Paralimpiese Somerspele 1988

VIIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1988

Gehou inSeoel, Suid-Korea
Deelnemende lande60
Deelnemende atlete3 044 (2 372 mans, 672 vroue)
Items733 in 18 sporte
Openingseremonie16 Oktober 1988
Sluitingseremonie25 Oktober 1988
Amptelik geopen deurPresident Roh Tae-woo
Atlete-eed(sedert 2012)
Beampte-eed(sedert 2008)
Olimpiese vlam(sedert 1992)
Vorige Spele1984: Stoke Mandeville (VK)
1984: New York (VSA)
Volgende Spele1992: Barcelona (Spanje)
1992: Madrid (Spanje)

Die Paralimpiese Somerspele 1988 (Koreaans: hangoel: 서울 하계 패럴림픽; hanja: 서울 夏季 패럴림픽; Seoul Hagye Paeleollimpik) is tussen 16 en 25 Oktober 1988 in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Tydens die geleentheid het 3 044 atlete uit 60 nasies aan 733 items in 18 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die agste Paralimpiese Somerspele wat aangebied is en die eerste Spele wat amptelik as "Paralimpiese Spele" bekend gestaan het, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is. Dit was ook die eerste Paralimpiese Spele sedert die Spele van 1964 wat by dieselfde plek aangebied is as die Olimpiese Somerspele.

Dit was die laaste Spele waar Suid-Afrika weens sy Apartheidsbeleid nie kon deelneem nie.

Die Olimpiese Somerspele 1988 is tussen 17 September en 2 Oktober in Seoel gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1988 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.

Sporte

18 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Paul Croft as Australië se vlagdraer tydens die openingseremonie

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)919088269
2  Wes-Duitsland (FRG)188766651193
3  Verenigde Koninkryk (GBR)231656554184
4  Kanada (CAN)157554255152
5  Frankryk (FRA)116464450140
6  Swede (SWE)103423823103
7  Suid-Korea (KOR)22740351994
8  Nederland (NED)11030242983
9  Australië (AUS)17923343895
10  Pole (POL)4723253381
11  Denemarke (DEN)4823192264
12  Sowjetunie (URS)21201556
13  Spanje (ESP)18131243
14  Japan (JPN)14317121746
15  Volksrepubliek China (CHN)431617841
16  Italië (ITA)9616152758
17  België (BEL)541518841
18  Israel (ISR)15141645
19  Ierland (IRL)5313111842
20  Oostenryk (AUT)431371535
21  Switserland (SUI)4112121135
22  Finland (FIN)6211231650
23  Noorweë (NOR)3411111537
24  Meksiko (MEX)89724
25  Koeweit (KUW)3055717
26  Brasilië (BRA)59491427
27  Joego-Slawië (YUG)35441018
28  Iran (IRI)354138
29  Portugal (POR)1335614
30  Nieu-Seeland (NZL)241117
31  Ysland (ISL)1422711
32  Bulgarye (BUL)82103
33  Jamaika (JAM)51438
34  Egipte (EGY)461348
35  Faroëreilande (FRO)41337
36  Puerto Rico (PUR)131203
37  Bahrein (BRN)111113
38  Guatemala (GUA)11001
39  Argentinië (ARG)350729
40  Hongarye (HUN)3404812
41  Kenia (KEN)120415
42  Hongkong (HKG)420279
43  Indonesië (INA)190202
44  Griekeland (GRE)40134
45  Tsjeggo-Slowakye (TCH)10101
 Thailand (THA)100101
47  Tunisië (TUN)10022
48  Maleisië (MAS)140011
 Marokko (MAR)140011
Totaal (49 NPKs)7327307412203

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele

Somerspele:Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele:Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee