Paralimpiese Somerspele 2020

XVIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2020

Gehou inTokio, Japan
Deelnemende lande162
Deelnemende atlete4 403
Items539 in 22 sporte
Openingseremonie24 Augustus 2021
Sluitingseremonie5 September 2021
Amptelik geopen deurKeiser Naruhito
Atlete-eedShingo Kunieda
Rie Urata
Beampte-eedYumiko Taniguchi
Olimpiese vlamYui Kamiji
Karin Morisaki
Shunsuke Uchida
Vorige Spele2016: Rio de Janeiro (Brasilië)
Volgende Spele2024: Parys (Frankryk)

Die Paralimpiese Somerspele 2020 (Japannees: 東京2020パラリンピック競技大会, Hepburn: Tōkyō Nizeronizero Pararinpikku Kyōgi Taikai) sou oorspronklik tussen 25 Augustus en 6 September 2020 in Tokio, Japan, aangebied gewees het,[1] met die nuwe datums van 24 Augustus tot 5 September 2021.[2] Tydens die geleentheid het 4 535 atlete uit 162 nasies aan 539 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[3]

Die Japannese Nasionale Stadion in Tokio
Kaart van deelnemende nasies in 2020:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Tokio

Dit was die 16de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele en die tweede keer wat Tokio die spele organiseer het na hulle eerste spele in 1964, waarmee Tokio die eerste stad geword het om twee keer Paralimpiese Somerspele aan te bied. Verder was dit ná die Paralimpiese Winterspele 1998 in Nagano die derde Paralimpiese Spele in Japan.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Japannese Nasionale Stadion in Tokio plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer Japan laaste, maar aangesien die plaaslike taal Japannees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Charl du Toit (atletiek) en Kgothatso Montjane (rolstoeltennis) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[4] Die Spele is amptelik deur keiser Naruhito geopen. Dit was die eerste Paralimpiese Spele wat deur die keiser geopen is. Die Somerspele van 1964 is deur Yoshiaki Kasai geopen en die Winterspele van 1998 deur die destydse kroonprins Naruhito (die huidige keiser).

As gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie het die Internasionale Olimpiese Komitee met die Japannese reëlingskomitee ooreengekom om die Paralimpiese Somerspele 2020 vir een jaar uit te stel. Die sportgeleentheid het egter steeds sy amptelike naam behou as die Paralimpiese Somerspele van die jaar 2020. Dit was die eerste keer dat 'n Paralimpiese Spele uitgestel en in 'n onewe jaar aangebied is.[5][6] Verder het die Japannese regering en die Internasionale Olimpiese Komitee aangekondig dat dit sonder enige toeskouers sou plaasvind.[7][8][9]

Die Olimpiese Somerspele 2020 is tussen 23 Julie en 8 Augustus 2021 in Tokio gehou.

Toewysing

Seiko Hashimoto, hoof van Tokio se reëlingskomitee

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2020 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2020.[10] Tokio is op 7 September 2013 in Buenos Aires deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2020. Ander kandidate was Istanboel en Madrid.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2020[11]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3
Tokio  Japan4260
Istanboel  Turkye264936
Madrid  Spanje2645

Sporte

Tydens die Paralimpiese Somerspele 2020 was daar in nuwe Paralimpiese sportsoorte soos pluimbal en taekwondo meegeding, terwyl seilvaart en 7-per-kant sokker nie meer op die Paralimpiese program was nie.[12]

22 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 539 medaljes oorhandig.

Stadions

Tokiobaai, waar 'n aantal kompetisies gehou is
Nippon Budokan het die Judo-kompetisies aangebied
Die Ariake Coliseum in Kōtō, Tokio
Die Internasionale Uitsaai- en Hoofpersentrum

Die plekke soos volgens die amptelike webwerf van die Paralimpiese Spele 2020.[13]

Erfenissone

  • Japannese Nasionale Stadion – Atletiek en seremonies (opening/sluiting)
  • Nippon Budokan – Judo
  • Tokio Ruiterpark – Ruitersport
  • Tokio Internasionale Forum – Bankdruk
  • Tokio Metropolitaanse Gimnasium – Tafeltennis
  • Yoyogi Nasionale Stadion – Rolstoelpluimbal, rolstoelrugby[14]

Tokiobaaisone

  • Aomi Stedelike Sportsentrum – 5-per-kant sokker
  • Ariake-arena – rolstoelbasketbal (hoofplek)
  • Ariake Coliseum – rolstoeltennis
  • Yumenoshimastadion – Boogskiet
  • Makuhari Messe – doelbal, sitvlugbal, Taekwondo, rolstoelskerm
  • Odaiba Marienepark – Paradriekamp
  • Yumenoshimastadion – swem
  • Tokiobaai – Boccia
  • Tokio Gate-brug – roei, Parakanovaart

Afgeleë sportplekke

  • Musashino Woudsportplek – rolstoelbasketbal (groepfase)
  • Camp Asaka – skyfskiet
  • Izu Velodrome – Baanfietsry
  • Fuji-snelweg – Padfietsry

Kalender

Die oorspronklike kalender vir die Paralimpiese Somerspele 2020 is met 364 dae uitgestel om te verseker dat al die items op die oorspronklik beplande dag van die week plaasvind, waarvolgens die nuwe kalender van 24 Augustus tot 5 September geloop het.[15]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Augustus/September24
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
29
So
30
Ma
31
Di
1
Wo
2
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
Items
SeremoniesOSSS
5-per-kant sokker11
Atletiek1316191721171817245167
Bankdruk4444420
Boccia437
Boogskiet11221119
Doelbal22
Fietsry Baan455351
Pad19654
Judo44513
Paradriekamp448
Parakanovaart459
Roei44
Rolstoelbasketbal112
Rolstoelpluimbal7714
Rolstoelrugby11
Rolstoelskerm4424216
Rolstoeltennis11226
Ruitersport321511
Sitvlugbal112
Skyfskiet322122113
Swem16141414131514151516146
Taekwondo2226
Tafeltennis5885531
Totaal243044556254584548554915539
Kumulatief245498153215269327372420475524539
Augustus/September24
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
29
So
30
Ma
31
Di
1
Wo
2
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
Items

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelneem. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika 17 medaljes (7 goud, 6 silwer en 4 brons) ingepalm en in die 22ste plek geëindig.

Suid-Afrika het 34 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele 34ste plek met 7 medaljes. Hiervan is 4 goud-, 1 silwer en 2 bronsmedaljes.[16]

Goud
  • Anrune Weyers – atletiek – vroue se 400 m – T47
  • Ntando Mahlangu – atletiek – mans se verspring – T63
  • Pieter du Preezfietsry – mans se padtydtoets – H1
  • Ntando Mahlangu – atletiek – mans se 200 m – T61
Silwer
  • Louzanne Coetzee – atletiek – vroue se 1 500 m – T11
Brons
  • Sheryl James – atletiek – vroue se 400 m – T37
  • Louzanne Coetzee – atletiek – vroue se maraton – T12

Aantal medaljes

Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Volksrepubliek China (CHN)255966051207
2  Verenigde Koninkryk (GBR)221413845124
3  Verenigde State (USA)242373631104
4 RPC (Russiese atlete)246363349118
5  Nederland (NED)7425171759
6  Oekraïne (UKR)13824472798
7  Brasilië (BRA)25822203072
8  Australië (AUS)17421293080
9  Italië (ITA)11314292669
10  Azerbeidjan (AZE)36141419
11  Japan (JPN)26013152351
34  Suid-Afrika (RSA)344127

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele

Somerspele:Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele:Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee