Germanwings-vlug 9525

Germanwings 9525 (4U9525/GWI18G)[1] was 'n geskeduleerde internasionale passasiersvlug vanaf Barcelona–El Prat-lughawe in Spanje op pad na Düsseldorf in Duitsland, wat deur Germanwings, 'n laekosteredery besit deur Lufthansa, onderneem is. Op 24 Maart 2015 het die vliegtuig, 'n Airbus A320-200, 100 kilometer (62 myl) noordwes van Nice, in die Franse Alpe, neergestort nadat 'n konstante daling begin het een minuut na die laaste roetinekontak met lugverkeerbeheer en kort ná die vliegtuig sy kruishoogte bereik het. Al 144 passasiers en ses bemanningslede is in die ongeluk dood.

Germanwings-vlug 9525
Die verongelukte vliegtuig
Die verongelukte vliegtuig
Datum24 Maart 2015
OorsaakInterne kaping
Plek van rampFranse Alpe
Sterftes150 (almal)
Beserings0
VliegtuigtipeAirbus A320-200
VliegtuigstertnommerD-AIPX
OorsprongBarcelona–El Prat-lughawe, Spanje
BestemmingDüsseldorf Internasionale Lughawe, Düsseldorf, Duitsland
Passasiers144
Bemanning6
Oorlewendes0

Bemanning en oorsaak

Die bevelvoerder, die 34-jarige Kaptein Patrick Sondenheimer, was 'n ervare vlieënier met 10 jaar en 6 000 vlugure agter sy naam. Die onderkaptein was die 27-jarige Eerste offisier Andreas Lubitz. Die ongeluk is doelbewus veroorsaak deur die medevlieënier, Andreas Lubitz, wat voorheen behandel is vir selfmoordneigings en deur sy dokter as "ongeskik vir werk" verklaar is. Lubitz het hierdie inligting weerhou van sy werkgewer en vir diens aangemeld. Tydens die vlug het hy die kaptein uit die kajuit gesluit voor hy 'n skerp daling van die vliegtuig geïnisieer het totdat dit eindelik teen 'n berg vasgevlieg het.

Insittendes volgens nasionaliteit
NasionaliteitAantal
 Duitsland72
 Spanje51
 Argentinië3
 Kasakstan3
 Verenigde Koninkryk3
 Verenigde State van Amerika3
 Australië2
en verskeie minderhede17
Totaal150

Verwysings