Olimpiese Somerspele 1952

Spele van die XVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1952

Gehou inHelsinki, Finland
Deelnemende lande69 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete4 955 (4 436 mans, 519 vroue)[1]
Items149 in 17 sporte[2]
Openingseremonie19 Julie 1952
Sluitingseremonie3 Augustus 1952
Amptelik geopen deurPresident Juho Kusti Paasikivi[3]
Atlete-eedHeikki Savolainen (gimnastiek)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlamPaavo Nurmi en
Hannes Kolehmainen (atletiek)
Vorige Spele1948: Londen (VK)
Volgende Spele1956: Melbourne (Australië)

Die Olimpiese Somerspele 1952 (Fins: Kesäolympialaiset 1952, Sweeds: Olympiska sommarspelen 1952), amptelik bekend as die Spele van die XVde Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1952 in Helsinki, Finland, aangebied. Helsinki is gekies bo Amsterdam en vyf Amerikaanse stede op 21 Junie 1947 op die veertigste IOK-kongres. Die Olimpiese Somerspele van 1952 was ook aan Helsinki toegeken, maar hulle kon toe vanweë die Tweede Wêreldoorlog nie daarmee voortgaan nie. Die Olimpiese Winterspele 1952 is in Oslo, Noorweë, aangebied.

Toewysing

Erik von Frenckell, president van die Finse reëlingskomitee

Helsinki is op 21 Junie 1947 in Stockholm deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1952. Ander kandidate was: Minneapolis, Los Angeles, Amsterdam, Detroit, Chicago en Philadelphia.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1952[4]
StadLandRondte 1Rondte 2
Helsinki  Finland1415
Minneapolis  Verenigde State45
Los Angeles  Verenigde State45
Amsterdam  Nederland33
Detroit  Verenigde State2
Chicago  Verenigde State1
Philadelphia  Verenigde State0

Sporte

17 Olimpiese sportsoorte in 149 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 149 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

  • Finse bofbal (Pesäpallo) en handbal is as demonstrasiesporte aangebied.

Stadions

Die Olimpiese Stadion in Helsinki, 1930's
Die Finse atleet Paavo Nurmi steek die Olimpiese vlam in Helsinki aan
Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1952

24 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1952 gebruik:

StadionSporteKapasiteit
Arto Tolsa Areena (Kotka)Sokker11 400
HämeenlinnaModerne vyfkamp2 983
HarmajaSeilvaartNie gelys nie
Helsinki SokkergrondeSokker18 050
HuopalahtiSkyfskiet (haelgeweer)2 000
KäpyläFietsry (pad)4 050
LaaksoRuitersport (driegangkampioenskap)4 854
Lahden kisapuistoSokker8 067
LiuskasaariSeilvaart19 000
Malmi SkietbaanSkyfskiet (pistool/geweer)2 000
MaunulaFietsry (pad)21 708
MeilahtiRoei3 554
MessuhalliBasketbal (eindstryd), Boks, Gimnastiek, Gewigoptel, Stoei5 500
Olimpiese Stadion HelsinkiAtletiek, Ruitersport (spring), Sokker (eindstryd)70 470
PakilaFietsry (baan)Nie gelys nie
Ruskeasuo RuitersportsaalRuitersport (dressuur, driegangkampioenskap)3 780
SwemstadionSierduik, Swem, Waterpolo11 345
TaivallahtiKanovaartNie gelys nie
Tali RenbaanRuitersport (hindernis)20 000
TampereSokker20 700
TennispaleisBasketbal1 518
Veritasstadion (Turku)Sokker14 224
VelodromeFietsry (baan), Veldhokkie7 235
Westend TennissaalSkermsport951

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika se Esther Brand tydens die Olimpiese Somerspele van 1952

Suid-Afrika wen tien medaljes.

Boks

Theunis van Schalkwyk (ligmiddelgewig) wen silwer, Andries Nieman (swaargewig), William Michael Towell (vlieggewig) en Leonard Leisching (veergewig) die bronsmedaljes.

Fietsry

Die Suid-Afrikaanse mansspan wen die silwermedalje in die 2000 m (tandem) en 4000 m en Raymond Robinson wen die bronsmedalje in die 1 km tydtoets.

Swem

Joan Harrison wen die goudmedalje in die 100 m rugslag.

Atletiek

Esther Cornelia Brand wen goud in hoogspring en Daphne Hasenjäger die silwermedalje in die 100 m wedloop.

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 1952:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Helsinki

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)28640191776
2  Sowjetunie (URS)29522301971
3  Hongarye (HON)18916101642
4  Swede (SWE)20612131035
5  Italië (ITA)23189421
6  Tsjeggo-Slowakye (TCH)9973313
7  Frankryk (FRA)24566618
8  Finland (FIN)258631322
9  Australië (AUS)8762311
10  Noorweë (NOR)1023205
12  Suid-Afrika (RSA)6424410

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.