Olimpiese Somerspele 2000

Spele van die XXVIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2000

Gehou inSydney, Australië
Deelnemende lande199 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete10 651 (6 582 mans, 4 069 vroue)[1]
Items300 in 28 sporte[2]
Openingseremonie15 September 2000
Sluitingseremonie1 Oktober 2000
Amptelik geopen deurGoewerneur-generaal William Deane[3]
Atlete-eedRechelle Hawkes (veldhokkie)
Beampte-eedPeter Kerr (waterpolo)
Olimpiese vlamCathy Freeman (atletiek)
Vorige Spele1996: Atlanta (VSA)
Volgende Spele2004: Athene (Griekeland)

Die Olimpiese Somerspele 2000 (Engels: 2000 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIIste Olimpiade, is tussen 15 September en 1 Oktober 2000 in Sydney, Australië, aangebied. Sydney is in 1993 verkies bo Beijing, Berlyn, Istanboel en Manchester.

Die Olimpiese Stadion in Sydney

Dit was naas die Olimpiese Somerspele van 1956 in Melbourne die tweede wat in Australië asook in die Suidelike Halfrond gehou is. Tydens die Spele maak die Australiese sangeres Nikki Webster haar deurbraak deur by die openingseremonie te sing. Die geleentheid word afgesluit met 'n optrede van Savage Garden. Hierdie Olimpiese Somerspele word algemeen as 'n groot sukses beskou.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Sydney plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Hezekiél Sepeng, hardloper en silwermedaljewenner tydens die Olimpiese Somerspele 1996, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.

Die Paralimpiese Somerspele 2000 is tussen 18 en 29 Oktober in Sydney gehou.

Toewysing

Michael Knight, president van die Australiese reëlingskomitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2000

Sydney is op 23 September 1993 in Monte Carlo deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2000. Ander kandidate was: Beijing, Manchester, Berlyn en Istanboel.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2000[4]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3Rondte 4
Sydney  Australië30303745
Beijing  Volksrepubliek China32374043
Manchester  Verenigde Koninkryk111311
Berlyn  Duitsland99
Istanboel  Turkye7

Sporte

28 Olimpiese sportsoorte in 300 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 300 goue medaljes oorhandig.

Stadions

30 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2000 gebruik:

Olimpiese Park Sydney

Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2000
Die Olimpiese Stadion Sydney tydens die Olimpiese Somerspele 2000
Die Internasionale Akwatiese Sentrum Sydney het die swemwedstryde gehuisves
In die State Hockey Centre is veldhokkiewedstryde beslis
In die Dunc Gray Velodrome is baanfietsry aangebied
Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2000
StadionSporteKapasiteit
NSW Tennis CentreTennis10 000
Olimpiese Stadion Sydneyseremonies (opening/sluiting), Atletiek, Sokker (eindstryd)110 000
State Hockey CentreVeldhokkie15 000
State Sports CentreTafeltennis, Taekwondo5 006
Sydney BofbalstadionBofbal (eindstryd), Moderne vyfkamp (perdry, hardloop)21 500
Sydney Internasionale BoogskietparkBoogskiet17 500
Sydney Internasionale Akwatiese SentrumSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo (mans se eindstryd)10 000
Sydney Super DomeBasketbal (eindstryd), Gimnastiek (artistieke/trampolien)18 200
The Dome and Exhibition ComplexPluimbal, Basketbal, Gimnastiek (ritmies), Handbal, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport), Vlugbal (binnenshuis)10 000

Binne Sydney

StadionSporteKapasiteit
Blacktown Olimpiese ParkBofbal, Sagtebal3 000 (bofbal),
2 000 (sagtebal)
Bondi BeachVlugbal (strand)10 000
Centennial ParklandsFietsry (pad)Nie gelys nie
Dunc Gray VelodromeFietsry (baan)3 150
Strate van SydneyAtletiek (maraton)Nie gelys nie
Noord-SydneyAtletiek (maraton begin)Nie gelys nie
Olimpiese Seiljagwedvaart Shore BaseSeilvaart10 000
Penrith Whitewater-stadionKanovaart (slalom)12 500
Ryde Aquatic Leisure CentreWaterpolo (vroue se eindstryd)3 900
Sydney Convention and Exhibition CentreBoks, Skermsport, Judo, Gewigoptel, Stoei7 500 (gewigoptel),
9 000 (judo & stoei),
10 000 (boks & skermsport)
Sydney Entertainment CentreVlugbal (binnenshuise eindstryd)11 000
Sydney SokkerstadionSokker (vroue se eindstryd)42 500
Sydney Internasionale RuitersentrumRuitersport50 000
Sydney Internasionale Regatta CentreKanovaart (sprint), Roei20 000
Sydney Internasionale SkietbaanSkyfskiet7 000
Sydney-operaDriekampNie gelys nie
Western Sydney ParklandsFietsry (bergfietsry)20 000

Buite Sydney

StadionLiggingSporteKapasiteit
Brisbane-krieketveldBrisbaneSokker37 000
CanberrastadionCanberraSokker25 011
Hindmarsh-stadionAdelaideSokker20 000
Melbourne-krieketveldMelbourneSokker98 000

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
DatumSeptemberOktober
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
25
Ma
26
Di
27
Wo
28
Do
29
Vr
30
Sa
1
So
Atletiek226976581
Basketbal11
Bofbal1
Boks66
Boogskiet1111
Driekamp11
Fietsry22113311112
Gesinchroniseerde swem11
Gewigoptel1222221111
Gimnastiek1111115511
Handbal11
Judo2222222
Kanovaart2266
Moderne vyfkamp11
Pluimbal212
Roei77
Ruitersport111111
Sagtebal1
Seilvaart31223
Sierduik21131
Skermsport11111212
Skyfskiet22222322
Sokker11
Stoei4444
Swem44444444
Taekwondo2222
Tafeltennis1111
Tennis22
Veldhokkie11
Vlugbal1111
Waterpolo11
Totaal00013141515181818262518111717114024
SeremoniesOSSS
Datum13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
25
Ma
26
Di
27
Wo
28
Do
29
Vr
30
Sa
1
So
SeptemberOktober

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika se Penny Heyns in 2015

Suid-Afrika wen twee silwer en drie brons medaljes:

  • Hestrie Cloete wen 'n silwer medalje met hoogspring.
  • Terence Parkin wen silwer met die hoogspring vir dames.
  • Penny Heyns wen 'n brons medalje in die 100 m borsslag.
  • Llewellyn Herbert web brons in die 400 meter hekkies vir mans.
  • Frantz Kruger wen brons in diskusgooi vir mans.

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 2000:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)58637243293
2  Rusland (RUS)43532282989
3  Volksrepubliek China (CHN)27128161458
4  Australië (AUS)63216251758
5  Duitsland (GER)42213172656
6  Frankryk (FRA)33613141138
7  Italië (ITA)3611381334
8  Nederland (NED)243129425
9  Kuba (CUB)2291111729
10  Verenigde Koninkryk (GBR)3321110728
55  Suid-Afrika (RSA)1270235

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.