FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990

Die 14de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Italiaans: Coppa del Mondo FIFA – Italia ’90; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 8 Junie tot 8 Julie 1990 in Italië aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Italië aangebied is, ná die 1934-toernooi, en die agtste in Europa. Italië het daarmee die tweede land geword wat die toernooi vir ’n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Coppa del Mondo FIFA – Italia ’90
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Italië Italië
Datums 8 Junie – 8 Julie
Spanne 24 (van 5 konfederasies)
Stadions 12 (in 12 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (3 titels)
Tweede plek Vlag van Argentinië Argentinië
Derde plek Vlag van Italië Italië
Vierde plek Vlag van Engeland Engeland
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 52
Doele 115 (2.21 per wedstryd)
Bywoning 2 516 215 (48 389 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Italië Salvatore Schillaci (6 doele)[1]
Beste speler Vlag van Italië Salvatore Schillaci
1986
1994
Die Sokker-Wêreldbekertrofee waarom meegeding is

24 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 deelgeneem. Die spanne is in ses groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die vier beste derde plek spanne na die agtste eindrondte deurgedring het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Argentinië met 1–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul derde wêreldbekertitel ingepalm het. Buitendien het Wes-Duitsland die eerste land geword wat vir die derde agtereenvolgende keer die eindstryd gehaal het, nadat hulle ook in die 1982- en 1986-eindstryde verskyn het. Vir die eerste keer nog het dieselfde eindstrydspanne weer die eindstryd gehaal, aangesien Argentinië en Wes-Duitsland ook in die 1986-eindstryd ontmoet het. Wes-Duitsland het ook die eerste Europese span geword wat daarin geslaag het om ’n Suid-Amerikaanse span in ’n eindstryd te klop.[2][3] Die gasheer Italië het in die derde en Engeland in die vierde plek geëindig.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Costa Rica, die Republiek Ierland en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi tydens die Koue Oorlog en sterk mededingende lande soos die Sowjetunie en Tsjeggo-Slowakye het by die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 hul laaste verskynings gemaak. Die wêreldkampioen Wes-Duitsland het ook vir die laaste keer opgetree, nadat Duitsland later die jaar herenig is. Om presies te wees het die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 vir Duitsland tussen die val van die Berlynse Muur op 9 November 1989 en die Duitse Hereniging op 3 Oktober 1990 plaasgevind.

Toewysing

Italië is op 19 Mei 1984 in Zürich deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990. Ander kandidaatlande was Engeland, Griekeland en die Sowjetunie, maar Engeland en Griekeland het voor die stemming hulleself onttrek.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990[4]
LandRondte 1
 Italië11
 Sowjetunie5

Kwalifisering

Die gasheer Italië en die verdedigende kampioen Argentinië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 gekwalifiseer. Van die 22 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, twee elk vir CONMEBOL (Suid-Amerika), CAF (Afrika), CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) en AFC (Asië). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen CONMEBOL en OFC (Oseanië) beslis.

Kwalifiserende spanne

Die volgende 24 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[5]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie
 Argentinië10de51986Kampioen (1978, 1986)
 België8ste31986Vierde plek (1986)
 Brasilië14de141986Kampioen (1958, 1962, 1970)
 Colombia2de11962Groepfase (1962)
 Costa Rica1ste1Debuut
 Egipte2de11934Agtste eindrondte (1934)
 Engeland9de31986Kampioen (1966)
 Ierland1ste1Debuut
 Italië12de81986Kampioen (1934, 1938, 1982)
 Joego-Slawië8ste11982Vierde plek (1930, 1962)
 Kameroen2de11982Groepfase (1982)
 Nederland5de11978Naaswenner (1974, 1978)
 Oostenryk6de11982Derde plek (1954)
 Roemenië5de11970Agtste eindrondte (1934, 1938)
 Skotland7de51986Groepfase (1954, 1958, 1974, 1978, 1982, 1986)
 Sowjetunie7de31986Vierde plek (1966)
 Spanje8ste41986Vierde plek (1950)
 Suid-Korea3de21986Groepfase (1954, 1986)
 Swede8ste11978Naaswenner (1958)
 Tsjeggo-Slowakye8ste11982Naaswenner (1934, 1962)
 Uruguay9de21986Kampioen (1930, 1950)
 Verenigde Arabiese Emirate1ste1Debuut
 Verenigde State4de11950Derde plek (1930)
 Wes-Duitsland12de101986Kampioen (1954, 1974)

Stadions

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

RomeMilaanNapelsTuryn
Stadio OlimpicoSan SiroStadio San PaoloStadio delle Alpi
41°56′2″N 12°27′17″O / 41.93389°N 12.45472°O / 41.93389; 12.45472 (Stadio Olimpico)45°28′41.1″N 9°7′26.1″O / 45.478083°N 9.123917°O / 45.478083; 9.123917 (San Siro)40°49′40.7″N 14°11′34.8″O / 40.827972°N 14.193000°O / 40.827972; 14.193000 (Stadio San Paolo)45°06′34.5″N 7°38′28.5″O / 45.109583°N 7.641250°O / 45.109583; 7.641250 (Stadio delle Alpi)
Kapasiteit: 80 258Kapasiteit: 76 398Kapasiteit: 74 090Kapasiteit: 67 411
Bari
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 (Italië)
Verona
Stadio San NicolaStadio Marc’Antonio Bentegodi
41°5′5.1″N 16°50′24.3″O / 41.084750°N 16.840083°O / 41.084750; 16.840083 (Stadio San Nicola)45°26′7.2″N 10°58′7″O / 45.435333°N 10.96861°O / 45.435333; 10.96861 (Stadio Marc'Antonio Bentegodi)
Kapasiteit: 56 875Kapasiteit: 40 976
FlorenceCagliari
Stadio Artemio FranchiStadio Sant’Elia
43°46′50.8″N 11°16′57.8″O / 43.780778°N 11.282722°O / 43.780778; 11.282722 (Stadio Artemio Franchi)39°11′57.9″N 9°8′6.2″O / 39.199417°N 9.135056°O / 39.199417; 9.135056 (Stadio Sant'Elia)
Kapasiteit: 41 300Kapasiteit: 40 117
BolognaUdinePalermoGenua
Stadio Renato Dall’AraStadio FriuliStadio La FavoritaStadio Luigi Ferraris
44°29′32.3″N 11°18′36.1″O / 44.492306°N 11.310028°O / 44.492306; 11.310028 (Stadio Renato Dall’Ara)46°4′53.8″N 13°11′59.8″O / 46.081611°N 13.199944°O / 46.081611; 13.199944 (Stadio Friuli)38°9′10″N 13°20′32.2″O / 38.15278°N 13.342278°O / 38.15278; 13.342278 (Stadio Renzo Barbera)44°24′59.4″N 8°57′9.1″O / 44.416500°N 8.952528°O / 44.416500; 8.952528 (Stadio Luigi Ferraris)
Kapasiteit: 37 825Kapasiteit: 38 685Kapasiteit: 36 982Kapasiteit: 35 921

Formaat

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 is oor 31 dae tussen 24 verskillende nasies oor 52 wedstryde uitgespeel. Dit het op 8 Junie 1990 op San Siro in Milaan met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Argentinië en Kameroen afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stadio Olimpico in Rome op 8 Julie met die eindstryd tussen Wes-Duitsland en Argentinië, waartydens Wes-Duitsland die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 ingespan.[6]

Kalender

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Vr
8
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
17
Ma
18
Di
19
Wo
20
Do
21
Vr
22
SeremoniesOS
Groep A11112
Groep B11112
Groep C1122
Groep D11112
Groep E1122
Groep F11112
Uitklopfase
Junie
Sa
23
So
24
Ma
25
Di
26
Wo
27
Do
28
Vr
29
Sa
30
So
1
Ma
2
Di
3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
SeremoniesSS
Uitklopfase2222221111
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 is deur 24 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 24 deelnemende spanne in ses groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne en die vier beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die vier beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die tweede rondte.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 9 Desember 1989 in die Palazzetto dello Sport in Rome gehou.

Groepfase

24 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep en die vier beste spanne van die ses derde plekke het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Italië330040+46
 Tsjeggo-Slowakye320163+34
 Oostenryk310223–12
 Verenigde State300328–60

9 Junie 1990
21:00
 Italië1–0  OostenrykStadio Olimpico, Rome
Toeskouers: 73 303
Skeidsregter: José Roberto Wright (Brasilië)
Schillaci 78'Verslag

10 Junie 1990
17:00
 Verenigde State1–5  Tsjeggo-SlowakyeStadio Comunale, Florence
Toeskouers: 33 266
Skeidsregter: Kurt Röthlisberger (Switserland)
Caligiuri 61'Verslag 25', 78' Skuhravý
39' (straf) Bílek
50' Hašek
90+3' Luhový

14 Junie 1990
21:00
 Italië1–0  Verenigde StateStadio Olimpico, Rome
Toeskouers: 73 423
Skeidsregter: Edgardo Codesal (Meksiko)
Giannini 11'Verslag

15 Junie 1990
17:00
 Oostenryk0–1  Tsjeggo-SlowakyeStadio Comunale, Florence
Toeskouers: 38 962
Skeidsregter: George Smith (Skotland)
Verslag 30' (straf) Bílek

19 Junie 1990
21:00
 Italië2–0  Tsjeggo-SlowakyeStadio Olimpico, Rome
Toeskouers: 73 303
Skeidsregter: Joël Quiniou (Frankryk)
Schillaci 9'
Baggio 78'
Verslag

19 Junie 1990
21:00
 Oostenryk2–1  Verenigde StateStadio Comunale, Florence
Toeskouers: 34 857
Skeidsregter: Jamal Al Sharif (Sirië)
Ogris 52'
Rodax 65'
Verslag 85' Murray

Groep B

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Kameroen320135–24
 Roemenië311143+13
 Argentinië311132+13
 Sowjetunie310244±02

8 Junie 1990
18:00
 Argentinië0–1  KameroenSan Siro, Milaan
Toeskouers: 73 780
Skeidsregter: Michel Vautrot (Frankryk)
Verslag 67' Omam-Biyik

9 Junie 1990
17:00
 Sowjetunie0–2  RoemeniëStadio San Nicola, Bari
Toeskouers: 42 907
Skeidsregter: Juan Daniel Cardellino (Uruguay)
Verslag 42', 57' (straf) Lăcătuș

13 Junie 1990
21:00
 Argentinië2–0  SowjetunieStadio San Paolo, Napels
Toeskouers: 55 759
Skeidsregter: Erik Fredriksson (Swede)
Troglio 27'
Burruchaga 79'
Verslag

14 Junie 1990
17:00
 Kameroen2–1  RoemeniëStadio San Nicola, Bari
Toeskouers: 38 687
Skeidsregter: Hernán Silva (Chili)
Milla 76', 86'Verslag 88' Balint

18 Junie 1990
21:00
 Argentinië1–1  RoemeniëStadio San Paolo, Napels
Toeskouers: 52 733
Skeidsregter: Carlos Silva Valente (Portugal)
Monzón 63'Verslag 68' Balint

18 Junie 1990
21:00
 Kameroen0–4  SowjetunieStadio San Nicola, Bari
Toeskouers: 37 307
Skeidsregter: José Roberto Wright (Brasilië)
Verslag 20' Protasof
29' Zygmantowitsj
55' Zawarof
63' Dobrowolski

Groep C

Wedstryd tussen Brasilië en Swede
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Brasilië330041+36
 Costa Rica320132+14
 Skotland310223–12
 Swede300336–30

10 Junie 1990
21:00
 Brasilië2–1  SwedeStadio delle Alpi, Turyn
Toeskouers: 62 628
Skeidsregter: Tullio Lanese (Italië)
Careca 40', 63'Verslag 79' Brolin

11 Junie 1990
17:00
 Costa Rica1–0  SkotlandStadio Luigi Ferraris, Genua
Toeskouers: 30 867
Skeidsregter: Juan Carlos Loustau (Argentinië)
Cayasso 49'Verslag

16 Junie 1990
17:00
 Brasilië1–0  Costa RicaStadio delle Alpi, Turyn
Toeskouers: 58 007
Skeidsregter: Neji Jouini (Tunisië)
Müller 33'Verslag

16 Junie 1990
21:00
 Swede1–2  SkotlandStadio Luigi Ferraris, Genua
Toeskouers: 31 823
Skeidsregter: Carlos Maciel (Paraguay)
Strömberg 68'Verslag 10' McCall
80' (straf) Johnston

20 Junie 1990
21:00
 Brasilië1–0  SkotlandStadio delle Alpi, Turyn
Toeskouers: 62 502
Skeidsregter: Helmut Kohl (Oostenryk)
Müller 82'Verslag

20 Junie 1990
21:00
 Swede1–2  Costa RicaStadio Luigi Ferraris, Genua
Toeskouers: 30 223
Skeidsregter: Zoran Petrović (Joego-Slawië)
Ekström 32'Verslag 75' Flores
88' Medford

Groep D

Wedstryd tussen Wes-Duitsland en Joego-Slawië
LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Wes-Duitsland3210103+75
 Joego-Slawië320165+14
 Colombia311132+13
 Verenigde Arabiese Emirate3003211–90

9 Junie 1990
17:00
 Verenigde Arabiese Emirate0–2  ColombiaStadio Renato Dall’Ara, Bologna
Toeskouers: 30 791
Skeidsregter: George Courtney (Engeland)
Verslag 50' Redín
85' Valderrama

10 Junie 1990
21:00
 Wes-Duitsland4–1  Joego-SlawiëSan Siro, Milaan
Toeskouers: 74 765
Skeidsregter: Peter Mikkelsen (Denemarke)
Matthäus 28', 64'
Klinsmann 39'
Völler 70'
Verslag 55' Jozić

14 Junie 1990
17:00
 Joego-Slawië1–0  ColombiaStadio Renato Dall’Ara, Bologna
Toeskouers: 32 257
Skeidsregter: Luigi Agnolin (Italië)
Jozić 75'Verslag

15 Junie 1990
21:00
 Wes-Duitsland5–1  Verenigde Arabiese EmirateSan Siro, Milaan
Toeskouers: 71 169
Skeidsregter: Alexey Spirin (Sowjetunie)
Völler 35', 75'
Klinsmann 37'
Matthäus 47'
Bein 58'
Verslag 46' Ismaïl

19 Junie 1990
17:00
 Wes-Duitsland1–1  ColombiaSan Siro, Milaan
Toeskouers: 72 510
Skeidsregter: Alan Snoddy (Noord-Ierland)
Littbarski 89'Verslag 90+3' Rincón

19 Junie 1990
17:00
 Joego-Slawië4–1  Verenigde Arabiese EmirateStadio Renato Dall’Ara, Bologna
Toeskouers: 27 833
Skeidsregter: Shizuo Takada (Japan)
Sušić 4'
Pančev 8', 46'
Prosinečki 90'
Verslag 22' Thani

Groep E

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Spanje321052+35
 België320163+34
 Uruguay311123–13
 Suid-Korea300316–50

12 Junie 1990
17:00
 België2–0  Suid-KoreaStadio Marc’Antonio Bentegodi, Verona
Toeskouers: 32 790
Skeidsregter: Vincent Mauro (VSA)
Degryse 53'
De Wolf 64'
Verslag

13 Junie 1990
17:00
 Uruguay0–0  SpanjeStadio Friuli, Udine
Toeskouers: 35 713
Skeidsregter: Helmut Kohl (Oostenryk)
Verslag

17 Junie 1990
21:00
 België3–1  UruguayStadio Marc’Antonio Bentegodi, Verona
Toeskouers: 33 759
Skeidsregter: Siegfried Kirschen (DDR)
Clijsters 16'
Scifo 22'
Ceulemans 47'
Verslag 73' Bengoechea

17 Junie 1990
21:00
 Suid-Korea1–3  SpanjeStadio Friuli, Udine
Toeskouers: 32 733
Skeidsregter: Elías Jácome (Ecuador)
Hwangbo Kwan 42' (vryskop)Verslag 22', 61' (vs), 81' Míchel

21 Junie 1990
17:00
 België1–2  SpanjeStadio Marc’Antonio Bentegodi, Verona
Toeskouers: 35 950
Skeidsregter: Juan Carlos Loustau (Argentinië)
Vervoort 28'Verslag 20' (straf) Míchel
38' Górriz

21 Junie 1990
17:00
 Suid-Korea0–1  UruguayStadio Friuli, Udine
Toeskouers: 29 039
Skeidsregter: Tullio Lanese (Italië)
Verslag 90' Fonseca

Groep F

LandWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 Engeland312021+14
 Ierland303022±03
 Nederland303022±03
 Egipte302112–12

11 Junie 1990
21:00
 Engeland1–1  IerlandStadio Sant’Elia, Cagliari
Toeskouers: 35 238
Skeidsregter: Aron Schmidhuber (Wes-Duitsland)
Lineker 8'Verslag 73' Sheedy

12 Junie 1990
21:00
 Nederland1–1  EgipteStadio La Favorita, Palermo
Toeskouers: 33 421
Skeidsregter: Emilio Soriano Aladrén (Spanje)
Kieft 58'Verslag 83' (straf) Abdelghani

16 Junie 1990
21:00
 Engeland0–0  NederlandStadio Sant’Elia, Cagliari
Toeskouers: 35 267
Skeidsregter: Zoran Petrović (Joego-Slawië)
Verslag

17 Junie 1990
17:00
 Ierland0–0  EgipteStadio La Favorita, Palermo
Toeskouers: 33 288
Skeidsregter: Marcel van Langenhove (België)
Verslag

21 Junie 1990
21:00
 Engeland1–0  EgipteStadio Sant’Elia, Cagliari
Toeskouers: 34 959
Skeidsregter: Kurt Röthlisberger (Switserland)
Wright 58'Verslag

21 Junie 1990
21:00
 Ierland1–1  NederlandStadio La Favorita, Palermo
Toeskouers: 33 288
Skeidsregter: Michel Vautrot (Frankryk)
Quinn 71'Verslag 10' Gullit

Ranglys van die derde plek spanne

LandGroepWedWenGelVerDVDT+/–Pte
 ArgentiniëB311132+13
 ColombiaD311132+13
 NederlandF303022±03
 UruguayE311123–13
 OostenrykA310223–12
 SkotlandC310223–12

Uitklopfase

Agtste eindrondteKwarteindrondteHalfeindrondteEindstryd
              
24 Junie – Milaan      
   Wes-Duitsland 2
1 Julie – Milaan
   Nederland 1 
   Wes-Duitsland 1
23 Junie – Bari
    Tsjeggo-Slowakye 0 
   Tsjeggo-Slowakye 4
4 Julie – Turyn
   Costa Rica 1 
   Wes-Duitsland 1
(4)
26 Junie – Bologna
    Engeland 1
(3)
 
