Olimpiese Winterspele 2018

XXIIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2018

Gehou inPyeongchang, Suid-Korea
Deelnemende lande92 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete2 952
Items102 in 7 sporte
Openingseremonie9 Februarie 2018
Sluitingseremonie25 Februarie 2018
Amptelik geopen deurPresident Moon Jae-in
Atlete-eedMo Tae-bum
Beampte-eedKim Woo-Sik
Olimpiese vlamYuna Kim
Vorige Spele2014: Sotsji (Rusland)
Volgende Spele2022: Beijing (China)

Die Olimpiese Winterspele 2018 (Koreaans: hangoel: 평창 동계 올림픽; hanja: 平昌 冬季 올림픽; Jeisipsamhoe Donggye Ollimpik), amptelik bekend as die XXIIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 9 en 25 Februarie 2018 in Pyeongchang, Suid-Korea, aangebied.[1] Die spanne van Ecuador, Eritrea, Kosovo, Maleisië, Nigerië en Singapoer het vir die eerste keer aan Olimpiese Winterspele deelgeneem.[2] Die Russiese span is weens grootskaalse, van die regering ondersteunde, doping van die Olimpiese Winterspele uitgesluit, hoewel atlete wat nie aan die staatsondersteunde doping deelgeneem het nie, onder neutrale vlag deelgeneem het.[3]

Dragon Valley Ski Resort

Dit is ná die Olimpiese Somerspele 1988 in Seoel die tweede Olimpiese Spele wat in Suid-Korea aangebied is. Verder is Pyeongchang ná Sapporo (1972) en Nagano (1998) die derde Asiatiese stad, waar Olimpiese Winterspele gehou is. Daarbenewens is die volgende twee Olimpiese Spele ook in Oos-Asiatiese stede gehou: Die Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio en die Olimpiese Winterspele 2022 in Beijing.

Tydens die Spele is daar in 102 items oor 7 Olimpiese sportsoorte in 15 dissiplines meegeding. Dit het van die Spele die grootstes in die geskiedenis gemaak.[4] Suid-Afrika het met een atleet aan hierdie Olimpiese Winterspele deelgeneem, Connor Wilson het dus ook die Suid-Afrikaanse vlag tydens die opening- en sluitingseremonies in die Olimpiese Stadion van Pyeongchang ingedra.[5]

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Pyeongchang plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer Suid-Korea die laaste. Ná voorafgaande onderhandelings tussen Noord- en Suid-Korea het beide Koreaanse lande tydens die seremonies gemeenskaplik die stadion binnegestap.[6][7]

Die Paralimpiese Winterspele 2018 is tussen 9 en 18 Maart in Pyeongchang gehou.

Toewysing

Kaart van die sportplekke
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2018

Pyeongchang is op 6 Julie 2011 in Durban deur die Internasionale Olimpiese Komitee as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2018 aangewys. Ander kandidate was: München en Annecy.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2018[8]
StadLandRondte 1
Pyeongchang  Suid-Korea63
München  Duitsland25
Annecy  Frankryk7

Sporte

7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes UG Uitstallingsgala SS Sluitingseremonie
Februarie8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
12
Ma
13
Di
14
Wo
15
Do
16
Vr
17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
Wedstryde
SeremoniesOSSS
Alpeski1111111111111
Bobslee1113
Heg-en-steg-ski112111121112
Kortbaanskaats112138
Kunsskaats11111UG5
Langbaanskaats11111111121214
Noorse kombinasie1113
Rodel11114
Skansspring11114
Skeleton112
Sneeuplankry1111111310
Tweekamp112111111111
Vryski11112111110
Ysbal1113
Yshokkie112
Totaal5788675963578684102
Kumulatief51220283441465561646976849098102
Februarie8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
12
Ma
13
Di
14
Wo
15
Do
16
Vr
17
Sa
18
So
19
Ma
20
Di
21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
Wedstryde

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het aan hierdie Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie. Die Johannesburger Connor Wilson het vir sy land in die alpeski-sportsoort meegeding.

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 2018:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Rooi vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Blou vertoon die Olimpiese atlete van Rusland.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 2018 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Noorweë (NOR)10914141139
2  Duitsland (GER)1561410731
3  Kanada (CAN)2261181029
4  Verenigde State (USA)24298623
5  Nederland (NED)3386620
6  Swede (SWE)11676114
7  Suid-Korea (KOR)12258417
8  Switserland (SUI)16956415
9  Frankryk (FRA)10754615
10  Oostenryk (AUT)10553614

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.