Malala Yousafzai

Malala Yousafzai (Malālah Yūsafzay: Oerdoe: ملالہ یوسفزئی; Pasjtoe: ملاله یوسفزۍ məˈlaːlə jusəf ˈzəj;[1] gebore op 12 Julie 1997) is 'n Pakistanse student en onderrigaktivis. Sy is veral bekend vir haar aktivisme om meisies en vroue se regte om skool te bywoon. Yousafzai is oorspronklik van die dorp van Mingora in die Swat-distrik van Noordwes-Pakistan. In Oktober 2012 het sy 'n slagoffer van 'n skietwond aanval geword. Yousafzai is die jongste persoon wat die Nobelprys vir Vrede ontvang het. Sy het die prys in Oktober 2014 op die ouderdom van sewentienjaar saam met die Indiese aktivis Kailash Satyarthi ontvang.[2][3]

Malala Yousafzai
Malala Yousafzai in Oktober 2015
Gebore
ملاله یوسفزۍ

12 Julie 1997 (1997-07-12) (26 jaar oud)
Mingora, Khyber Pakhtunkhwa, Pakistan
NasionaliteitVlag van Pakistan Pakistan
BeroepStudent, menseregte-aktivis
Bekend virAktivis vir die reg op onderwys
Ouer(s)Tor Pekai Yousafzai (moeder)
Ziauddin Yousafzai (vader)
Webwerfmalala.org

Lewensloop

Malala Yousafzai, die dogter van 'n onderwyser, het bekend geword as gevolg van haar stryd vir meisies se reg om skool te bywoon. In 2009 het sy op die ouderdom van elf jaar onder die skuilnaam Gul Makai (koringblom) 'n webjoernaal op die webwerf van die BBC geplaas. In die vorm van 'n dagboek het sy oor die gewelddadighede van die Taliban geskryf.

Terwyl sy op 9 Oktober 2012 in haar skoolbus teruggekeer het, het ‘n Talibanstryder 'n doelgerigte aanslag op haar lewe gemaak, waarby sy deur 'n koeël in haar kop en haar nek swaar gewond is. Dokters van 'n Rawalpindiese hospitaal het die koeël uit haar kop verwyder. Die Taliban het steeds gedreig om haar te vermoor.

Op 15 Oktober het sy Engeland toe gevlieg, waar sy verdere spesialisbehandeling ondergaan het in die Queen Elizabeth Hospitaal in Birmingham. Sy was daar ook veiliger teen die aanvalle van die Taliban.[4] Haar vader het daar werk gekry sodat haar gesin saam met haar in die Verenigde Koninkryk kon bly.

In Januarie 2013 is sy uit die Birminghamse hospitaal ontslaan, maar teen Februarie moes sy terugkeer. ‘n Deel van haar skedel is met 'n titaanprostese herstel. Sy het ook 'n kogleêre inplanting in haar linkeroor ontvang. Op 8 Februarie is sy uiteindelik uit die hospitaal ontslaan.[5][6][7]

Verwysings

Eksterne skakels