidsregter: Giovanni Galeati (Italië)
Zarra 48'Verslag

2 Julie 1950
18:00
 Chili5–2  Verenigde StateEstádio Ilha do Retiro, Recife
Toeskouers: 9 000
Skeidsregter: Mario Gardelli (Brasilië)
Robledo 16'
Riera 32'
Cremaschi 54', 82'
Prieto 60'
Verslag 47' Wallace
48' (straf) Maca

Groep 3

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Swede211054+13
 Italië210143+12
 Paraguay201124–21
 Indiëonttrek

25 Junie 1950
15:00
 Swede3–2  ItaliëEstádio do Pacaembu, São Paulo
Toeskouers: 36 000
Skeidsregter: Jean Lutz (Switserland)
Jeppson 25', 68'
Andersson 33'
Verslag 7' Carapellese
75' Muccinelli

29 Junie 1950
15:30
 Swede2–2  ParaguayEstádio Durival Britto, Curitiba
Toeskouers: 8 000
Skeidsregter: Robert Mitchell (Skotland)
Sundqvist 17'
Palmér 26'
Verslag 35' López
74' López Fretes

2 Julie 1950
15:00
 Italië2–0  ParaguayEstádio do Pacaembu, São Paulo
Toeskouers: 26 000
Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland)
Carapellese 12'
Pandolfini 62'
Verslag

Groep 4

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Uruguay110080+82
 Bolivië100108–80
 Frankrykonttrek

2 Julie 1950
18:00
 Uruguay8–0  BoliviëEstádio Independência, Belo Horizonte
Toeskouers: 6 000
Skeidsregter: George Reader (Engeland)
Míguez 14', 40', 51'
Vidal 18'
Schiaffino 23', 54'
Pérez 83'
Ghiggia 87'
Verslag

Finale rondte

Alcides Ghiggia teken die wendoel vir Uruguay teen Brasilië aan
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Uruguay321075+25
 Brasilië3201144+104
 Swede3102611–52
 Spanje3012411–71

9 Julie 1950
15:00
 Uruguay2–2  SpanjeEstádio do Pacaembu, São Paulo
Toeskouers: 45 000
Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis)
Ghiggia 29'
Varela 73'
Verslag 37', 39' Basora

9 Julie 1950
15:00
 Brasilië7–1  SwedeEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 139 000
Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland)
Ademir 17', 36', 52', 58'
Chico 39', 88'
Maneca 85'
Verslag 67' (straf) Andersson

13 Julie 1950
15:00
 Brasilië6–1  SpanjeEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 153 000
Skeidsregter: Reginald Leafe (Engeland)
Parra 15' (e.d.)
Jair 21'
Chico 31', 55'
Ademir 57'
Zizinho 67'
Verslag 71' Igoa

13 Julie 1950
15:00
 Uruguay3–2  SwedeEstádio do Pacaembu, São Paulo
Toeskouers: 8 000
Skeidsregter: Giovanni Galeati (Italië)
Ghiggia 39'
Míguez 77', 85'
Verslag 5' Palmér
40' Sundqvist

16 Julie 1950
15:00
 Swede3–1  SpanjeEstádio do Pacaembu, São Paulo
Toeskouers: 11 000
Skeidsregter: Karel van der Meer (Nederland)
Sundqvist 15'
Mellberg 33'
Palmér 80'
Verslag 82' Zarra

16 Julie 1950
15:00
 Uruguay2–1  BrasiliëEstádio do Maracanã, Rio de Janeiro
Toeskouers: 200 000
Skeidsregter: George Reader (Engeland)
Schiaffino 66'
Ghiggia 79'
Verslag 47' Friaça


Sokkerwêreldkampioen 1950
 Uruguay

FIFA se terugwerkende ranglys

In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[8][9] Die ranglys vir die 1950-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Brasilië
RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  Uruguay44310155+107
2  Brasilië16411226+169
3  Swede352121115–45
4  Spanje263121012−27
In die groepfase uitgeskakel
5  Joego-Slawië1320173+44
6  Switserland1311146−23
7  Italië3210143+12
8  Engeland2310222±02
9  Chili2310256−12
10  Verenigde State2310248−42
11  Paraguay3201124−21
12  Meksiko13003210−80
13  Bolivië4100108−80

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 Ademir8
2 Óscar Míguez5
3 Estanislau Basora4
Chico4
Alcides Ghiggia4
Zarra4
7 Karl-Erik Palmér3
Juan Alberto Schiaffino3
Stig Sundqvist3
10 Sune Andersson2
Baltazar2
Željko Čajkovski2
Riccardo Carapellese2
Atilio Cremaschi2
Jacques Fatton2
Silvestre Igoa2
Jair2
Hasse Jeppson2
Kosta Tomašević2
Zizinho2
RangSpelerDoele
21 Alfredo1
Friaça1
Maneca1
Andrés Prieto1
Fernando Riera1
George Robledo1
Wilf Mannion1
Stan Mortensen1
Ermes Muccinelli1
Egisto Pandolfini1
Stjepan Bobek1
Tihomir Ognjanov1
Horacio Casarín1
Héctor Ortiz1
Atilio López1
César López Fretes1
Charles Antenen1
René Bader1
Bror Mellberg1
Julio Pérez1
Obdulio Varela1
Ernesto Vidal1
Joe Gaetjens1
Joe Maca1
Gino Pariani1
Frank Wallace1
Ademir de Menezes

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034