Olimpiese Somerspele 1916

Spele van die VIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1916

Gehou inBerlyn, Duitsland
Deelnemende lande0
Deelnemende atlete0
Items0
OpeningseremonieNie gehou nie
SluitingseremonieNie gehou nie
Amptelik geopen deurN.v.t.
Atlete-eedN.v.t.
Beampte-eedN.v.t.
Olimpiese vlamN.v.t.
Vorige Spele1912: Stockholm (Swede)
Volgende Spele1920: Antwerpen (België)

Die Olimpiese Somerspele 1916 (Duits: Olympische Sommerspiele 1916), amptelik bekend as die Spele van die VIde Olimpiade, sou in 1916 in Berlyn, Duitsland, gehou word. Na die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 gaan die voorbereidings normaal voort, aangesien hulle nie verwag het dat die oorlog so lank sou duur nie. Uiteindelik word die Spele tog afgelas.[1] Berlyn het 20 jaar later die Olimpiese Somerspele 1936 aangebied, die laaste spele voor uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog.[2]

Atleteoptog tydens die opening van die Duitse Stadion op 8 Junie 1913

Berlyn is op 4 Julie 1912 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Stockholm as gashouer benoem.[3] Ander kandidaatstede was Alexandrië, Amsterdam, Boedapest, Brussel en Cleveland.[4][5]

Vir die Olimpiese Spele is die Duitse Stadion in Grunewald, destyds in die selfstandige stad Charlottenburg, opgerig. Die bouwerk het op 10 Augustus 1912 begin[6] en op 8 Junie 1913 is die stadion ingewy.[7] Dit is in 1934 afgebreek en deur die Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele 1936 vervang.

Daar was ook planne vir 'n wintersportweek in Februarie met sportsoorte soos ski, sierskaats en yshokkie in die Swartwoud. Dit sou die voorloper van die Olimpiese Winterspele gewees het, wat vir die eerste keer in 1924 in Chamonix-Mont-Blanc, Frankryk, aangebied is.

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.
  • (de) Karl Lennartz (1978). Die VI. Olympischen Spiele Berlin 1916, Dokumente. Carl Diem Institut. ISBN 3-88338-001-6.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.