Switserse kantons

administratiewe afdelings van die Switserse Konfederasie

Die grondgebied van Switserland is sedert 1979 in 26 Kantons (enkelvoudig: kanton) (Frans:cantons, Italiaans:cantoni, Romansch:chantuns) verdeel. Hulle is deelstate van die Switserse Konfederasie.

'n Duitse kaart van Switserland wat die kantons aandui

Elkeen van die kantonne beskik oor sy eie grondwet, wetgewende mag, regering en howe. Die meeste kantonale parlemente is eenkamerstelsels met tussen 58 en 200 setels. 'n Klein aantal van parlemente word deur sogenaamde Landsgemeinden gevorm, dit wil sê 'n vergadering van alle burgers wat oor wetsake besluit neem. Vroue het in enkele kantonne eers in 1971 stemreg by die vergaderings gekry.

Alle aangeleenthede wat volgens die Switserse grondwet nie uitdruklik onder die gesag van die konfederasie val nie, word deur die kantonne gereël. Ook die graad van selfregering wat die munisipaliteite geniet, word deur die kantonne bepaal en verskil dus grootliks. Daar is ook groot verskille wat die oppervlakke en bevolkingsyfers van die kantonne betref: Oppervlakke variëer tussen 37 en 7 105 vierkante kilometer, terwyl die bevolkings tussen 14 900 en 1 244 400 beloop.

Direkte demokrasie in die vorm van algemene vergaderings word ten opsigte van kantonale sake tans nog slegs in die kantonne Appenzell-Innerrhoden en Glarus toegepas. In alle ander kantonne gaan burgers nou stembus toe om hulle demokratiese regte waar te neem.

Stemgeregtigdes tydens die Landsgemeinde (Algemene Vergadering) van die kanton Glarus in 2009

Sedert die stigting van die Franssprekende kanton Jura in 1978 is daar geen nuwe kantonne meer geskep nie. Volgens die grondwet van 1999 is daar amptelik 26 kantonne. Die aantal state wat 'n rol speel by die verkiesing van die Eerste Kamer (Duits: Ständerat, Frans: Conseil des États) van die Switserse Konfederasie en die stemming by federale wetsontwerpe, beloop egter 23: Die kantonne Unterwalden, Appenzell en Basel bestaan elkeen uit twee halfkantonne. Unterwalden word verdeel in Obwalden en Nidwalden, Appenzell in Appenzell-Innerrhoden en Appenzell-Ausserrhoden en Basel in Basel-Stad en Basel-Landschaft.

Lys van kantons

WapenData kodeKantonSedertdienHoofstadBevolkingOppervlakte (km²)Bevolkingsdigtheid
(per km²)
Aantal
munisipaliteite
[[Amptelike
tale]]
ZHZürich1351Zürich1 443 4361 729701171Duits
BEBern1353Bern1 009 4185 959158383Duits, Frans
LULuzern1332Luzern394 6041 49323387Duits
URUri1291[1]Altdorf36 0081 0773320Duits
SZSchwyz1291[1]Schwyz152 75990814330Duits
OWObwalden1291[1] or 1315 (as deel van Unterwalden)Sarnen36 834491667Duits
NWNidwalden1291[1] (as Unterwalden)Stans42 08027613811Duits
GLGlarus1352Glarus39 794685513Duits
ZGZug1352Zug120 08923941611Duits
FRFribourg1481Fribourg303 3771 671141167Frans, Duits
SOSolothurn1481Solothurn263 719790308122Duits
BSBasel-Stadt1501 (as Basel tot en met 1833)Basel196 850375 0723Duits
BLBasel-Landschaft1501/1833[2]Liestal283 42151850286Duits
SHSchaffhausen1501Schaffhausen79 41729824627Duits
ARAppenzell-Ausserrhoden1513 [3]Herisau54 06424322020Duits
AIAppenzell-Innerrhoden1513[3]Appenzell15 854173876Duits
SGSt. Gallen1803[4]St. Gallen495 8242 02622285Duits
GRGroubunderland1803[5]Chur195 8867 10526180Duits, Romansch, Italiaans
AGAargau1803Aarau645 2771 404388220Duits
TGThurgau1803[6]Frauenfeld263 73399122980Duits
TITicino1803[7]Bellinzona350 3632 812110157Italiaans
VDVaud1803[8]Lausanne761 4463 212188339Frans
VSValais1815[9]Sion331 7635 22453143Frans, Duits
NENeuchâtel1815/1857[10]Neuchâtel177 32780320653Frans
GEGenève1815Geneva482 5452821 44245Frans
JUJura1979[11]Delémont72 4108398264Frans
CHSwitserlandBern8 237 66641 2851742 596Duits, Frans, Italiaans, Romansch

Die tweeletter-afkortings vir Switserse kantonne word dikwels gebruik, bv. op voertuignommerplate.