   Engeland 1
1 Julie – Napels
   België 0 
   Engeland 3
23 Junie – Napels
    Kameroen 2 
   Kameroen 2
8 Julie – Rome
   Colombia 1 
   Wes-Duitsland 1
25 Junie – Rome
    Argentinië 0
   Italië 2
30 Junie – Rome
   Uruguay 0 
   Italië 1
25 Junie – Genua
    Ierland 0 
   Ierland 0
(5)
3 Julie – Napels
   Roemenië 0
(4)
 
   Italië 1
(3)
26 Junie – Verona
    Argentinië 1
(4)
 derde plek
   Spanje 1
30 Junie – Florence7 Julie – Bari
   Joego-Slawië 2 
   Joego-Slawië 0
(2)
   Italië 2
24 Junie – Turyn
    Argentinië 0
(3)
    Engeland 1
   Brasilië 0
   Argentinië 1 

Agtste eindrondte


23 Junie 1990
17:00
 Kameroen2–1 (e.t.)  ColombiaStadio San Paolo, Napels
Toeskouers: 50 026
Skeidsregter: Tullio Lanese (Italië)
Milla 106', 109'Verslag 115' Redín

23 Junie 1990
21:00
 Tsjeggo-Slowakye4–1  Costa RicaStadio San Nicola, Bari
Toeskouers: 47 673
Skeidsregter: Siegfried Kirschen (DDR)
Skuhravý 12', 63', 82'
Kubík 75'
Verslag 54' González

24 Junie 1990
17:00
 Brasilië0–1  ArgentiniëStadio delle Alpi, Turyn
Toeskouers: 61 381
Skeidsregter: Joël Quiniou (Frankryk)
Verslag 80' Caniggia

24 Junie 1990
21:00
 Wes-Duitsland2–1  NederlandSan Siro, Milaan
Toeskouers: 74 559
Skeidsregter: Juan Carlos Loustau (Argentinië)
Klinsmann 51'
Brehme 82'
Verslag 89' (straf) R. Koeman

25 Junie 1990
17:00
 Ierland0–0 (e.t.)  RoemeniëStadio Luigi Ferraris, Genua
Toeskouers: 31 818
Skeidsregter: José Roberto Wright (Brasilië)
Strafskoppe
Sheedy
Houghton
Townsend
Cascarino
O’Leary
Verslag
Strafskoppe
5–4
Strafskoppe
Hagi
Lupu
Rotariu
Lupescu
Timofte

25 Junie 1990
21:00
 Italië2–0  UruguayStadio Olimpico, Rome
Toeskouers: 73 303
Skeidsregter: George Courtney (Engeland)
Schillaci 65'
Serena 83'
Verslag

26 Junie 1990
17:00
 Spanje1–2 (e.t.)  Joego-SlawiëStadio Marc’Antonio Bentegodi, Verona
Toeskouers: 35 500
Skeidsregter: Aron Schmidhuber (Wes-Duitsland)
Julio Salinas 83'Verslag 78', 92' Stojković

26 Junie 1990
21:00
 Engeland1–0 (e.t.)  BelgiëStadio Renato Dall’Ara, Bologna
Toeskouers: 34 520
Skeidsregter: Peter Mikkelsen (Denemarke)
Platt 119'Verslag

Kwarteindrondte


30 Junie 1990
17:00
 Joego-Slawië0–0 (e.t.)  ArgentiniëStadio Artemio Franchi, Florence
Toeskouers: 38 971
Skeidsregter: Kurt Röthlisberger (Switserland)
Strafskoppe
Stojković
Prosinečki
Savićević
Brnović
Hadžibegić
Verslag
Strafskoppe
2–3
Strafskoppe
Serrizuela
Burruchaga
Maradona
Troglio
Dezotti

30 Junie 1990
21:00
 Italië1–0  IerlandStadio Olimpico, Rome
Toeskouers: 73 303
Skeidsregter: Carlos Silva Valente (Portugal)
Schillaci 38'Verslag

