FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962

Die sewende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Spaans: Campeonato Mundial de Fútbol – Copa Jules Rimet Chile 1962; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 30 Mei tot 17 Junie 1962 in Chili aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Chili aangebied is en die derde in Suid-Amerika. Net twee jaar vroeër is die gasheer Chili deur die sterkste aardbewing ooit getref en daar is oorweg om dié toernooi na ’n ander land te skuif.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Campeonato Mundial de Fútbol –
Copa Jules Rimet Chile 1962

Vlae van deelnemende lande
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Chili Chili
Datums 30 Mei – 17 Junie
Spanne 16 (van 3 konfederasies)
Stadions (in 4 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (2 titels)
Tweede plek Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye
Derde plek Vlag van Chili Chili
Vierde plek Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 32
Doele 89 (2.78 per wedstryd)
Bywoning 893 172 (27 912 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Brasilië Garrincha
Vlag van Brasilië Vavá
Vlag van Chili Leonel Sánchez
Vlag van Joego-Slawië Dražan Jerković
Vlag van Hongarye Flórián Albert
Vlag van Sowjetunie Walentin Iwanof
(4 doele elk)[1]
Beste speler Vlag van Brasilië Garrincha
1958
1966
Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Die verdedigende kampioen Brasilië het die trofee gewen nadat hulle Tsjeggo-Slowakye met 3–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Brasilië het daarmee ná Italië in 1938 as tweede span daarin geslaag om sy titel suksesvol te verdedig. Die gasheer Chili het in die derde en Joego-Slawië in die vierde plek geëindig.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Bulgarye en Colombia het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysing

Chili is op 10 Junie 1956 in Lissabon deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962. Ander kandidaatlande was Argentinië en Wes-Duitsland, maar Wes-Duitsland het voor die stemming hulself onttrek. Nadat die vorige twee toernooie in Europa gehuisves is, het die sokkerverenigings van die Amerikas gedreig dat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 in Suid-Amerika moes plaasvind of deur hulle heeltemal geboikot sou word, soos die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.[2]

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962[3]
LandRondte 1
 Chili32
 Argentinië11

Kwalifisering

Die gasheer Chili en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer en drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika). Drie plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC (Asië) en UEFA, CAF (Afrika) en UEFA, asook tussen CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) en CONMEBOL beslis.

Dit was die laaste Sokker-Wêreldbekertoernooi waarvoor net nationale sokkerspanne van die Amerikas en Europa gekwalifiseer het.

Kwalifiserende spanne

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 Argentinië4de21958Naaswenner (1930)
 Brasilië7de71958Kampioen (1958)
 Bulgarye1ste1Debuut
 Chili3de11950Groepfase (1930, 1950)
 Colombia1ste1Debuut
 Engeland4de41958Kwarteindrondte (1954)
 Hongarye5de31958Naaswenner (1938, 1954)
 Italië5de11954Kampioen (1934, 1938)
 Joego-Slawië5de41958Vierde plek (1930)
 Meksiko5de41958Groepfase (1930, 1950, 1954, 1958)
 Sowjetunie2de21958Kwarteindrondte (1958)
 Spanje3de11950Vierde plek (1950)
 Switserland5de11954Kwarteindrondte (1934, 1938, 1958)
 Tsjeggo-Slowakye5de31958Naaswenner (1934)
 Uruguay4de11954Kampioen (1930, 1950)
 Wes-Duitsland5de31958Kampioen (1954)

Stadions

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Santiago de Chile
Viña del Mar
Rancagua
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 (Chili)
Viña del Mar
Estadio NacionalEstadio Sausalito
33°27′52″S 70°36′38″W / 33.46444°S 70.61056°W / -33.46444; -70.61056 (Estadio Nacional Julio Martínez Prádanos)33°00′51.83″S 71°32′6.84″W / 33.0143972°S 71.5352333°W / -33.0143972; -71.5352333 (Estadio Sausalito)
Kapasiteit: 66 660Kapasiteit: 18 037
RancaguaArica
Estadio Braden Copper Co.Estadio Carlos Dittborn
34°10′39.95″S 70°44′15.79″W / 34.1777639°S 70.7377194°W / -34.1777639; -70.7377194 (Estadio El Teniente)18°29′15.47″S 70°17′56.96″W / 18.4876306°S 70.2991556°W / -18.4876306; -70.2991556 (Estadio Carlos Dittborn)
Kapasiteit: 18 000Kapasiteit: 17 786

Formaat

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 is oor 19 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 30 Junie 1962 met vier gelyktydige wedstryde afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estadio Nacional in Santiago de Chile op 17 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Tsjeggo-Slowakye, waartydens Brasilië die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[5]

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Mei/Junie
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
So
3
Ma
4
Di
5
Wo
6
Do
7
Vr
8
Groep 1111111
Groep 2111111
Groep 3111111
Groep 4111111
Uitklopfase
Junie
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
17
Uitklopfase4211
Legende

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 18 Januarie 1962 in die Carrera Hotel in Santiago de Chile gehou.

Groepfase

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Sowjetunie321085+35
 Joego-Slawië320183+54
 Uruguay310246–22
 Colombia3012511–61

30 Mei 1962
15:00
 Uruguay2–1  ColombiaEstadio Carlos Dittborn, Arica
Toeskouers: 7 908
Skeidsregter: Andor Dorogi (Hongarye)
Cubilla 56'
Sasía 75'
Verslag 19' (straf) Zuluaga

31 Mei 1962
15:00
 Sowjetunie2–0  Joego-SlawiëEstadio Carlos Dittborn, Arica
Toeskouers: 15 000
Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland)
Iwanof 51'
Ponedelnik 83'
Verslag

2 Junie 1962
15:00
 Joego-Slawië3–1  UruguayEstadio Carlos Dittborn, Arica
Toeskouers: 8 829
Skeidsregter: Karol Galba (Tsjeggo-Slowakye)
Skoblar 25' (straf)
Galić 29'
Jerković 49'
Verslag 19' Cabrera

3 Junie 1962
15:00
 Sowjetunie4–4  ColombiaEstadio Carlos Dittborn, Arica
Toeskouers: 8 040
Skeidsregter: João Etzel Filho (Brasilië)
Iwanof 8', 11'
Tsjislenko 10'
Ponedelnik 56'
Verslag 21' Aceros
68' Coll
72' Rada
86' Klinger

6 Junie 1962
15:00
 Sowjetunie2–1  UruguayEstadio Carlos Dittborn, Arica
Toeskouers: 9 973
Skeidsregter: Cesare Jonni (Italië)
Mamjkin 38'
Iwanof 89'
Verslag 54' Sasía

7 Junie 1962
15:00
 Joego-Slawië5–0  ColombiaEstadio Carlos Dittborn, Arica
Toeskouers: 7 167
Skeidsregter: Carlos Robles (Chili)
Galić 20', 61'
Jerković 25', 87'
Melić 82'
Verslag

Groep 2

Wedstryd tussen Chili en Italië, “slag van Santiago” gedoop
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Wes-Duitsland321041+35
 Chili320153+24
 Italië311132+13
 Switserland300328–60

30 Mei 1962
15:00
 Chili3–1  SwitserlandEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 65 000
Skeidsregter: Kenneth Aston (Engeland)
Sánchez 44', 55'
Ramírez 51'
Verslag 6' Wüthrich

31 Mei 1962
15:00
 Wes-Duitsland0–0  ItaliëEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 65 440
Skeidsregter: Robert Holley Davidson (Skotland)
Verslag

2 Junie 1962
15:00
 Chili2–0  ItaliëEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 66 057
Skeidsregter: Kenneth Aston (Engeland)
Ramírez 73'
Toro 87'
Verslag

3 Junie 1962
15:00
 Wes-Duitsland2–1  SwitserlandEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 64 922
Skeidsregter: Leo Horn (Nederland)
Brülls 45'
Seeler 59'
Verslag 73' Schneiter

6 Junie 1962
15:00
 Wes-Duitsland2–0  ChiliEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 67 224
Skeidsregter: Robert Holley Davidson (Skotland)
Szymaniak 21' (straf)
Seeler 82'
Verslag

7 Junie 1962
15:00
 Italië3–0  SwitserlandEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 59 828
Skeidsregter: Nikolaj Latyshef (Sowjetunie)
Mora 1'
Bulgarelli 65', 67'
Verslag

Groep 3

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië321041+35
 Tsjeggo-Slowakye311123–13
 Meksiko310234–12
 Spanje310223–12

30 Mei 1962
15:00
 Brasilië2–0  MeksikoEstadio Sausalito, Viña del Mar
Toeskouers: 10 484
Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland)
Zagallo 56'
Pelé 73'
Verslag

31 Mei 1962
15:00
 Tsjeggo-Slowakye1–0  SpanjeEstadio Sausalito, Viña del Mar
Toeskouers: 12 700
Skeidsregter: Carl Erich Steiner (Oostenryk)
Štibrányi 80'Verslag

2 Junie 1962
15:00
 Brasilië0–0  Tsjeggo-SlowakyeEstadio Sausalito, Viña del Mar
Toeskouers: 14 903
Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk)
Verslag

3 Junie 1962
15:00
 Spanje1–0  MeksikoEstadio Sausalito, Viña del Mar
Toeskouers: 11 875
Skeidsregter: Branko Tesanić (Joego-Slawië)
Peiró 90'Verslag

6 Junie 1962
15:00
 Brasilië2–1  SpanjeEstadio Sausalito, Viña del Mar
Toeskouers: 18 715
Skeidsregter: Sergio Bustamante (Chili)
Amarildo 72', 86'Verslag 35' Adelardo

7 Junie 1962
15:00
 Meksiko3–1  Tsjeggo-SlowakyeEstadio Sausalito, Viña del Mar
Toeskouers: 10 648
Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland)
Díaz 12'
Del Águila 29'
Hernández 90' (straf)
Verslag 1' Mašek

Groep 4

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Hongarye321082+65
 Engeland311143+13
 Argentinië311123–13
 Bulgarye301217–61
  • Engeland het bo Argentinië geëindig weens doelverhouding.

30 Mei 1962
15:00
 Argentinië1–0  BulgaryeEstadio El Teniente, Rancagua
Toeskouers: 7 134
Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje)
Facundo 4'Verslag

31 Mei 1962
15:00
 Hongarye2–1  EngelandEstadio El Teniente, Rancagua
Toeskouers: 7 938
Skeidsregter: Leo Horn (Nederland)
Tichy 17'
Albert 71'
Verslag 60' (straf) Flowers

2 Junie 1962
15:00
 Engeland3–1  ArgentiniëEstadio El Teniente, Rancagua
Toeskouers: 9 794
Skeidsregter: Nikolaj Latyshef (Sowjetunie)
Flowers 17' (straf)
Charlton 42'
Greaves 67'
Verslag 81' Sanfilippo

3 Junie 1962
15:00
 Hongarye6–1  BulgaryeEstadio El Teniente, Rancagua
Toeskouers: 7 442
Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje)
Albert 1', 6', 53'
Tichy 8', 70'
Solymosi 12'
Verslag 64' Asparuhof

6 Junie 1962
15:00
 Hongarye0–0  ArgentiniëEstadio El Teniente, Rancagua
Toeskouers: 7 945
Skeidsregter: Arturo Yamasaki Maldonado (Peru)
Verslag

7 Junie 1962
15:00
 Engeland0–0  BulgaryeEstadio El Teniente, Rancagua
Toeskouers: 5 700
Skeidsregter: Antoine Blavier (België)
Verslag

Uitklopfase

Die halfeindstryd tussen Brasilië en Chili
KwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
          
