Paralimpiese Somerspele 1980

VIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1980

Gehou inArnhem, Nederland
Deelnemende lande42
Deelnemende atlete1 647 (1 218 mans, 423 vroue)
Items590 in 13 sporte
Openingseremonie22 Junie 1980
Sluitingseremonie1 Julie 1980
Amptelik geopen deurPrinses Margriet
Atlete-eed(sedert 2012)
Beampte-eed(sedert 2008)
Olimpiese vlam(sedert 1992)
Vorige Spele1976: Toronto (Kanada)
Volgende Spele1984: Stoke Mandeville (VK)
1984: New York (VSA)

Die Paralimpiese Somerspele 1980 (Nederlands: Paralympische Zomerspelen 1980), destyds bekend as die Olimpiese Spele vir Gestremdes, is tussen 22 Junie en 1 Julie 1980 in Arnhem, Nederland, aangebied. Tydens die geleentheid het 1 647 atlete uit 42 nasies aan 590 items in 13 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die sesde Paralimpiese Spele wat aangebied is en die bedoeling was dat die spele, net soos die Olimpiese Somerspele 1980, die jaar in Moskou (Sowjetunie) gehou sou word. Maar die Sowjetse regering het geweier om hierdie Spele te hou.[2] Die International Stoke Mandeville Games Federation (ISMGF) het die Spele aan Nederland gegee. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Suid-Afrika kon nie aan die Spele deelneem nie omdat hulle weens die apartheidstelsel geskors is. Hulle kon eers 12 jaar later aan die Paralimpiese Somerspele van 1992 deelneem.

Sporte

13 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Die Australies span tydens die Paralimpiese Somerspele 1980

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)756654195
2  Pole (POL)80755052177
3  Wes-Duitsland (FRG)129684846162
4  Kanada (CAN)643531130
5  Verenigde Koninkryk (GBR)96473221100
6  Nederland (NED)108333136100
7  Swede (SWE)9431362491
8  Frankryk (FRA)9728263185
9  Meksiko (MEX)2016642
10  Noorweë (NOR)531513836
11  Oostenryk (AUT)481423845
12  Israel (ISR)13181546
13  België (BEL)6713121742
14  Australië (AUS)12212255
15  Switserland (SUI)659101029
16  Japan (JPN)30910726
17  Finland (FIN)608191340
18  Jamaika (JAM)1377519
19  Nieu-Seeland (NZL)76619
20  Italië (ITA)65920
21  Denemarke (DEN)4264717
22  Egipte (EGY)3347314
23  Joego-Slawië (YUG)3145918
24  Argentinië (ARG)1145615
25  Ierland (IRL)24421117
26  Suid-Korea (KOR)2215
 Koeweit (KUW)92215
28  Indonesië (INA)2046
29  Spanje (ESP)113923
30  Kenia (KEN)171203
31  Colombia (COL)11012
 Ysland (ISL)121012
33  Soedan (SUD)111001
34  Zimbabwe (ZIM)508412
35  Bahamas (BAH)60123
 Hongkong (HKG)110123
37  Tsjeggo-Slowakye (TCH)70112
38  Griekeland (GRE)70011
 Luxemburg (LUX)90011
 Malta (MLT)70011
Totaal (40 NPKs)5875374861610

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele

Somerspele:Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele:Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee