Olimpiese Somerspele 1904

Spele van die IIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1904

Gehou inSt. Louis, Verenigde State
Deelnemende lande12 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete651 (645 mans, 6 vroue)[1]
Items95 in 16 sporte[2]
Openingseremonie1 Julie 1904
Sluitingseremonie23 November 1904
Amptelik geopen deurDavid Francis[3]
(Wêreldtentoonstelling)
Atlete-eed(sedert 1920)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlam(sedert 1936)
Vorige Spele1900: Parys (Frankryk)
Volgende Spele1908: Londen (VK)

Die Olimpiese Somerspele 1904 (Engels: 1904 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die IIIde Olimpiade, is in 1904 in St. Louis, Missouri, Verenigde State, as deel van die Wêreldtentoonstelling gehou. Die Wêreldtentoonstelling is ter geleentheid van die Louisiana Purchase se 100-jarige jubileum een jaar later in St. Louis gehou. Die spele is oorspronklik aan Chicago toegeken, maar die Internasionale Olimpiese Komitee het later met 14 stemme teen 2 besluit om die Spele na St. Louis te skuif.[4][5]

Die Francis Field in St. Louis tydens die Olimpiese Somerspele 1904

Dit was die eerste keer dat spele buite Europa gehou is, dit was ook die eerste spele wat in 'n Engelstalige land gehou is.[6] Atlete van buite die Verenigde State het aan slegs 42 items meegeding. Tydens die spele is vir die eerste keer goue medaljes uitgereik.

Sporte

16 Olimpiese sportsoorte in 95 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 96 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

  • Basketbal, Hurling, Amerikaanse voetbal en Bofbal is as demonstrasiesporte aangebied. Waterpolo word in die speleverslae van die Olimpiese Somerspele 1904 genoem, maar is tans nie in die IOK se medaljedatabank ingesluit nie en word terugwerkend ook deur die IOK as 'n demonstrasiesport beskou.

Stadions

'n Toutrekwedstryd tydens die Olimpiese Somerspele 1904

Vyf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1904 gebruik:

StadionSporteKapasiteit
Creve Coeur LakeRoeiNie gelys nie
Francis FieldBoogskiet, Atletiek, Fietsry, Sokker, Gimnastiek, Lacrosse, Roque, Tennis, Toutrek, Gewigoptel en Stoei19 000
Francis GymnasiumBoks, SkermsportNie gelys nie
Forest ParkSierduik, Swem, WaterpoloNie gelys nie
Glen Echo Country ClubGholfNie gelys nie

Deelnemende nasies

Kaart van deelnemende nasies in 1904:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad St. Louis

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Daarbenewens vermeld sommige bronne deelnemende atlete van die volgende nasies:

Suid-Afrikaanse deelname

Die Suid-Afrikaners Len Tau (links) en Jan Mashiani tydens die Olimpiese Somerspele 1904

Die Spele was die eerste waar die latere Suid-Afrika verteenwoordig is, hoewel die Unie van Suid-Afrika eers op 31 Mei 1910 gestig is. Die Suid-Afrikaanse span het aan die maraton en toutrek-items deelgeneem, maar het geen medaljes verower nie. Aan die toutrek-wedstryde het vyf Boere deelgeneem, wat tydens die Wêreldtentoonstelling in St. Louis gewerk het. By die marathon het Bertie Harris van die Boere, Len Taunyane van die Tswanas en Jan Mashianu van die Zoeloes deelgeneem. Hulle het ook aan die heruitvoering van die Tweede Vryheidsoorlog tydens die Wêreldtentoonstelling deelgeneem. Tydens die apartheidsjare is die deelname van albei swart atlete meestal verswyg en net die blanke atleet is genoem.

Getal medaljes

Archie Hahn, Olimpiese kampioen in die 60, 100 en 200 meter naelloop.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)543798276237
2  Duitse Keiserryk (GER)1745716
3  Kuba (CUB)34239
4  Kanada (CAN)544116
5  Hongarye (HUN)42114
6  Verenigde Koninkryk (GBR)31102
 Gemengde span (ZZX)81102
8  Griekeland (GRE)151012
 Switserland (SUI)11012
10  Oostenryk (AUT)10011
Totaal (10 NOKs)651969292280

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (en) Bill Mallon (1999). The 1904 Olympic Games: Results for All Competitors in All Events, With Commentary. Jefferson: McFarland & Company. ISBN 0-7864-0550-3.
  • (de) Karl Lennartz (1998). Die Spiele der III. Olympiade 1904 in St. Louis. Kassel: Agon-Sportverlag. ISBN 3-89784-259-9.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.
  • (en) Charles J. P. Lucas (1905). The Olympic Games 1904 (PDF). St. Louis: Woodward & Tiernan.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.