Olimpiese Somerspele 1912

Spele van die Ve Olimpiade
Olimpiesespele van 1912

Gehou inStockholm, Swede
Deelnemende lande28 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete2 407 (2 359 mans, 48 vroue)[1]
Items102 in 14 sporte[2]
Openingseremonie5 Mei 1912
Sluitingseremonie27 Julie 1912
Amptelik geopen deurkoning Gustaf V[3]
Atlete-eed(sedert 1920)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlam(sedert 1936)
Vorige Spele1908: Londen (VK)
Volgende Spele1916: Berlyn (Duitsland)

Die Olimpiese Somerspele 1912 (Sweeds: Olympiska sommarspelen 1912), amptelik bekend as die Spele van die Vde Olimpiade, is tussen 5 Mei en 27 Julie 1908 in Stockholm, Swede, aangebied. Stockholm was die enigste kandidaatstad en is in 1909 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) as gashouer benoem.[4]

Die Olimpiese Stadion in Stockholm, wat ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele 1912 opgerig is

Hierdie spele was 'n toonbeeld van effektiwiteit, vir die eerste keer word van 'n omroepstelsel en elektroniese tydmeting gebruik gemaak. Vir die Spele bou die organisasiekomitee die bekende rooi baksteen-stadion met sy middeleeuse aansig, wat twee-en-dertigduisend toeskouers kon akkommodeer. Die swemitems vind in die soutwater swembad van Djurgårdsbrunnsviken, in die stadsentrum van Stockholm plaas. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog twee jaar later.

Sporte

14 Olimpiese sportsoorte in 102 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 103 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

  • Bofbal en glima is as demonstrasiesporte aangebied.

Stadions

Openingseremonie van die 1912 Stockholm-Spele
Die Sweedse span tydens die openingsplegtigheid

Twaalf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1912 gebruik:

StadionSporteKapasiteit
BarkarbyModerne vyfkamp (perdry)Nie gelys nie
DjurgårdsbrunnsvikenSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Roei, Swem, WaterpoloNie gelys nie
FältrittklubbenRuitersport (uithouvermoë)Nie gelys nie
KaknäsModerne vyfkamp (skiet)Nie gelys nie
LiljeholmenFietsry, RuitersportNie gelys nie
LindarängenRuitersport (Veelsydigheidshindernisloop)Nie gelys nie
MälarenFietsryNie gelys nie
NynäshamnSeilvaartNie gelys nie
Östermalm AtletiekgrondRuitersport, Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport), TennisNie gelys nie
Råsunda-stadionSokker, SkyfskietNie gelys nie
Olimpiese Stadion StockholmAtletiek, Ruitersport, Sokker, Gimnastiek, Moderne vyfkamp (hardloop), Toutrek, Stoei33 000
Tranebergs IdrottsplatsSokkerNie gelys nie

Deelnemende nasies

Kaart van deelnemende nasies in 1912:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Stockholm

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika se Rudolph Lewis tydens die Olimpiese Somerspele 1912

Suid-Afrika neem aan hierdie Spele deel en behaal 'n algehele sewende plek met vier goue en twee silwermedaljes. Rudolph Lewis wen onder andere 'n gouemedalje in fietsry en word so die eerste Suid-Afrikaner om 'n gouemedalje in die sport te wen. Kenneth McArthur wen die gouemedalje in maraton en sy landgenoot Christopher Gitsham wen die silwermedalje.

Suid-Afrika wen die gouemedalje in tennisdubbelspel en Charles Lyndhurst Winslow wen goud in die enkelspel terwyl Harry Austin Kitson 'n silwermedalje losslaan.[5]

Getal medaljes

Fanny Durack en Mina Wylie, die goue en silwermedaljes in die eerste vroue se individuele swem-geleentheid

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)17425191963
2  Swede (SWE)44424241765
3  Verenigde Koninkryk (GBR)27910151641
4 Finland (FIN)16498926
5  Frankryk (FRA)11274314
6  Duitse Keiserryk (GER)187513725
7  Suid-Afrika (RSA)214206
8  Noorweë (NOR)1914149
9  Kanada (CAN)363238
 Hongarye (HUN)1193238

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.