Olimpiese Winterspele 2002

XIXe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2002

Gehou inSalt Lake City, Verenigde State
Deelnemende lande78
Deelnemende atlete2 399 (1 513 mans, 886 vroue)[1]
Items78 in 7 sporte
Openingseremonie8 Februarie 2002
Sluitingseremonie24 Februarie 2002
Amptelik geopen deurPresident George W. Bush
Atlete-eedJim Shea (skeleton)
Beampte-eedAllen Church (alpeski)
Olimpiese vlamAmerikaanse yshokkiespan van 1980
Vorige Spele1998: Nagano (Japan)
Volgende Spele2006: Turyn (Italië)

Die Olimpiese Winterspele 2002 (Engels: 2002 Winter Olympics), amptelik bekend as die XIXde Olimpiese Winterspele, is tussen 8 en 24 Februarie 2002 in Salt Lake City, Verenigde State, aangebied. Ander kandidaatstede was: Quebecstad (Kanada), Sion (Switserland) en Östersund (Swede).

Die Amerikaanse yshokkiespan van 1980 steek die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie aan

Dit was die vierde Winterspele en agste Olimpiese Spele wat in die Verenigde State beslis is. Utah het daarmee die vyfde Amerikaanse deelstaat geword om 'n Olimpiese spele aan te bied. Die spele was veral deur die aanvalle op 11 September 2001 vyf maande gelede oorskadu, maar word oorwegend as 'n groot sukses beskou.

Die Paralimpiese Winterspele 2002 is tussen 7 en 16 Maart in Salt Lake City gehou.

Toewysing

Mitt Romney, hoof van Salt Lake City se bod-komitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2002

Salt Lake City is op 16 Junie 1995 in Boedapest deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2002. Ander kandidate was: Östersund, Sion en Quebecstad.

Die stemmery het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2002[2]
StadLandRondte 1
Salt Lake City  Verenigde State54
Östersund  Swede14
Sion  Switserland14
Quebecstad  Kanada7

Sporte

7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele aangebied.

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie toon wedstryde wat plaasgevind het, maar waaar geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes UG Uitstallingsgala SS Sluitingseremonie
Februarie8
Vr
9
Sa
10
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
Wedstryde
SeremoniesOSSS
Alpeski111111111110
Bobslee1113
Heg-en-steg-ski22111211112
Kortbaanskaats12238
Kunsskaats1111UG4
Langbaanskaats111111111110
Noorse kombinasie1113
Rodel1113
Skansspring1113
Skeleton22
Sneeuplankry1124
Tweekamp222118
Vryski11114
Ysbal112
Yshokkie112
Totaal0456464564457547278
Kumulatief0491519252934404448536065697678
Februarie8
Vr
9
Sa
10
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
Wedstryde

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het aan hierdie Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 2002
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande wat ten minste een brons medalje gewen het.
Rooi vertoon lande wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande wat nie aan die Olimpiese Winterspele 2002 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Noorweë (NOR)77135725
2  Duitsland (GER)1571216836
3  Verenigde State (USA)20210131134
4  Kanada (CAN)15073717
5  Rusland (RUS)15154413
6  Frankryk (FRA)11445211
7  Italië (ITA)11244513
8  Finland (FIN)984217
9  Nederland (NED)273508
10  Oostenryk (AUT)90341017

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.