Olimpiese vlam

Die Olimpiese vlam is 'n vuur wat aangesteek word tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele en bly brand tydens die duur van die Spele tot dit tydens die sluitingseremonie uitgedoof word.

Die Finse atleet Paavo Nurmi steek die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1952 in Helsinki aan
Ingrid Berghmans tydens die Olimpiese fakkelloop in Brussel
Die Olimpiese vlam word tydens die openingseremonie aangesteek
Die Amerikaanse yshokkiespan van 1980 steek die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2002 aan
Li Ning "sweef" die Beijing Nasionale Stadion met die fakkel in sy hand binne

Die vlam het sy oorsprong in Olimpia, die plek van die antieke Spele in Griekeland, waar 'n fakkel tydens 'n seremonie aangesteek was deur sonlig met spieëls daarop te konsentreer. Die eerste moderne Spele waar die Olimpiese vlam weer aangesteek was, was die van die IX-Olimpiade in 1928 te Amsterdam.

Na die aansteek van die fakkel, word dit met 'n aflos (maar gedeeltelik ook met vinniger vervoermiddels) vanaf Olimpia deur 'n groot aantal lande na die stadium van die Spele gebring, waar die laaste loper die eer te beurt val om die Olimpiese vlam aan die brand te steek. Die fakkelloop vind vir die eerste keer by die Spele van 1936 te Berlyn plaas.

Atlete wat die Olimpiese vlam aangesteek het

Die volgende atlete het die Olimpiese vlam vir die Spele aangesteek:

Plek van die SpeleSpele vanNaam van die atleet/atlete
Berlyn1936Fritz Schilgen
Londen1948John Marc
Oslo1952Eigil Nansen
Helsinki1952Hannes Kolehmainen & Paavo Nurmi
Cortina d'Ampezzo1956Guido Caroli
Melbourne1956Ron Clarke
Squaw Valley1960Ken Henry
Rome1960Giancarlo Peris
Innsbruck1964Josef Rieder
Tokio1964Yoshinori Sakaï
Grenoble1968Alain Calmat
Meksikostad1968Norma Enriqueta Basilio de Sotelo
Sapporo1972Hideki Takada
München1972Günter Zahn
Innsbruck1976Christl Haas & Josef Feistmantl
Montreal1976Sandra Henderson & Stéphane Préfontaine
Lake Placid1980Charles Morgan Kerr
Moskou1980Sergei Belof
Sarajevo1984Sanda Dubravčić
Los Angeles1984Rafer Johnson
Calgary1988Robyn Perry
Seoel1988Chung Sun-Man, Kim Won-Tak, Sohn Mi-Chung
Albertville1992Michel Platini & François-Cyrille Grange
Barcelona1992Antonio Rebello
Lillehammer1994Haakon, kroonprins van Noorweë
Atlanta1996Muhammad Ali
Nagano1998Midori Ito
Sydney2000Cathy Freeman
Salt Lake City2002Amerikaanse yshokkiespan van 1980
Athene2004Nikolaos Kaklamanakis
Turyn2006Stefania Belmondo
Beijing2008Li Ning
Vancouver2010Steve Nash (binnenshuise pot), Nancy Greene (binnenshuise pot), Wayne Gretzky (binne en buite ketels), Catriona Le May Doan (sluitingseremonie)
Londen2012Callum Airlie, Jordan Duckitt, Desiree Henry, Katie Kirk, Cameron MacRitchie, Aidan Reynolds en Adelle Tracey
Sotsji2014Wladislaf Tretiak & Irina Rodnina
Rio de Janeiro2016Vanderlei Cordeiro de Lima (binnenshuise pot), Jorge Gomes (buitenshuise pot)
Pyeongchang2018Yuna Kim
Tokio2020Naomi Osaka
Beijing2022Dinigeer Yilamujiang & Zhao Jiawen
Parys2024nog nie bekend nie
Milaan en Cortina d'Ampezzo2026nog nie bekend nie
Los Angeles2028nog nie bekend nie
nog nie bekend nie2030nog nie bekend nie
Brisbane2032nog nie bekend nie

Eksterne skakels