Olimpiese Winterspele 1976

XIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1976

Gehou inInnsbruck, Oostenryk
Deelnemende lande37
Deelnemende atlete1 123 (892 mans, 231 vroue)[1]
Items37 in 6 sporte
Openingseremonie4 Februarie 1976
Sluitingseremonie15 Februarie 1976
Amptelik geopen deurPresident Rudolf Kirschschläger
Atlete-eedWerner Delle-Karth (bobslee)
Beampte-eedWilly Köstinger (Noorse kombinasie)
Olimpiese vlamChristl Haas en Josef Feistmantl
Vorige Spele1972: Sapporo (Japan)
Volgende Spele1980: Lake Placid (VSA)

Die Olimpiese Winterspele 1976 (Duits: Olympische Winterspiele 1976), amptelik bekend as die XIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1976 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die spele is aanvanklik aan Denver, Colorado, in die Verenigde State toegeken. As gevolg van die finansiële- en omgewingsimpak besluit die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) later om die Spele aan Innsbruck toe te ken (soos in 1964).

Die Olimpiese Somerspele 1976 is in Montreal, Kanada, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1976 is tussen 21 en 28 Februarie in Örnsköldsvik, Swede, gehou.

Toewysing

Bruno Kreisky, president van die Oostenrykse reëlingskomitee
Bergisel, die Skispring-skans in Innsbruck, 2004

Denver is op 12 Mei 1970 in Amsterdam deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1976. Ander kandidate was: Sion, Tampere en Vancouver-Garibaldi.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1976[2]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3
Denver  Verenigde State292939
Sion  Switserland183130
Tampere  Finland128
Vancouver—Garibaldi  Kanada9

Denver het die Spele op 15 November 1972 aan die IOK teruggegee nadat die bevolking dit in 'n referendum verwerp het en die IOK het die Spele Whistler, Brits-Columbië, aangebied, maar dié Kanadese stad het dit weens politiese verskille afgewys. Salt Lake City het homself aangebied om die Spele te hou, maar die IOK wou die Spele nie aan 'n ander Amerikaanse stad gee nie en het dit aan Innsbruck, Oostenryk, gegee.

Sporte

6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

  • Alpeski (6)
  • Bobslee (2)
  • Heg-en-steg-ski (7)
  • Kunsskaats (4)
  • Langbaanskaats (9)
  • Noorse kombinasie (1)
  • Rodel (3)
  • Skansspring (2)
  • Tweekamp (2)
  • Yshokkie (1)

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Groen vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1976 deelgeneem het nie.
'n geel kring vertoon die gasheerstad (Innsbruck).
Rooi diamante vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Winterspele gewen het.

Hier is die top 16 lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Sowjetunie (URS79136827
2  Oos-Duitsland (GDR)5975719
3  Verenigde State (USA)10633410
4  Noorweë (NOR)423317
5  Wes-Duitsland (FRG)7125310
6  Finland (FIN)472417
7  Oostenryk (AUT)772226
8  Switserland (SUI)591315
9  Nederland (NED)51236
10  Italië (ITA)581214
11  Kanada (CAN)591113
12  Verenigde Koninkryk (GRB)421001
13  Tsjeggo-Slowakye (TCH)580101
14  Liechtenstein (LIE)90022
 Swede (SWE)390022
16  Frankryk (FRA)350112
Totaal (16 NOKs)845373737111

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
  • (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.