Olimpiese Somerspele 1920

Spele van die VIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1920

Gehou inAntwerpen, België
Deelnemende lande29 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete2 626 (2 561 mans, 65 vroue)[1]
Items156 in 22 sporte[2]
Openingseremonie20 April 1920
Sluitingseremonie12 September 1920
Amptelik geopen deurKoning Albert I[3]
Atlete-eedVictor Boin (skermsport)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlam(sedert 1936)
Vorige Spele1916: Berlyn (Duitsland)
Volgende Spele1924: Parys (Frankryk)

Die Olimpiese Somerspele 1920 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1920), amptelik bekend as die Spele van die VIIde Olimpiade, is tussen 20 April en 12 September 1920 in Antwerpen, België, aangebied. Die Spele word aan België toegeken vanweë die lyding wat die Belgiese volk tydens die Eerste Wêreldoorlog verduur het. Atlanta, Amsterdam, Boedapest, Cleveland, Havana, Lyon en Philadelphia het ook aansoek gedoen om die Spele aan te bied.[4] Lyon trek egter hulle nominasie terug voor die stemming plaasvind. Atlete vanuit 29 lande het aan die Spele deelgeneem. Duitsland, Oostenryk, Hongarye, Bulgarye en Turkye is nie uitgenooi nie. Rusland bly weg omdat dit deur 'n burgeroorlog verskeur is.

Die Olimpiese Stadion in Antwerpen tydens die Olimpiese Somerspele 1920

Die Spele was nie 'n reuse sukses nie. Die hoë toegangsgelde het die publiek afgeskrik. Een toegangskaartjie kos byvoorbeeld 3 frank, 'n baie hoë prys vir die tyd. Dit was nie net die hoë pryse nie, maar slegte weer hou ook die volk weg. Die organisasiekomitee aanvaar skuld hiervoor, maar weier elke ekstra uitgawe, selfs die publikasie van 'n gedenkboek.

Sporte

22 Olimpiese sportsoorte in 156 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 156 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in een demonstrasiesport beslis.

  • Korfbal is as demonstrasiesport aangebied.

Stadions

Lugbeeld van die Olimpiese Stadion in Antwerpen tydens die Olimpiese Somerspele 1920
Die Palais de Glace d'Anvers is vir kunsskaats en yshokkie opgerig

17 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1920 gebruik:

StadionSporteKapasiteit
AntwerpenFietsry (pad)Nie gelys nie
Antwerpen-dieretuinBoks, StoeiNie gelys nie
Beerschot Tennis ClubTennisNie gelys nie
Kamp van BeverloSkyfskiet (pistool/geweer)Nie gelys nie
Meerkanaal Brussel–ScheldeRoeiNie gelys nie
Buiten Y (Amsterdam)Seilvaart (12 voet sloep)Nie gelys nie
Tuine van die Egmontpaleis (Brussel)SkermsportNie gelys nie
Hoogboom Militêre KampSkietsport (lokvalskiet, hardloopteiken)Nie gelys nie
Jules Ottenstadion (Gent)Sokker (ItaliëEgipte-wedstryd)Nie gelys nie
NachtegalenparkBoogskietNie gelys nie
Olimpiese Stadion AntwerpenAtletiek, Ruitersport, Veldhokkie, Sokker (eindstryd), Gimnastiek, Moderne vyfkamp, Rugby, Toutrek, Stoei30 000
OostendePolo, SeilvaartNie gelys nie
Palais de Glace d'AnversKunsskaats, YshokkieNie gelys nie
Joseph Marienstadion (Brussel)SokkerNie gelys nie
Seevaartstadion AntwerpenSierduik, Swem, WaterpoloNie gelys nie
Broodstraat-stadionSokkerNie gelys nie
Vélodrome d'Anvers ZuremborgFietsry (baan)Nie gelys nie

Deelnemende nasies

Kaart van deelnemende nasies in 1920:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Antwerpen

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

  •  Newfoundland het een atleet, Eric Robertson, gestuur, maar omdat die dominium geen amptelike Olimpiese komitee gehad het nie, kon sy nasionaliteit nie bevestig word nie en hy moes die Verenigde Koninkryk verteenwoordig.[5]

Suid-Afrikaanse deelname

Die Suid-Afrikaner Bevil Rudd tydens die Olimpiese Somerspele 1920

Clarence Walker wen die goudmedalje in boks in die kapokgewig-afdeling. Henry Kaltenbrunn wen silwer in die fietsry pad tydtoets terwyl Suid-Afrika silwer in die Tandem-2000 m wen en brons in die 4000 m span kompetisie.

Suid-Afrika wen ook silwer in die 600 m skietkompetisie terwyl Louis Raymond en Charles Winslow goud en brons onderskeidelik in die tennisenkelspel wen.

Bevil Rudd wen goud en brons in die 400 m en 800 m en Suid-Afrika wen silwer in die 400 m mans aflos.

Getal medaljes

Een van die 154 (identiese) goue medaljes wat by die Spele van die VII Olimpiade toegeken is

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)28841272795
2  Swede (SWE)26019202564
3  Verenigde Koninkryk (GBR)23515151343
4  Finland (FIN)631510934
5  België (BEL)33614111136
6  Noorweë (NOR)194139931
7  Italië (ITA)174135523
8  Frankryk (FRA)3049191341
9  Nederland (NED)11342511
10  Denemarke (DEN)15439113
11  Suid-Afrika (RSA)3934310

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.
  • (en) Roland Renson (1996). The Games Reborn. The VIIth Olympiad Antwerp 1920. Antwerpen: Pandora. ISBN 9789053250518.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.