Name in ander tale

AfkortingEngelsFransItaliaansDuitsReto-RomaansSpaansEsperanto
AGArgoviaArgovieArgoviaAargauArgoviaArgoviaArgovio
AIAppenzell Inner RhodesAppenzell Rhodes-IntérieuresAppenzello InternoAppenzell InnerhodenAppenzell dadensAppenzell Rodas InterioresApencelo Interna
ARAppenzell Outer RhodesAppenzell Rhodes-ExtérieuresAppenzello EsternoAppenzell AusserrhodenAppenzell dadorAppenzell Rodas ExterioresApencelo Ekstera
BSBasle-CityBâle-VilleBasilea CittàBasel-StadtBasilea-CitadBasilea-CiudadBazelo-Urbo
BLBasle-CountryBâle-CampagneBasilea CampagnaBasel-LandschaftBasilea-ChampagnaBasilea-CampañaBazelo-Kamparo
BEBernBerneBernaBernBernaBernaBerno
FRFribourgFribourgFriburgoFreiburg of FribourgFriburgFriburgoFriburgo
GEGenevaGenèveGinevraGenfGenevraGinebraĜenevo
GLGlarusGlarisGlaronaGlarusGlarunaGlarisGlaruso
GRGrisonsGrisonsGrigioniGraubündenGrischunGrisonesGrizono
JUJuraJuraGiuraJuraGiuraJuraĴuraso
LULucerneLucerneLucernaLuzernLucernaLucernaLucerno
NENeuchâtelNeuchâtelNeuchâtelNeuenburgNeuchâtelNeuchatelNeŭŝatelo
NWNidwaldNidwaldNidvaldoNidwaldenSutsilvaniaUnterwalden bajo
OWObwaldObwaldObvaldoObwaldenSursilvaniaUnterwalden alto
SHSchaffhausenSchaffhouseSciaffusaSchaffhausenSchaffusaSchaffhausenŜafhaŭzo
SZSchwyzSchwyz of SchwytzSvittoSchwyzSvizSchwyzŜvico
SOSolothurnSoleureSolettaSolothurnSoloturnSoleuraSoloturno
SGSt. GallSaint-GallSan GalloSt. GallenSon GaglSankt GallenSankt-Galo
TGThurgoviaThurgovieTurgoviaThurgauTurgoviaTurgoviaTurgovio
TITicinoTessinTicinoTessinTessinTesinoTiĉino
URUriUriUriUriUriUriUrio
VSValaisValaisValleseWallisVallaisValaisValezo
VDVaudVaudVaudWaadtVadVaudVaŭdo
ZGZugZougZugoZugZugZugZugo
ZHZürichZurichZurigoZürichTuritgZürichZuriko

Geskiedenis

Die term "kanton" is vir die eerste keer in 1475 in ´n dokument van die stad Freiburg gebruik. Oorspronklik het elke kanton van die Switserse Federasie 'n selfregerende en onafhanklike politieke eenheid gevorm, wat oor sy eie geldeenheid en leër beskik het. Die huidige federale struktuur dateer uit die jaar 1848.

In die 16de eeu het die Switserse Konfederasie uit dertien selfregerende kantonne bestaan: Ses sogenaamde woudkantonne en sewe sogenaamde stedelike kantonne. Hulle het formeel deel uitgemaak van die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie, tog was hulle ná hul oorwinning oor die Duitse keiser Maximiliaan in 1499 feitlik onafhanklik.

Die ses woudkantonne was demokratiese republieke, terwyl die sewe stedelike kantonne, waaronder Zürich, Bern en Basel, deur stadsrade geregeer is. Hierdie stadsrade is egter deur klein oligargieë van patrisiërs (welvarende burgers) en die guldes oorheers.

Verwysings