Paralimpiese Winterspele 2018

XIIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2018

Gehou inPyeongchang, Suid-Korea
Deelnemende lande49 Nasionale Paralimpiese Komitees
Deelnemende atlete569
Items80 in 6 sporte[1]
Openingseremonie9 Maart 2018
Sluitingseremonie18 Maart 2018
Amptelik geopen deurPresident Moon Jae-in
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlamKim Eun-jung
Seo Soon-seok
Vorige Spele2014: Sotsji (Rusland)
Volgende Spele2022: Beijing (China)

Die Paralimpiese Winterspele 2018 (Koreaans: hangoel: 평창 동계 패럴림픽; hanja: 平昌 冬季 패럴림픽; Pyeongchang Donggye Paereollimpik), is tussen 9 en 18 Maart in Pyeongchang, Suid-Korea, aangebied.[2] Dit was die twaalfde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en ná die Paralimpiese Somerspele 1988 in Seoel die tweede Paralimpiese Spele in Suid-Korea.

Dragon Valley Ski Resort

Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie. Die spanne van Georgië, Noord-Korea en Tadjikistan het vir die eerste keer aan Paralimpiese Winterspele deelgeneem. Die Russiese span is soos by die Olimpiese Winterspele 2018 van die Paralimpiese Winterspele uitgesluit, hoewel atlete onder neutrale vlag deelgeneem het.[3]

Die Olimpiese Winterspele 2018 is tussen 9 en 25 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) in Pyeongchang gehou.

Toewysing

Kaart van die sportplekke
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2018

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2018 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2018.[4] Pyeongchang is op 6 Julie 2011 in Durban deur die Internasionale Olimpiese Komitee as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2018 aangewys. Ander kandidate was: München en Annecy.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2018[5]
StadLandRondte 1
Pyeongchang  Suid-Korea63
München  Duitsland25
Annecy  Frankryk7

Sporte

6 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

  • Alpeski (30)
  • Heg-en-steg-ski (20)
  • Paratweekamp (18)
  • Rolstoelysbal (1)
  • Sleehokkie (1)
  • Sneeuplankry (10)

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Maart 2018 9101112131415161718Goue
medaljes
SeremoniesOSSS
Alpeski666333330
Heg-en-steg-ski2466220
Paratweekamp66618
Rolstoelysbal11
Sleehokkie11
Sneeuplankry5510
Totaal0128912931110680

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 2018:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Deelname onder Paralimpiese vlag

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)681315836
2 Neutrale Paralimpiese Atlete (NPA)30810624
3  Kanada (CAN)52841628
4  Frankryk (FRA)1278520
5  Duitsland (GER)2078419
6  Oekraïne (UKR)2077822
7  Slowakye (SVK)1164111
8  Belarus (BLR)1444412
9  Japan (JPN)3834310
10  Nederland (NED)93317
Totaal (26 NPKs)569808081241

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele

Somerspele:Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele:Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee