Paralimpiese Somerspele 2008

XIIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2008

Gehou inBeijing, China
Deelnemende lande146
Deelnemende atlete4 011 (2 629 mans, 1 382 vroue)
Items472 in 20 sporte
Openingseremonie6 September 2008
Sluitingseremonie17 September 2008
Amptelik geopen deurPresident Hu Jintao
Atlete-eed(sedert 2012)
Beampte-eedHao Guohua
Olimpiese vlamHou Bin
Vorige Spele2004: Athene (Griekeland)
Volgende Spele2012: Londen (VK)

Die Paralimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第十三屆残疾人奥林匹克运动会) is tussen 6 en 17 September 2008 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 011 atlete uit 146 nasies aan 472 items in 20 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 13de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.

Die Nasionale Stadion van Beijing

Die Olimpiese Somerspele 2008 is tussen 8 en 24 Augustus in Beijing gehou.

Toewysing

Fu Niu Lele, die gelukbringer van die Paralimpiese Somerspele 2008
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2008

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2008 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2008.[2] Beijing is op 13 Julie 2001 in Moskou deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlik Istanboel (Turkye), Osaka (Japan), Parys (Frankryk) en Toronto (Kanada) gekies.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008[3]
StadLandRondte 1Rondte 2
Beijing  Volksrepubliek China4456
Toronto  Kanada2022
Parys  Frankryk1518
Istanboel  Turkye179
Osaka  Japan6

Fakkelloop

Net soos tydens die "gewone" Spele is 'n fakkel via 'n aflos na die Olimpiese Stadion gedra waar die Olimpiese vlam aangesteek is. Die aflos sou in verskeie lande en deur China plaasgevind het, maar die roete is ingeperk en die internasionale been is gekanselleer as gevolg van die aardbewing wat Sichuan in Mei 2008 getref het. Die besluit is geneem sodat daar op reddingswerk en die slagoffers gefokus kon word.[4]

Sporte

Boccia tydens die Paralimpiese Somerspele van 2008 in Beijing

20 verskillende sportsoorte is tydens die Paralimpiese Spele beoefen. Roei is vir die eerste keer op die program ingesluit. Die sportsoorte is:

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
September6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
Items
5-per-kant sokker11
7-per-kant sokker11
Atletiek1020171016201819255160
Bankdruk342342220
Boccia437
Boogskiet4329
Doelbal22
Fietsry5574154444
Judo44513
Roei44
Rolstoelbasketbal112
Rolstoelrugby11
Rolstoelskerm332210
Rolstoeltennis1326
Ruitersport243211
Seil33
Sitvlugbal112
Skyfskiet22222212
Swem161816121316141817140
Tafeltennis5114424
SeremoniesOSSS
Totaal0274161464552495651368472
September6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
Items

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Iran teen Suid-Afrika in rolstoelbasketbal tydens die Paralimpiese Somerspele 2008
Natalie du Toit (middel), saam met die Australiese swemmers Annabelle Williams en Ellie Cole, nadat hulle tydens die Paralimpiese Somerspele 2008 in Beijing medaljes gewen het
Oscar Pistorius in die Beijing Nasionale Stadion tydens die Paralimpiese Somerspele 2008

Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span van 59 atlete het op Vrydag, 29 Augustus 2008 na Beijing vertrek. Die span het 35 medaljes tydens die vorige Spele in 2004 verower en in die 13de posisie geëindig.

Natalie du Toit kon nie aan die 100 m-rugslag deelneem nie aangesien die Suid-Afrikaanse sportvereniging vir liggaamlik gestremdes (SASVLG) haar te laat vir die item geregistreer het.[5]

Soos tydens die Olimpiese Spele, het Natalie du Toit weer die Suid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie in die Beijing Nasionale Stadion ingedra. Dit maak haar die eerste atleet in die moderne geskiedenis wat die eer gehad het om tydens beide geleenthede as vlagdraer op te tree.[6]

Natalie du Toit het ook Suid-Afrika se eerste medalje verower toe sy op die eerste dag van die Spele 'n goue medalje tydens die 100 m-vlinderslag ingepalm het.

Na die tweede dag is Suid-Afrika in die vyfde posisie. Medaljes vir die dag:

  • Natalie du Toit (tweede goue medalje en nuwe Paralimpiese rekord vir die 100 m-vryslag)
  • Charl Bouwer (goue medalje en nuwe wêreldrekord vir die 400 m-vryslag)
  • Philippa Johnson (goue medalje vir dressuur)
  • Nicholas Newman (brons medalje vir spiesgooi)

Medaljes vir die derde dag:

Vierde dag (Woensdag, 10 September):

  • Kevin Paul (goue medalje vir die 100 m-borsslag en 'n nuwe wêreldrekord)
  • Philippa Johnson (tweede goue medalje vir dressuur)
  • David Roos (silwer in verspring)
  • Gavin Kilpatrick (brons vir fietsry)
  • Fanie Lombard (brons vir gewigstoot)

Vyfde dag (Donderdag, 11 September):

  • Natalie du Toit (derde goue medalje vir wisselslag en 'n wêreldrekord)

Sesde dag (Vrydag, 12 September):

  • Natalie du Toit (vierde goue medalje vir 400 m-vryslag en 'n nuwe Paralimpiese rekord)
  • Fanie van der Merwe (goud vir atletiek en 'n nuwe Paralimpiese rekord)
  • Hilton Langenhoven (goud vir atletiek)
  • Tadhg Slattery (brons vir swem)

Sewende dag (Saterdag, 13 September):

  • Oscar Pistorius (tweede goud vir 200 m-naelloop)
  • Hilton Langenhoven (goud vir verspring)
  • Shireen Sapiro (goud vir 100 m-rugslag)
  • Riaan Nel (silwer vir fietsry)
  • Tebogo Mokgalagadi (brons in 100 m-naelloop)

Agtste dag (Sondag, 14 September):

  • Natalie du Toit (vyfde goue medalje vir 50 m-vryslag)
  • Ernst van Dyk (goud vir fietsry)

Negende dag (Maandag, 15 September):

  • Geen.

Tiende dag (Dinsdag, 16 September):

  • Fanie van der Merwe (goud)
  • Fanie Lombard (goud)
  • Oscar Pistorius (goud)
  • Hylton Langenhoven (goud)
  • Ilse Hayes (silwer)

Laaste dag (17 September):

  • Ernst van Dyk (brons vir atletiek)

In totaal verdien Suid-Afrika 30 medaljes (21 goud, 3 silwer en 6 brons) en eindig in die sesde plek. Hoewel Suid-Afrika 5 minder medaljes as in 2004 verower het, stoot die verhouding van goud tot die totale aantal medaljes SA op van 'n 13de na die 6de posisie op die wêreldranglys.

Aantal medaljes

Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Volksrepubliek China (CHN)332897052211
2  Verenigde Koninkryk (GBR)212422931102
3  Verenigde State (USA)21336352899
4  Oekraïne (UKR)7824183274
5  Australië (AUS)16723292779
6  Suid-Afrika (RSA)213630
7  Kanada (CAN)14319102150
8  Rusland (RUS)18232263
9  Brasilië (BRA)18816141747
10  Spanje (ESP)13315212258

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele

Somerspele:Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele:Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee