Maine

Deelstaat van die Verenigde State van Amerika

Maine (Engels: State of Maine) is die grootste van die deelstate van Nieu-Engeland, geleë in die uiterste noordooste van die Verenigde State van Amerika waar dit die oostelike helfte van Nieu-Engeland vorm. Maine is gestig op 15 Maart 1820. Die deelstaat grens aan die Atlantiese Oseaan in die ooste en die suide, New Hampshire (as enigste Amerikaanse deelstaat) in die weste en die Kanadese provinsies van Quebec en New Brunswick in die noordweste en noordooste. Sowat tagtig persent van Maine is bebos met dennebome (Engels: pine trees) - vandaar die bynaam Pine Tree State.

Deelstaat Maine
altalt
Vlag van MaineSeël
Bynaam(e): The Pine Tree state
alt
Kaart van die Verenigde State met Maine uitgelig
Amptelike taal(e)Engels
Gesproke taal(e)Engels, Frans
HoofstadAugusta
Grootste stadPortland
Area 39ste in die V.S.
 - Totaal86 542 km2
 - Wydte338 km
 - Lengte515 km
 - Water11 683 km2
 - % water13,5 %
 - Breedtegraad42°58' N tot 47°28' N
 - Lengtegraad66°57' W tot 71° 5' W
Bevolking 40ste in die V.S.
 - Totaal1 328 361
 - Digtheid15,3/km²/km2
38de in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste puntMount Katahdin
1 606 m
 - Gemiddeld180 m
 - Laagste puntAtlantiese Oseaan
seevlak
Toetrede tot die Unie 15 Maart 1820 (23ste)
GoewerneurJanet Mills (D)
Luitenant-GoewerneurTroy Jackson (D)
WetgewerMaine Wetgewer
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreSusan Collins (R)
Angus King (I)
TydsoneOostelike tyd: UTC-5/-4
AfkortingsME US-ME
Webbladwww.maine.gov

Die hoofstad is Augusta en die grootste stedelike nedersetting is Portland.

Geografie

Bass Harbor-vuurtoring in die Nasionale Acadia-park
The Beehive, Nasionale Acadia-park

Maine se ruwe terrein is tussen 350 en 400 miljoen jaar gelede gevorm uit gesmelte gesteentes wat uit die binneste van die aarde opgestyg het om dwarsoor die noorde van die huidige Nieu-Engeland bergreekse te vorm. Sowat 25 000 jaar gelede was Maine se landskappe onder 'n reusegletser begrawe wat vanuit Kanada suidwaarts beweeg het om met sy dik yslaag oor 'n tydperk van duisende jare die pieke van berge plat te slyp en diep rivierbeddens te vorm. Ook Maine se bergrûens het hul ontstaan aan sand en klei te danke wat deur die gletser meegesleur is.

Toe die gletsers se ysmassa tussen 18 000 en 11 000 jaar gelede begin terugtrek het, het die Atlantiese Oseaan se watervlak tot 'n dusver ongekende hoogte gestyg. Maine se kuslyn met sy ruwe kranse en sowat 5 000 eilande is in hierdie periode geskep. So was die rotskranse en eilande oorspronklik berge waarvan die valleie deur oseaanwater oorstroom is.[1] Die oppervlakke van Maine se eilande varieer grootliks - so is sommige groot genoeg om honderde bewoners te huisves, ander weer so klein dat nie eens 'n boom daarop sou kan groei nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Toerisme

Geskiedenis

Verenigde State van Amerika
StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau