Olimpiese Somerspele 1996

Spele van die XXVIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1996

Gehou inAtlanta, Verenigde State
Deelnemende lande197 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete10 318 (6 806 mans, 3 512 vroue)[1]
Items271 in 26 sporte[2]
Openingseremonie19 Julie 1996
Sluitingseremonie4 Augustus 1996
Amptelik geopen deurPresident Bill Clinton[3]
Atlete-eedTeresa Edwards (basketbal)
Beampte-eedHobie Billingsly (sierduik)
Olimpiese vlamMuhammad Ali (boks)
Vorige Spele1992: Barcelona (Spanje)
Volgende Spele2000: Sydney (Australië)

Die Olimpiese Somerspele 1996 (Engels: 1996 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXVIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 4 Augustus 1996 in Atlanta, Verenigde State, aangebied. Hierdie spele staan ook bekend as die Centennial Games vanweë die feit dat dit presies een eeu na die eerste moderne Spele in Griekeland plaasgevind het.

Die Olimpiese Stadion Atlanta tydens die Olimpiese Somerspele 1996

Atlanta is op 18 September 1990 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gekies met 51 teen 35 stemme in die laaste ronde. Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele aan Atlanta toe te wys was verrassend. Die redenasie was dat Athene nie genoeg tyd sou hê om die infrastruktuur vir die Spele in plek te kry nie. Later word beweer dat enkele IOK-lede omgekoop was, maar dit kon nooit bewys word nie. Tydens en na die Spele word egter vasgestel dat die organiserende komitee van Atlanta nie die volle waarheid oor die vervoernetwerk, die hitte en die vogtigheid in Augustus, en oor die hoë misdaadsyfer van die stad vertel het nie.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Atlanta plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer die Verenigde State die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Masibulele Makepula, bokser en goudmedaljewenner tydens die Afrikaspele van 1995, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.

Oor die algemeen word die Spele as minder suksesvol gesien. Die vervoer tussen die verskillende Olimpiese items het soms vir ure in verkeersknope vasgesit. Die Spele was ook deur vele as "te kommersieel" bestempel, maar finansieel was dit wel 'n sukses. Dit is onder meer te danke aan die hoofborgskap van Coca-Cola, wie se hoofkantoor in Atlanta is.

Die Paralimpiese Somerspele 1996 is tussen 16 en 25 Augustus in Atlanta gehou.

Toewysing

William Porter Payne, president van die Amerikaanse reëlingskomitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 1996

Atlanta is op 18 September 1990 in Tokio deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1996. Ander kandidate was: Athene, Toronto, Melbourne, Manchester en Belgrado.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1996[4]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3Rondte 4Rondte 5
Atlanta  Verenigde State1920263451
Athene  Griekeland2323263035
Toronto  Kanada14171822
Melbourne  Australië122116
Manchester  Verenigde Koninkryk115
Belgrado  Joego-Slawië7

Sporte

26 Olimpiese sportsoorte in 271 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 271 goue medaljes oorhandig.

Stadions

28 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1996 gebruik:

Olimpiese kring

Atlanta se stadshorison met die sportgeriewe op die voorgrond
Die Olimpiese vlag tydens die Olimpiese Somerspele 1996
Die 100 m-hekkies tydens die Olimpiese Somerspele 1996
Die Georgia Tech Watersportsentrum tydens die Olimpiese Somerspele 1996
In die Georgia Dome is basketbal, gimnastiek en handbal aangebied
In die Alexander Memorial Coliseum is bokswedstryde beslis
StadionSporteKapasiteit
Alexander Memorial ColiseumBoks10 000
Atlanta–Fulton County stadionBofbal54 000
Clark Atlanta UniversiteitstadionVeldhokkie5 000
FietsrypadbaanFietsry (pad)800
Georgia DomeBasketbal (eindstryd), Gimnastiek (artistiek), Handbal (mans se eindstryd)34 500 (aan elke kant)
Georgia State UniversiteitsgimnasiumPluimbal3 500
Georgia Tech WatersportsentrumSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo15 000
Georgia WêreldkongressentrumSkermsport, Handbal, Judo, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport), Tafeltennis, Gewigoptel, Stoei3 900 (skermsport)
7 300 (handbal)
7 300 (judo)
4 700 (tafeltennis)
5 000 (gewigoptel)
7 300 (stoei)
Strate van AtlantaAtletiek (maraton)800
Morehouse Kollege GimnasiumBasketbal6 500
Morris Brown KollegestadionVeldhokkie (eindstryd)15 000
Olimpiese Stadion AtlantaAtletiek, seremonies (opening/sluiting)85 600
Omni ColiseumVlugbal (binnenshuise finale)16 500
LoopkursusAtletiek (loop)800

Metro Atlanta

StadionSporteKapasiteit
Atlanta BeachVlugbal (strand)12 600
Georgia International Horse ParkFietsry (bergfiets), Ruitersport, Moderne vyfkamp (perdry, hardloop)32 000
LaniermeerKanovaart (sprint), Roei17 300
Stone Mountain Park Archery Center and VelodromeBoogskiet, Fietsry (baan)5 200 (boogskiet)
6 000 (fietsry)
Stone Mountain Tennis CenterTennis27 500
Wolf Creek SkietbaanSkyfskiet7 500

Ander sportplekke

StadionLiggingSporteKapasiteit
Florida Citrus BowlOrlando, FloridaSokker65 000
Golden ParkColumbus, GeorgiaSagtebal8 800
Legion FieldBirmingham, AlabamaSokker81 700
Ocoee Whitewater CenterDucktown, TennesseeKanovaart (slalom)14 400
Orange BowlMiami, FloridaSokker74 476
Robert F. Kennedy Memorial StadiumWashington, D.C.Sokker56 500
SanfordstadionAthens, GeorgiaSokker (eindstryd)86 100
Stegeman ColiseumAthens, GeorgiaGimnastiek (ritmies), Vlugbal (binnenshuise)10 000
Wassaw SoundSavannah, GeorgiaSeilvaart1 000

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
DatumJulieAugustus
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
Atletiek245854691
Basketbal11
Bofbal1
Boks75
Boogskiet112
Fietsry11124212
Gesinchroniseerde swem1
Gewigoptel1111111111
Gimnastiek11113711
Handbal11
Judo2222222
Kanovaart2257
Moderne vyfkamp1
Pluimbal23
Roei77
Ruitersport21111
Sagtebal1
Seilvaart41221
Sierduik1111
Skermsport122121
Skyfskiet22123131
Sokker11
Stoei643232
Swem4563554
Tafeltennis1111
Tennis22
Veldhokkie11
Vlugbal1111
Waterpolo1
Totaal016131710151015202422101617192918
SeremoniesOSSS
Datum19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
JulieAugustus

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika se Penny Heyns in 2015

Suid-Afrika wen drie goue medaljes, asook een silwer en een brons.

  • Penny Heyns wen twee goue medaljes in die 100 m en 200 m-borsslagitems.
  • Josia Thugwane wen die goue medalje in die maraton vir mans.
  • Hezekiél Sepeng wen silwer in die 800 meter-naelloop vir mans.
  • Marianne Kriel wen brons in die 100 meter-rugslag vir vroue.

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 1996:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Atlanta

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)646443225101
2  Rusland (RUS)39026211663
3  Duitsland (GER)46520182765
4  Volksrepubliek China (CHN)29416221250
5  Frankryk (FRA)2991571537
6  Italië (ITA)34613101235
7  Australië (AUS)424992341
8  Kuba (CUB)16498825
9  Oekraïne (UKR)231921223
10  Suid-Korea (KOR)300715527
27  Suid-Afrika (RSA)843115

Sien ook

Verwysings

Bronne

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 4. Seoul 1988 – Atlanta 1996. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00830-6.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.