10 Junie – Arica    
   Sowjetunie 1
13 Junie – Santiago de Chile
   Chili 2 
   Chili 2
10 Junie – Viña del Mar
    Brasilië 4 
   Brasilië 3
17 Junie – Santiago de Chile
   Engeland 1 
   Brasilië 3
10 Junie – Santiago de Chile
    Tsjeggo-Slowakye 1
   Wes-Duitsland 0
13 Junie – Viña del Mar
   Joego-Slawië 1 
   Joego-Slawië 1Uitspeel om derde plek
10 Junie – Rancagua
    Tsjeggo-Slowakye 3 16 Junie – Santiago de Chile
   Hongarye 0
    Chili 1
   Tsjeggo-Slowakye 1 
   Joego-Slawië 0

Kwarteindrondte


10 Junie 1962
14:30
 Chili2–1  SowjetunieEstadio Carlos Dittborn, Arica
Toeskouers: 17 268
Skeidsregter: Leo Horn (Nederland)
Sánchez 11'
Rojas 29'
Verslag 26' Tsjislenko

10 Junie 1962
14:30
 Tsjeggo-Slowakye1–0  HongaryeEstadio El Teniente, Rancagua
Toeskouers: 11 690
Skeidsregter: Nikolaj Latyshef (Sowjetunie)
Scherer 13'Verslag

10 Junie 1962
14:30
 Brasilië3–1  EngelandEstadio Sausalito, Viña del Mar
Toeskouers: 17 736
Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk)
Garrincha 31', 59'
Vavá 53'
Verslag 38' Hitchens

10 Junie 1962
14:30
 Joego-Slawië1–0  Wes-DuitslandEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 63 324
Skeidsregter: Arturo Yamasaki Maldonado (Peru)
Radaković 85'Verslag

Halfeindrondte


13 Junie 1962
14:30
 Tsjeggo-Slowakye3–1  Joego-SlawiëEstadio Sausalito, Viña del Mar
Toeskouers: 5 890
Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland)
Kadraba 48'
Scherer 80', 84' (straf)
Verslag 69' Jerković

13 Junie 1962
14:30
 Brasilië4–2  ChiliEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 76 500
Skeidsregter: Arturo Yamasaki Maldonado (Peru)
Garrincha 9', 32'
Vavá 47', 78'
Verslag 42' Toro
61' (straf) Sánchez

Klein finale (om die derde plek)


16 Junie 1962
14:30
 Chili1–0  Joego-SlawiëEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 67 000
Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje)
Rojas 90'Verslag

Eindstryd


17 Junie 1962
14:30
 Brasilië3–1  Tsjeggo-SlowakyeEstadio Nacional, Santiago de Chile
Toeskouers: 68 679
Skeidsregter: Nikolaj Latyshef (Sowjetunie)
Amarildo 17'
Zito 69'
Vavá 78'
Verslag 15' Masopust


Sokkerwêreldkampioen 1962
 Brasilië

FIFA se terugwerkende ranglys

In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1962-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Chili
Die Brasiliaanse nasionale sokkerspan wat die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het
RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  Brasilië36510145+911
2  Tsjeggo-Slowakye3631277±07
3  Chili26402108+28
4  Joego-Slawië16303107+36
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  Hongarye4421183+55
6  Sowjetunie1421197+25
7  Wes-Duitsland2421142+25
8  Engeland4411256−13
In die groepfase uitgeskakel
9  Italië2311132+13
10  Argentinië4311123−13
11  Meksiko3310234−12
12  Uruguay1310246−22
13  Spanje3310223−12
14  Colombia13012511−61
15  Bulgarye4301217−61
16  Switserland2300328−60

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 Flórián Albert4
Garrincha4
Walentin Iwanof4
Dražan Jerković4
Leonel Sánchez4
Vavá4
7 Amarildo3
Milan Galić3
Adolf Scherer3
Lajos Tichy3
RangSpelerDoele
11 Giacomo Bulgarelli2
Ron Flowers2
Wiktor Ponedelnik2
Jaime Ramírez2
Eladio Rojas2
José Sasía2
Uwe Seeler2
Jorge Toro2
Igor Tsjislenko2

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034