Olimpiese Winterspele 2010

XXIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2010

Gehou inVancouver, Kanada
Deelnemende lande82
Deelnemende atlete2 566 (1 522 mans, 1 044 vroue)[1]
Items86 in 7 sporte
Openingseremonie12 Februarie 2010
Sluitingseremonie28 Februarie 2010
Amptelik geopen deurGoewerneur-generaal Michaëlle Jean[2]
Atlete-eedHayley Wickenheiser (yshokkie)
Beampte-eedMichel Verrault (kortbaanskaats)
Olimpiese vlamCatriona LeMay-Doan
Steve Nash
Nancy Greene
Wayne Gretzky
Vorige Spele2006: Turyn (Italië)
Volgende Spele2014: Sotsji (Rusland)

Die Olimpiese Winterspele 2010 (Engels: 2010 Winter Olympics, Frans: Les XXIes Jeux olympiques d'hiver), amptelik bekend as die XXIste Olimpiese Winterspele, is tussen 12 en 28 Februarie 2010 in Vancouver, Kanada, aangebied. Ander kandidaatstede was: Pyeongchang (Suid-Korea) en Salzburg (Oostenryk).

Quatchi, een van die gelukbringers van die Olimpiese Winterspele 2010

Die Olimpiese Winterspele 2010 is die derde Olimpiese Spele wat deur Kanada georganiseer is. Die eerste was die Olimpiese Somerspele 1976 in Montreal en die tweede was die Olimpiese Winterspele 1988 in Calgary.

Die Paralimpiese Winterspele 2010 is tussen 12 en 21 Maart in Vancouver gehou.

Toewysing

'n Standbeeld van Ilanaaq, die spele se kenteken, op Berg Whistler
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2010

Vancouver is op 2 Julie 2003 tydens die 115de IOK-sitting in Praag as die gasheer van die Olimpiese Winterspele in 2010 aangewys. Ander kandidate was: Andorra la Vella (Andorra), Bern (Switserland), Harbin (China), Jaca (Spanje), Pyeongchang (Suid-Korea), Salzburg (Oostenryk) en Sarajevo (Bosnië en Herzegowina).

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2010[3]
StadLandRondte 1Rondte 2
Vancouver  Kanada4056
Pyeongchang  Suid-Korea5153
Salzburg  Oostenryk16

Sporte

86 items het deel uitgemaak van die Olimpiese Winterspele 2010. Die agt sportsoorte wat gekategoriseer is as yssportsoorte is: Bobslee (bobsleigh), rodel (luge), skeleton, yshokkie (ice hockey), kunsskaats (figure skating), langbaanskaats (speed skating), kortbaanskaats (shorttrack) en ysbal (curling). Die drie sportsoorte wat as alpyns, ski en sneeuplank gekategoriseer is, is: Alpeski (alpine skiing), vryski (freestyle skiing) en sneeuplankry (snowboarding). Die vier sportsoorte wat as Nordies gekategoriseer is, is: tweekamp (biathlon), heg-en-steg-ski (cross country skiing), skansspring (ski jumping) en Noorse kombinasie (nordic combined).

7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes UG Uitstallingsgala SS Sluitingseremonie
Februarie12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
Wedstryde
SeremoniesOSSS
Alpeski111111111110
Bobslee1113
Heg-en-steg-ski22112111112
Kortbaanskaats112138
Kunsskaats1111UG4
Langbaanskaats1111111111212
Noorse kombinasie1113
Rodel1113
Skansspring1113
Skeleton22
Sneeuplankry1111116
Tweekamp112221110
Vryski1111116
Ysbal112
Yshokkie112
Totaal0556576466455677286
Kumulatief05101621283438445054596470778486
Februarie12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
Wedstryde

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het aan hierdie Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 2010
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Rooi vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 2010 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Kanada (CAN)206147526
2  Duitsland (GER)1531013730
3  Verenigde State (USA)2159151337
4  Noorweë (NOR)9998724
5  Suid-Korea (KOR)4666214
6  Switserland (SUI)1466039
7  Volksrepubliek China (CHN)9052411
 Swede (SWE)10652411
9  Oostenryk (AUT)8146616
10  Nederland (NED)344138

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.