FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954

Die vyfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954; Frans: Championnat du Monde de Football 1954; Italiaans: Campionato mondiale di calcio 1954; Romansch: Campiunadis mundials da ballape 1954; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 16 Junie tot 4 Julie 1954 in Switserland aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Switserland aangebied is en die derde in Europa.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
FIFA Fussball-Weltmeisterschaft 1954 (de)
Championnat du Monde de Football 1954 (fr)
Campionato mondiale di calcio 1954 (it)
Campiunadis mundials da ballape 1954 (rm)
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Switserland Switserland
Datums 16 Junie – 4 Julie
Spanne 16 (van 4 konfederasies)
Stadions (in 6 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (1 titel)
Tweede plek Vlag van Hongarye Hongarye
Derde plek Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vierde plek Vlag van Uruguay Uruguay
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 26
Doele 140 (5.38 per wedstryd)
Bywoning 889 500 (34 212 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Hongarye Sándor Kocsis (11 doele)[1]
Beste speler Vlag van Hongarye Ferenc Puskás
1950
1958
Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Hongarye met 3–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het; hierdie gebeurtenis staan in Duitsland bekend as die Wunder von Bern (“Wonderwerk van Bern”). Die Hongaarse nasionale sokkerspan is as gunsteling op die titel gehandel, terwyl die Wes-Duitse nasionale sokkerspan net as buitestaander beskou is; dit was die eerste nederlaag vir die destydse “Goue sokkerspan” ná ’n vierjaarreeks van net oorwinnings of onbesliste wedstryde. Die Wes-Duitse nasionale sokkerspan het die wêreldbekertitel vyf jaar ná die stigting van die Bondsrepubliek Duitsland in 1949 en tydens die “ekonomiese wonder van Duitsland” (Wirtschaftswunder) verower. Oostenryk het in die derde en die verdedigende kampioen Uruguay in die vierde plek geëindig.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Skotland, Suid-Korea en Turkye het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem; Wes-Duitsland se deelname aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 word soms ook as ’n debuut beskou, alhoewel Nazi-Duitsland aan die toernooie in 1934 en 1938 deelgeneem het. Skotland en Turkye het reeds suksesvol vir die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 gekwalifiseer, maar hulle nog voor dié toernooi se afskop weer hulleself onttrek. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 is ’n algehele rekord vir aangetekende doele opgestel, insluitende die hoogste gemiddelde doele wat per wedstryd behaal is, waarvan 27 doele deur die Hongaarse nasionale sokkerspan aangeteken is en 25 deur Wes-Duitsland.

Toewysing

Switserland is op 26 Julie 1946 in Luxemburg deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954; gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 aan Brasilië toegeken. Daar was geen ander lande wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Dié Sokker-Wêreldbekertoernooi is oorspronklik vir 1951 beplan, maar dit is om organisatoriese redes na 1954 verskuif.[2]

Kwalifisering

Die gasheer Switserland en die verdedigende kampioen Uruguay het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is elf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, twee vir die Amerikas en een vir Asië.

Kwalifiserende spanne

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 België4de11938Agtste eindrondte (1934, 1938)
 Brasilië5de51950Naaswenner (1950)
 Engeland2de21950Groepfase (1950)
 Frankryk4de11938Kwarteindrondte (1938)
 Hongarye3de11938Naaswenner (1938)
 Italië4de41950Kampioen (1934, 1938)
 Joego-Slawië3de21950Vierde plek (1930)
 Meksiko3de21950Groepfase (1930, 1950)
 Oostenryk3de11938Vierde plek (1934)
 Skotland1ste1Debuut
 Suid-Korea1ste1Debuut
 Switserland4de41950Kwarteindrondte (1934, 1938)
 Tsjeggo-Slowakye3de11938Naaswenner (1934)
 Turkye1ste1Debuut
 Uruguay3de21950Kampioen (1930, 1950)
 Wes-Duitsland1ste1Debuut

Stadions

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

BaselBernGenève
St. Jakob-ParkStadion WankdorfStade des Charmilles
47°32′29″N 7°37′12″O / 47.54139°N 7.62000°O / 47.54139; 7.62000 (St. Jakob-Park)46°57′46″N 7°24′57″O / 46.96278°N 7.41583°O / 46.96278; 7.41583 (Stadion Wankdorf)46°12′32.8″N 6°7′5.5″O / 46.209111°N 6.118194°O / 46.209111; 6.118194 (Stade des Charmilles)
Kapasiteit: 51 500Kapasiteit: 64 000Kapasiteit: 9 250
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 (Switserland)
LausanneLuganoZürich
Stade Olympique de la PontaiseStadio di CornaredoHardturmstadion
46°32′1″N 6°37′30″O / 46.53361°N 6.62500°O / 46.53361; 6.62500 (Stade Olympique de la Pontaise)46°1′25″N 8°57′42″O / 46.02361°N 8.96167°O / 46.02361; 8.96167 (Stadio di Cornaredo)47°23′35″N 8°30′17″O / 47.39306°N 8.50472°O / 47.39306; 8.50472 (Hardturmstadion)
Kapasiteit: 54 000Kapasiteit: 15 000Kapasiteit: 27 500

Formaat

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 is oor 19 dae tussen 16 verskillende nasies oor 26 wedstryde uitgespeel. Dit het op 16 Junie 1954 op die Stade des Charmilles in Genève met ’n wedstryd tussen Brasilië en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stadion Wankdorf in Bern op 4 Julie met die eindstryd tussen Hongarye en Wes-Duitsland, waartydens Wes-Duitsland die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[4]

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Wo
16
Do
17
Vr
18
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Groep 122
Groep 2221
Groep 322
Groep 4221
Uitklopfase
Junie/Julie
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
4
Uitklopfase22211
Legende

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase

Vir die groepfase was daar agt vaste spanne wat glo die toernooi se sterkste spanne was. Hulle was: Brasilië, Engeland, Frankryk, Hongarye, Italië, Oostenryk, Spanje en Uruguay. Teen einde van minder wedstryde en om ’n vroeë uitskakeling van gunstelingspanne – wat glo meer toeskouers sou aanlok – te verhoed, het elke groep uit twee vaste en twee ander spanne bestaan, wat nie teen mekaar moes speel nie. Nadat Spanje nie gekwalifiseer het nie, is sy plek deur Turkye ingeneem wat sodoende teen sterker spanne as verwag te staan gekom het.

Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As die eerste twee spanne gelyk op punte was, is hul rangorde deur loting bepaal, as die twee en derde span gelyk op punte was, moes hulle in ’n uitspeelwedstryd teen mekaar speel. Eers in latere toernooie is weer die aantal doele ingespan om spanne se rangorde te bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen ander groepwenners en naaswenners teen ander naaswenners in die kwarteindstryde gespeel.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sal ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 30 November 1953 in die Saint Gotthard Hotel in Zürich gehou.

Groepfase

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië211061+53
 Joego-Slawië211021+13
 Frankryk210133±02
 Meksiko200228–60
  • Brasilië het bo Joego-Slawië geëindig weens loting.

16 Junie 1954
18:00
 Brasilië5–0  MeksikoStade des Charmilles, Genève
Toeskouers: 13 000
Skeidsregter: Raymon Wyssling (Switserland)
Baltazar 23'
Didi 30'
Pinga 34', 43'
Julinho 69'
Verslag

16 Junie 1954
18:00
 Joego-Slawië1–0  FrankrykStade Olympique de la Pontaise, Lausanne
Toeskouers: 27 000
Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis)
Milutinović 15'Verslag

19 Junie 1954
17:00
 Brasilië1–1 (e.t.)  Joego-SlawiëStade Olympique de la Pontaise, Lausanne
Toeskouers: 40 000
Skeidsregter: Charlie Faultless (Skotland)
Didi 69'Verslag 48' Zebec

19 Junie 1954
17:10
 Frankryk3–2  MeksikoStade des Charmilles, Genève
Toeskouers: 19 000
Skeidsregter: Manuel Asensi (Spanje)
Vincent 19'
Cárdenas 49' (e.d.)
Kopa 88' (straf)
Verslag 54' Lamadrid
85' Balcázar

Groep 2

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Hongarye2200173+144
 Wes-Duitsland210179–22
 Turkye210184+42
 Suid-Korea2002016–160
  • Wes-Duitsland het bo Turkye geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.

17 Junie 1954
18:00
 Wes-Duitsland4–1  TurkyeStadion Wankdorf, Bern
Toeskouers: 39 000
Skeidsregter: Jose da Costa Vieira (Portugal)
Schäfer 14'
Klodt 52'
O. Walter 60'
Morlock 84'
Verslag 2' Suat

17 Junie 1954
18:00
 Hongarye9–0  Suid-KoreaHardturmstadion, Zürich
Toeskouers: 18 000
Skeidsregter: Raymond Vincenti (Frankryk)
Puskás 12', 89'
Lantos 18'
Kocsis 24', 36', 50'
Czibor 59'
Palotás 75', 83'
Verslag

20 Junie 1954
16:50
 Hongarye8–3  Wes-DuitslandSt. Jakob-Park, Basel
Toeskouers: 65 000
Skeidsregter: William Ling (Engeland)
Kocsis 3', 21', 69', 78'
Puskás 17'
Hidegkuti 52', 54'
J. Tóth 75'
Verslag 25' Pfaff
77' Rahn
84' Herrmann

20 Junie 1954
17:00
 Turkye7–0  Suid-KoreaStade des Charmilles, Genève
Toeskouers: 3 000
Skeidsregter: Esteban Marino (Uruguay)
Suat 10', 30'
Lefter 24'
Burhan 37', 64', 70'
Erol 76'
Verslag
Uitspeelwedstryd

23 Junie 1954
18:00
 Wes-Duitsland7–2  TurkyeHardturmstadion, Zürich
Toeskouers: 18 000
Skeidsregter: Raymond Vincenti (Frankryk)
O. Walter 7'
Schäfer 12', 79'
Morlock 30', 60', 77'
F. Walter 62'
Verslag 21' Mustafa
82' Lefter

Groep 3

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Uruguay220090+94
 Oostenryk220060+64
 Tsjeggo-Slowakye200207–70
 Skotland200208–80
  • Uruguay het bo Oostenryk geëindig weens loting.

16 Junie 1954
18:00
 Uruguay2–0  Tsjeggo-SlowakyeStadion Wankdorf, Bern
Toeskouers: 20 500
Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland)
Míguez 72'
Schiaffino 81'
Verslag

16 Junie 1954
18:00
 Oostenryk1–0  SkotlandHardturmstadion, Zürich
Toeskouers: 30 000
Skeidsregter: Laurent Franken (België)
Probst 33'Verslag

19 Junie 1954
16:50
 Uruguay7–0  SkotlandSt. Jakob-Park, Basel
Toeskouers: 43 000
Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië)
Borges 17', 47', 57'
Míguez 30', 83'
Abbadie 54', 85'
Verslag

19 Junie 1954
17:00
 Oostenryk5–0  Tsjeggo-SlowakyeHardturmstadion, Zürich
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Vasa Stefanovic (Joego-Slawië)
Stojaspal 3', 70'
Probst 4', 21', 24'
Verslag

Groep 4

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Engeland211064+23
 Switserland210123–12
 Italië210153+22
 België201158–31
  • Switserland het bo Italië geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.

17 Junie 1954
17:50
 Switserland2–1  ItaliëStade Olympique de la Pontaise, Lausanne
Toeskouers: 43 000
Skeidsregter: Mario Vianna (Brasilië)
Ballaman 18'
Hügi 78'
Verslag 44' Boniperti

17 Junie 1954
18:10
 Engeland4–4  BelgiëSt. Jakob-Park, Basel
Toeskouers: 40 000
Skeidsregter: Emil Schmetzer (Wes-Duitsland)
Broadis 26', 63'
Lofthouse 36', 91'
Verslag 5', 71' Anoul
67' Coppens
94' (e.d.) Dickinson

20 Junie 1954
17:00
 Italië4–1  BelgiëStadio di Cornaredo, Lugano
Toeskouers: 26 000
Skeidsregter: Carl Erich Steiner (Oostenryk)
Pandolfini 41' (straf)
Galli 48'
Frignani 58'
Lorenzi 78'
Verslag 81' Anoul

20 Junie 1954
17:10
 Engeland2–0  SwitserlandStadion Wankdorf, Bern
Toeskouers: 50 000
Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye)
Mullen 43'
Wilshaw 69'
Verslag
Uitspeelwedstryd

23 Junie 1954
18:00
 Switserland4–1  ItaliëSt. Jakob-Park, Basel
Toeskouers: 30 000
Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis)
Hügi 14', 85'
Ballaman 48'
Fatton 90'
Verslag 67' Nesti

Uitklopfase

Die eindstryd tussen Hongarye en Wes-Duitsland
KwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
          
27 Junie – Bern    
   Brasilië 2
30 Junie – Lausanne
   Hongarye 4 
   Hongarye 4
26 Junie – Basel
    Uruguay 2 
   Uruguay 4
4 Julie – Bern
   Engeland 2 
   Hongarye 2
27 Junie – Genève
    Wes-Duitsland 3
   Joego-Slawië 0
30 Junie – Basel
   Wes-Duitsland 2 
   Wes-Duitsland 6Uitspeel om derde plek
26 Junie – Lausanne
    Oostenryk 1 3 Julie – Zürich
   Oostenryk 7
    Uruguay 1
   Switserland 5 
   Oostenryk 3

Kwarteindrondte


26 Junie 1954
17:00
 Oostenryk7–5  SwitserlandStade Olympique de la Pontaise, Lausanne
Toeskouers: 35 000
Skeidsregter: Charlie Faultless (Skotland)
Wagner 25', 27', 53'
R. Körner 26', 34'
Ocwirk 32'
Probst 76'
Verslag 16', 39' Ballaman
17', 19', 58' Hügi

26 Junie 1954
17:00
 Uruguay4–2  EngelandSt. Jakob-Park, Basel
Toeskouers: 35 000
Skeidsregter: Carl Erich Steiner (Oostenryk)
Borges 5'
Varela 39'
Schiaffino 46'
Ambrois 78'
Verslag 16' Lofthouse
67' Finney

27 Junie 1954
17:00
 Brasilië2–4  HongaryeStadion Wankdorf, Bern
Toeskouers: 60 000
Skeidsregter: Arthur Ellis (Engeland)
Djalma Santos 18' (straf)
Julinho 65'
Verslag 4' Hidegkuti
7', 88' Kocsis
60' (straf) Lantos

27 Junie 1954
17:00
 Joego-Slawië0–2  Wes-DuitslandStade des Charmilles, Genève
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye)
Verslag 9' (e.d.) Horvat
85' Rahn

Halfeindrondte


30 Junie 1954
18:00
 Hongarye4–2 (e.t.)  UruguayStade Olympique de la Pontaise, Lausanne
Toeskouers: 37 000
Skeidsregter: Benjamin Griffiths (Wallis)
Czibor 13'
Hidegkuti 46'
Kocsis 111', 116'
Verslag 75', 86' Hohberg

30 Junie 1954
18:00
 Wes-Duitsland6–1  OostenrykSt. Jakob-Park, Basel
Toeskouers: 58 000
Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië)
Schäfer 31'
Morlock 47'
F. Walter 54' (straf), 64' (straf)
O. Walter 61', 89'
Verslag 51' Probst

Klein finale (om die derde plek)


3 Julie 1954
17:00
 Uruguay1–3  OostenrykHardturmstadion, Zürich
Toeskouers: 35 000
Skeidsregter: Raymon Wyssling (Switserland)
Hohberg 22'Verslag 16' (straf) Stojaspal
59' (e.d.) Cruz
89' Ocwirk

Eindstryd


4 Julie 1954
17:00
 Hongarye2–3  Wes-DuitslandStadion Wankdorf, Bern
Toeskouers: 60 000
Skeidsregter: William Ling (Engeland)
Puskás 6'
Czibor 8'
Verslag 10' Morlock
18' 84' Rahn


Sokkerwêreldkampioen 1954
 Wes-Duitsland

FIFA se terugwerkende ranglys

In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1954-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Switserland
Kaart geteken deur afrigter Sepp Herberger en die elf Wes-Duitse spelers wat in die eindstryd verskyn het
RangSpanGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  Wes-Duitsland265012514+1110
2  Hongarye254012710+178
3  Oostenryk354011712+58
4  Uruguay35302169+76
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  Switserland442021111±04
6  Brasilië1311185+33
7  Engeland4311188±03
8  Joego-Slawië1311123−13
In die groepfase uitgeskakel
9  Turkye231021011−12
10  Italië4310267−12
11  Frankryk1210133±02
12  België4201158−31
13  Meksiko1200228−60
14  Tsjeggo-Slowakye3200207−70
15  Skotland3200208−80
16  Suid-Korea22002016−160

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 Sándor Kocsis11
2 Max Morlock6
Josef Hügi6
Erich Probst6
5 Robert Ballaman4
Nándor Hidegkuti4
Carlos Borges4
Ferenc Puskás4
Helmut Rahn4
Hans Schäfer4
Ottmar Walter4
RangSpelerDoele
12 Suat Mamat3
Burhan Sargun3
Juan Hohberg3
Léopold Anoul3
Nat Lofthouse3
Oscar Míguez3
Theodor Wagner3
Ernst Stojaspal3
Zoltán Czibor3
Fritz Walter3
Sándor Kocsis

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034