1 Julie 1990
17:00
 Wes-Duitsland1–0  Tsjeggo-SlowakyeSan Siro, Milaan
Toeskouers: 73 347
Skeidsregter: Helmut Kohl (Oostenryk)
Matthäus 25' (straf)Verslag

1 Julie 1990
21:00
 Engeland3–2 (e.t.)  KameroenStadio San Paolo, Napels
Toeskouers: 55 205
Skeidsregter: Edgardo Codesal (Meksiko)
Platt 25'
Lineker 83' (straf), 105' (straf)
Verslag 61' (straf) Kundé
65' Ekéké

Halfeindrondte


3 Julie 1990
20:00
 Italië1–1 (e.t.)  ArgentiniëStadio San Paolo, Napels
Toeskouers: 59 978
Skeidsregter: Michel Vautrot (Frankryk)
Schillaci 17'
Strafskoppe
Baresi
Baggio
De Agostini
Donadoni
Serena
Verslag
Strafskoppe
3–4
67' Caniggia
Strafskoppe
Serrizuela
Burruchaga
Olarticoechea
Maradona

4 Julie 1990
20:00
 Wes-Duitsland1–1 (e.t.)  EngelandStadio delle Alpi, Turyn
Toeskouers: 62 628
Skeidsregter: José Roberto Wright (Brasilië)
Brehme 60'
Strafskoppe
Brehme
Matthäus
Riedle
Thon
Verslag
Strafskoppe
4–3
80' Lineker
Strafskoppe
Lineker
Beardsley
Platt
Pearce
Waddle

Klein finale (om die derde plek)


7 Julie 1990
20:00
 Italië2–1  EngelandStadio San Nicola, Bari
Toeskouers: 51 426
Skeidsregter: Joël Quiniou (Frankryk)
Baggio 71'
Schillaci 86' (straf)
Verslag 81' Platt

Eindstryd


8 Julie 1990
20:00
 Wes-Duitsland1–0  ArgentiniëStadio Olimpico, Rome
Toeskouers: 73 603
Skeidsregter: Edgardo Codesal (Meksiko)
Brehme 85' (straf)Verslag


Sokkerwêreldkampioen 1990
 Wes-Duitsland

FIFA se ranglys

Ná die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[7][8] Die ranglys vir die 1990-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Agtste eindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Italië
RangSpanGroepeWedWenGelVerDVDT+/–Pte
1  Wes-DuitslandD7520155+1012
2  ArgentiniëB723254+17
3  ItaliëA7610102+813
4  EngelandF733186+29
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5  Joego-SlawiëD531186+27
6  Tsjeggo-SlowakyeA5302105+56
7  KameroenB530279–26
8  IerlandF504123–14
In die agtste eindrondte uitgeskakel
9  BrasiliëC430142+26
10  SpanjeE421164+25
11  BelgiëE420264+24
12  RoemeniëB412143+14
13  Costa RicaC420246–24
14  ColombiaD411244±03
15  NederlandF403134–13
16  UruguayE411225–33
In die groepfase uitgeskakel
17  SowjetunieB310244±02
18  OostenrykA310223–12
 SkotlandC310223–12
20  EgipteF302112–12
21  SwedeC300336–30
22  Suid-KoreaE300316–50
23  Verenigde StateA300328–60
24  Verenigde Arabiese EmirateD3003211–90

Meeste doele aangeteken

Meeste doele aangeteken:[1]

RangSpelerDoele
1 Salvatore Schillaci6
2 Tomáš Skuhravý5
3 Gary Lineker4
Lothar Matthäus4
Roger Milla4
Míchel4
7 Andreas Brehme3
Jürgen Klinsmann3
David Platt3
Rudi Völler3
RangSpelerDoele
11 Roberto Baggio2
Gabi Balint2
Michal Bílek2
Claudio Caniggia2
Careca2
Davor Jozić2
Marius Lăcătuș2
Müller2
Darko Pančev2
Bernardo Redín2
Dragan Stojković2
Salvatore Schillaci

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034