Olimpiese Somerspele 1944

Spele van die XIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1944

Gehou inLonden, Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande0
Deelnemende atlete0
Items0
OpeningseremonieNie gehou nie
SluitingseremonieNie gehou nie
Amptelik geopen deurN.v.t.
Atlete-eedN.v.t.
Beampte-eedN.v.t.
Olimpiese vlamN.v.t.
Vorige Spele1940: Helsinki (Finland)
Volgende Spele1948: Londen (VK)

Die Olimpiese Somerspele 1944 (Engels: 1944 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XIIIde Olimpiade, sou in 1944 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas. Die Spele is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aan Londen, Verenigde Koninkryk, toegewys. Ander kandidaatstede was Rome, Detroit, Lausanne, Athene, Boedapest, Helsinki en Montreal.[1] Maar net drie maande later het met die Duitse Inval van Pole op 1 September 1939 die Tweede Wêreldoorlog begin, wat tot 1945 sou duur.

Na die oorlog is die volgende Spele, die Spele van 1948, sonder stemming aan die Verenigde Koninkryk toegeken.

Ten spyte van die oorlog het die IOK baie geleenthede in hul hoofkantoor in Lausanne, Switserland, georganiseer om die vyftigste herdenking van hul stigting te vier. Hierdie "Jubileevieringe van die IOK", so genoem deur Carl Diem, die skepper van die Olimpiese fakkelloop se moderne tradisie, is tussen 17 en 19 Junie 1944 gehou.[2]

Poolse krygsgevangenes in die Woldenberg (Dobiegniew) Oflag II-C krygsgevangenekamp is deur hul Duitse ontvoerders toestemming verleen om 'n nie-amptelike krygsgevangenes Olimpiade tussen 23 Julie en 13 Augustus 1944 aan te bied en 'n Olimpiese vlag, gemaak met 'n laken en stukkies gekleurde serpe, is gehys. Die geleentheid is beskou as 'n demonstrasie dat die Olimpiese gees oorloë transendeer.[3]

Toewysing

Londen is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1944. Ander kandidate was: Rome, Detroit, Lausanne, Athene, Boedapest, Helsinki en Montreal.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1944[4]
StadLandRondte 1
Londen  Verenigde Koninkryk20
Rome  Italië11
Detroit  Verenigde State2
Lausanne  Switserland1
Athene  Griekeland
Boedapest  Hongarye
Helsinki  Finland
Montreal  Kanada

Sien ook

Verwysings


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.