Olimpiese Somerspele 1900
Spele van die IIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1900 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1900), amptelik bekend as die Spele van die IIde Olimpiade, is in 1900 in Parys, Frankryk, as deel van die Wêreldtentoonstelling gehou.[4] Ondanks Griekse pogings om die Spele permanent in Griekeland te laat plaasvind, besluit die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele elke keer na 'n ander land te skuif. Vroue het vir die eerste keer aan kompetisies tydens die Olimpiese Spele deelgeneem.
In teenstelling met die Olimpiese Somerspele 1896 was hierdie spele nie 'n groot sukses nie. Die sportplekke was oor die hele Paryse stadsgebied versprei en wedstryde is tydens die hele Wêreldtentoonstelling aangebied met lang onderbrekings daartussen. Die Olimpiese Somerspele is nie as sulks benoem nie en amptelik Concours Internationaux d’Exercices Physiques et de Sports ("Internasionale kompetisies vir Liggaamlike Opvoeding en Sport") genoem. Sommige atlete het eers jare later of nooit besef nie, dat hulle aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem het.
Sporte
19 Olimpiese sportsoorte in 95 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
- Atletiek (23)
- Baskiese pelote (1)
- Boogskiet (6)
- Fietsry (2)
- Gholf (2)
- Gimnastiek (1)
- Krieket (1)
- Kroket (3)
- Polo (1)
- Roei (4)
- Rugby (1)
- Ruitersport (3)
- Seilvaart (7)
- Skermsport (7)
- Skyfskiet (9)
- Sokker (1)
- Tennis (4)
- Toutrek (1)
- Watersport
- Hengel, warmlugballonvaart, bocce, kanonskietery, brandbestryding, vlerksweef, jeu de paume, lewensredding, Longue paume, Motorsport, duifwedvlugte en bootwedrenne is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions
Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1900 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
7de arrondissement van Parys | Ruitersport | Nie gelys nie |
Bois de Boulogne | Kroket, Polo, Toutrek | Nie gelys nie |
Bois de Vincennes | Boogskiet | Nie gelys nie |
Boulogne-Billancourt | Skyfskiet | Nie gelys nie |
Compiègne | Gholf | Nie gelys nie |
Croix-Catelan-stadion | Atletiek | Nie gelys nie |
Le Havre | Seilvaart | Nie gelys nie |
Meulan-en-Yvelines | Seilvaart | Nie gelys nie |
Neuilly-sur-Seine | Baskiese pelote | Nie gelys nie |
Puteaux | Tennis | Nie gelys nie |
Satory | Skyfskiet | Nie gelys nie |
Seine | Roei, Swem en Waterpolo | Nie gelys nie |
Tuileries Garden | Vegkuns | Nie gelys nie |
Vélodrome de Vincennes | Krieket, Fietsry, Sokker, Gimnastiek en Rugby | Nie gelys nie |
Deelnemende nasies
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Australië (2)
- Argentinië (1)
- België (57)
- Bohemië (7)
- Brits-Indië (1)
- Denemarke (13)
- Duitse Keiserryk (76)
- Frankryk (715)
- Griekeland (3)
- Haïti (1)
- Hongarye (17)
- Italië (25)
- Kanada (2)
- Kuba (1)
- Luxemburg (1)
- Meksiko (4)
- Nederland (28)
- Noorweë (7)
- Oostenryk (13)
- Persië (1)
- Peru (1)
- Roemenië (1)
- Rusland (4)
- Spanje (9)
- Swede (10)
- Switserland (16)
- Verenigde Koninkryk (102)
- Verenigde State (75)
- Gemengde span (23)
Daarbenewens vermeld sommige bronne deelnemende atlete van die volgende nasies:
Getal medaljes
Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Frankryk (FRA) | 715 | 26 | 41 | 34 | 101 |
2 | Verenigde State (USA) | 75 | 19 | 14 | 14 | 47 |
3 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 102 | 15 | 6 | 9 | 30 |
4 | Gemengde span (ZZX) | 23 | 6 | 3 | 3 | 12 |
5 | Switserland (SUI) | 16 | 6 | 2 | 1 | 9 |
6 | België (BEL) | 57 | 5 | 5 | 5 | 15 |
7 | Duitse Keiserryk (GER) | 76 | 4 | 2 | 2 | 8 |
8 | Italië (ITA) | 25 | 2 | 2 | 0 | 4 |
9 | Australië (AUS) | 2 | 2 | 0 | 3 | 5 |
10 | Denemarke (DEN) | 13 | 1 | 3 | 2 | 6 |
Sien ook
Verwysings
Verdere leesstof
- (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
- (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
- (en) Bill Mallon (1998). The 1900 Olympic Games. Jefferson, Noord-Carolina: McFarland & Company, Inc. ISBN 9780786440641.
- (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.
- (de) Karl Lennartz, Walter Teutenberg (1995). Olympische Spiele 1900 in Paris. Kassel: Agon-Sportverlag. ISBN 3-928562-20-7.
Eksterne skakels
- (en) Paris 1900 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1900
- (en) Olympics 1900 to 1920
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |